Welcome Visitor: Login to the siteJoin the site

Hart van die Donker Maan

Short story By: phwlofthenow
Flash fiction



cute little love story. first actual sory!
AFRIKAANS!!!


Submitted:Dec 22, 2011    Reads: 23    Comments: 0    Likes: 1   


"Lindy, kom eet!" "Ja ma! Ek skryf net gou klaar!" Soos jy seker agtergekom het is my naam Lindy, ek is 16 jaar oud en bly in Kaapstad. Hierdie vakansie het iets ongelooflik met my gebeur. Hierdie is my storie.

Die vakansie is uiteindelik hier! Die kwartaal was baie lank en moeilik veral met die eksamen, ek hoop om 90% te haal. Nog net 'n week dan gaan ons op 'n hokkietoer Johannesburg toe. Dis more Saterdag en ek wil saam met Este en Marilee gaan fliek. Ons beplan dit al vir maande lank en wil graag Marley and Me gaan kyk. Die stories in die skool sê dat dit 'n baie goeie fliek is. Daarna gaan ons ysskaats en net die aand geniet. Die plan is dat ek sommer by Este sal oorslaap.

Saterdag breek aan en uiteindelik is ons by die Waterfront. Die teater is baie leeg en Marilee bespreek die kaartjies terwyl ek en Este sorg vir die snoepgoed. So 2 plekke voor ons in die ry staan die mooiste ou wat ek in my lewe gesien het. Hy het ligbruin hare en sy donker oë lyk na twee poele in 'n sprokies woud. Este sê iets maar ek hoor haar nie. My oë volg sy elke beweging. Hemel hy het mooi spiere! Die volgende oomblik kyk hy op, reg in my oë in. Ek kyk vinnig weg en koop 'n Fanta by 'n boksie springmieleis. "Lindy, is daar iets fout?", vra Este skielik "Nee, dis sommer niks nie" maar ek weet dat sy iets gesien het. "O", weer Este: "ek vra maar net wat jy dink van die nuwe ou in matriek, ek dink hy is vreeslik mooi!" "Watter ou?" "Ag toemaar, mens kan sien jy's op 'n ander planeet!", Ons sien vir Marilee en sy beduie dat ons moet gou maak.

Ons draf in, die advertensies het al begin. Een na die ander flits hulle. Daar is een oor Transformers, een oor 'n christelike fliekfees en uiteindelik die een wat jou vra om asseblief jou selfoon oor te skakel na vibreer toe sodat die fliek kan begin. Langs my maak 'n selfoon 'n geluidjie. Ek is doodseker Este en Marilee sit an die ander kant! Ek kyk gou na links. Ja, daar sit hulle altwee. Ek loer na regs omdat ek nie agtergekom het dat iemand daar kom sit nie. My hart gaan staan, dis dieselfde ou as wat ons netnou in die ry by die snoepgoed gesien het. Ontspan, dis nie asof hy weet wie jy is nie, sê ek vir myself en konsentreer op die fliek.

Die fliek het pas begin en is vreeslik mooi. Ek ontspan en sit my hand op die armleuning. Na 'n rukkie voel ek iets warms op my hand, dis sy hand bo-op myne! Ons pluk ons hande vinnig weg, ek kyk skuldig ander kant toe, ek durf nie nou na hom kyk nie. Konsentreer op die fliek!! My hand land op 'n manier weer op die armleuning en weer is sy hand bo-op myne, behalwe die keer ruk ek nie weg nie en laat hom toe om sy vingers in myne in te vleg. Die fliek gaan aan my hand in syne... Dis nou al naby aan die einde en dit is hartverskeurend wanneer Marley die hond doodgaan. Ek voel hoe twee warm strale teen my wange afloop, maar hulle verdwyn vinnig. Hy het die trane met sy mou afgevee en streel ligies oor my wang. Na die fliek gee ek sy hand 'n ekstra drukkie voordat ons loop yskaatsbaan toe.

Dis heerlik op die ys en ek skaats soos in droom. Na 'n rukkie gaan ek sit en net so skielik soos laaskeer kom ek agter dat die mooi ou langs my kom sit het. "Wil jy skaats?", vra hy onverwags. Dis die eerste keer dat hy praat. "Ja ek sal baie graag", sê ek half uit die veld geslaan. Ons skaats hand aan hand op die skaatsbaan en na 'n rukkie ontdooi ons 'n bietjie teenoor mekaar. "Dis nogal snaaks, jy was by die fliek en jy is hier wanneer ek skaats ook!" "Ja dit is nogal vreemd", voeg hy by. Ons het heelnag geskaats en op 'n punt het hulle stadige musiek gespeel. Toe dit gebeur sit hy sy arms om my en trek my nader. Sy gespierde bolyf is sag en hy ruik na jasmyn op 'n warm someraand. "Wil jy roomys gaan eet ?", vra hy toe ons sessie verby is. Ek hardloop na Este toe en sê dat daar iets is wat ek moet doen. Sy kan solank huis toe gaan ek sal haar bel as ek klaar is.

