Welcome Visitor: Login to the siteJoin the site



a cute AFRIKAANS story that i enjoyed a lot writing. a bit more upbat but very enjoyable.


Submitted:Jan 20, 2012    Reads: 17    Comments: 0    Likes: 0   


Ek "log" aan op my "Facebook" profiel. Voor my staan die lettertjies so mooi langs mekaar geskryf, alles so ordentlik. Dis om van mal te raak.

"Amanda Marais" sê dit langs die foto'tjie van my met my lang krullerige bruin hare en bruin oë wat oopmond skaterlag.

Ek't nog nooit juis van my naam gehou nie, dis so vaal en vervelig.

"Ouderdom: 32"

My vreindinne kla heeltyd dat ek jok hieroor, maar ek is mos net 33!

Hier kom my gunsteling deel.

"Verhoudingstatus: Enkellopend." En behoorlik gatvol daarvoor! Maar hopelik sal dit nie vir lank so wees nie...

Jy sien, my vriendinne het my "geadverteer" op 'n paar webtuistes. Dis nou nie juis wat ek graag doen nie en dit het in ekl geval nie juis enige goeie resultate opgelewer nie. Totdat 'n baie aantreklike man op "Facebook" my genader het. Sy web-gesig wys twee ysblou oë en die wonderlikste bruin-blonde hare wat redelik lank is. Oe-la-la! En as jy net deur sy foto's kyk, dan sien jy 'n ongelooflike mooi, bruin gebrande, gespierde lyf. Sommer van sy eerste boodskap af het hy my betower met daardie soet en verleiende woorde van hom.

Onmiddelik vlieg my pylpunt na die boodskappe knoppie. "Kliek" en die bodskappe paneel verskyn. Ja! 'n Boodskap van hom lê en wag. "Kliek" en die boodskap is oop.

"Hello engel. Ek sou my hart vir jou gee as jy hom nie reeds gesteel het nie! Maar beskerm hom mooi en hou hom net vir jou. Ek dink daaraan om nog 'n boek te skryf. Ek hoop om dit aan jou op te dra.

Lief vir jou

Xoxo

Markus."

'n Boek... aan my opgedra? Hy is 'n skrywer! My hart jubel oor die nuus. Hoe vreeslik romanties!

"Wanner kan ek jou ontmoet?" dans my vinger oor die sleutelbord om sy boodskap te beantwoord.

Hy is seker ook aanlyn want sy antwoord kom onmiddelik terug.

"Vrydag by die maskerbal in Rosebank. Sien jou!"

My hart galop al hoe vinniger.

Ek kan nie wag nie!

Hier staan ek nou in my lang pers aandrok en my eenvoudige halfgesig-masker. Ek het hom juis gekies omdat jy so mooi oor my gesig pas en my oë en wangbene beklemtoon.

Waar kan Markus tog wees? Wonder ek.

Nes ek die gedagte klaar maak, vat 'n hand my om my middel en trek my nader totdat ek styf teen 'n gespierde bors vasgehou word.

Ek word bloedrooi as hy in my oor fluister.

"Jy's selfs mooier as wat ek verwag het."

Ek vlie om en staar diep in sy ysblou oë. Ek giggel soos 'n klein bakvissie terwyl ek hom dansvloer toe sleep. Hy vat my stewig vas en ons swaai in die rondte.

Hy kan nog goed dans ook. Dink my bedwelmde brein.

Aan en aan draai ons in die perfekte oomblik, 'n klein borreltjie op 'n tjoepstil dam.

Skielik bars die borrel. Ek kan nie glo wat ek sien nie.

"Wat is dit?" vra ek, byna histeries.

"Nee, moet nie eers probeer verduidelik nie." Sê ek en draai om om weg te storm. Ek gee 'n tree weg, maar besluit om iets anders te doen. Ek draai terug na hom toe.

"Haal volgende keer jou trouring af voor jy jou niksvermoedende 'skelmpie' ontmoet." Sê ek.

Met 'n harde 'KLAP' tref my hand sy gesig.

Nou kan ek maar uit storm.

Nou sit ek maar weer voor my "Facebook" profiel. Weer sien ek die eenvoudige reeltjie.

"Verhoudingstatus: Enkellopend."

Om eerlik te wees steeds gatvol daarvoor, maar eerder dit as wat een of ander man my sy tertjie maak.





0

| Email this story Email this Short story | Add to reading list



Reviews

About | News | Contact | Your Account | TheNextBigWriter | Self Publishing | Advertise

© 2013 TheNextBigWriter, LLC. All Rights Reserved. Terms under which this service is provided to you. Privacy Policy.