Die ou vat my na Milky-Lane toe en bestel vir ons elkeen 'n groot bakkie sjokelade roomys. Ons sit en begin gesels. "Wat is jou naam", vra ek eerste "Casper", antwoord hy :"ek dink ek het jou al êrens gesien. Wat is jou naam?" "Ek is Lindy, maar ek het jou nog nooit gesien nie. In watter skool is jy?" "Vandag was my eerste dag in die Kaap. Ek is in matriek in Stellenberg hoër en jy?" "So jy's die nuwe matriek waarvan Este gepraat het!" "Wat?" "Ag sommer niks nie." "Ek moet sê als van jou is mooi, jou hare, jou oë, jou lyf en jou persoonlikheid" "Dankie. Jy spot sommer net, maar jy bederf my so, ek sal dit die keer verbylaat!"

Te vinnig is alles verby. Toe ons totsiens sê, trek hy my nader en soen my, ek het nog nooit iets so wonderlik gevoel nie! Hy belowe om my die volgende dag te bel terwyl ek wegloop. Ek bel vir Este "Jy kan my maar kom haal hoor. Ek stap solank aan, julle huis is mos net vyf blokke weg." Ek stap vir so 'n ent toe ek agterkom iemand hardloop agter my aan. Ek begin hardloop. Die persoon wil nie weggaan nie, maak nie saak wat ek doen nie! Danksy die hokkie is ek fiks en is sommer vinnig 'n ent weg. Ver genoeg om maklik in 'n systraatjie in te glip en agter die asblikke weg te kruip. My agtervolger hardloop verby die stegie en na so 30 sekondes kom ek uit. Daars niemand nie, dankie tog!

Ek loop nog 'n ent af met die straat en moet dan links draai, maar net toe ek om die draai is val daar 'n growwe hand oor my mond en ek voel hoe iemand my onderstebo sleep. Ek word vasgebind met 'n dik tou en my mond toegemaak met 'n vuil lap. Wie ook al my gegryp het is baie sterk omdat hy my op sy skouer lig en gou weg loop. Na 'n baie lang ruk klim hy teen 'n rivierwal af en gooi my op die nat grond onder 'n brug neer. Al waaraan ek kan dink is wat hy volgende aan my sou doen. Ek wou nie net nog 'n statestiek word nie!

Nadat ek vir 'n halfuur in die nat en koue modder gelê het, hoor ek hoe iemand oor die brug loop. Ek kry dit reg om die lap voor my mond net ver genoeg weg te kry om vir hulp te skree. "Help my ek's hier onder die brug!!" "Ek kom Lindy", hoor ek 'n bekende stem. Die skurk pluk 'n pistool uit en mik dit op Casper nes hy om die draai kom, en skiet... Casper het net betyds gekoes en storm op die man af. Dit gaan sleg vir die boef en Casper slaan hom pimpel en pers.

Die geveg is vinnig verby en ek hardloop na Casper toe, gooi my arms om sy nek en huil aanhoudend. Hy soen my saggies, dra my en die boef na sy motorfiets en ry na die naaste polisiestasie. Ek en Casper moet albei verklarings aflê van wat gebeur het.

Na die tyd vra Casper :"Hoekom het jy vir my weg gehardloop toe ek agter jou aan is?" "Ek het gedink dis iemand wat my wil ontvoer", Hy lyk sooo aantreklik met sy hare so deurmekaar. "Ek het agtegekom dat ek vergeet het om jou nommer te vra en wou dit net by jou kry om jou môre te bel" "Dankietog vir daardie glipsie ek weet nie wat sou gebeur het as jy nie daar was nie", Hy druk my styf vas en sê :"Kom ek sê jou wat ek sal jou huistoe neem." Hy laai my op sy motorfiets en neem my na Este se huis toe. Hy soen my 'n laste keer en ry toe weg...

Ek is jammer, maar ek moet waai. Ek het 'n aandjie uit met my ridder op sy ysterperd Casper. Ek en hy gaan nou uit en al die meisies is jaloers! Hoop jy het die storie geniet.





1

| Email this story Email this Short story | Add to reading list



Reviews

About | News | Contact | Your Account | TheNextBigWriter | Self Publishing | Advertise

© 2013 TheNextBigWriter, LLC. All Rights Reserved. Terms under which this service is provided to you. Privacy Policy.