Welcome Visitor: Login to the siteJoin the site



scary shit ^_~
afrikaans! don't read if you don't undertand!!!


Submitted:Dec 22, 2011    Reads: 20    Comments: 0    Likes: 0   


Julle dink julle kan my keer? Julle dink vier mure en tralies sal my stop? Ek sal nie ingee nie. Ek weier om op te hou. Een na die ander sal julle my pyn verstaan. Maar tot dan sal ek hier bly sit en dink. Dink aan my lewe en wat julle als aan my gedoen het

***

Ek is al van kleins af as weird bestempel. Kinders is bang vir iemand wat 'n lem kan laat sing soos 'n viool, of letterlik die lug in stukke kon sny. Vinnig wou niemand teen my paintball speel nie, want om teen my te speel sou wees om 'n selfmoord kontrak te teken. Ek is dodelik akkuraat as dit kom by gewere. Ek mis nooit nie...

Maar my gunsteling wapen is iets wat een dag in my skooltas verskyn het. Ek was oppad huis toe, toe ek struikel en val. Ek vlieg op in my oomblik van swakheid net om te besef my tas lê stukkend op die sypaadjie en alles wat daarin was uitgesprei. Daar is goed in my skooltas wat nie ontbloot moet word nie. Ek is homosexueel en redelik baie goed in my tas (soos 'n foto van my crush) dui daarop. Selfs al het ek 'n tough guy attitude, het ek 'n oulike katjie by die huis, is my kamer pers, lees ek graag fantasie en luister popmusiek. So ek moes baie vinnig als optel. En daar, tussen my Parlotones CD en my kat se muis-speelding, lê 'n ketting. Nie enige ketting nie, een wat bestaan uit skakels, asof die skakels lemme is. Aan een punt is daar 'n leem soos die van 'n dolk. Die ander punt het 'n handvatsel van skakels sonder lemme. Toe ek daardie geskenk kry het ek geweet als sou verander. Kort voor lank het dit.

***

My ware self het eers 'n paar maande, ek skat so drie, later begin deurskyn. Ek het uiteindelik 'n ou gekry. Hy's 'n regte hunk, maar die oulikste ou wat jy kan kry. Ek het selfs begin om ander mense te aanvaar. Die lewe kon nie beter wees nie. En toe, die dag na ons ons eerste soen gedeel het, het hy my gelos. Natuurlik het hy dit mooi ordentelik gedoen. My geneem na 'n restaurant, middagete gekoop en gesels. Na 'n uur vir my gesê hy's jammer, maar hy het gevoelens vir 'n meisie... Daardie teef. Hy't my daar gelos. Alleen en stomgeslaan. Ek het daar bly sit vir die volgende paar uur. Ek weet nie hoe ek dit reggekry het nie, maar ek het huis toe gestrompel. Hiervoor sou ek hom nie vergewe nie...

Die dood val vinnig... Dis simpel! Jy laat eenvoudig net jou mes - gly... Ek het dit besef toe ek met sy lyk voor my sit. Sy toe oë en bleek gesig lê op my skoot. Al teken dat iets verkeerd was, was die rooi kol wat stadig versprei het oor sy wit hemp. Om eerlik te wees weet ek nie mooi wat gebeur het nie. Een oomblik staan ek nog met 'n dolk in my hand en die ketting om my arm geryg in sy kamer met rooi voor my oë. Die volgende oomblik is als kristalhelder en staan ek met 'n bebloede dolk in my hand en sy lyk lê by my voete. Ad]s jy op hierdie oomblik dink dat ek gehuil het, is jy naïef. Inteenfeel het daar 'n fyn glimlag op my gesig gespeel. Nou is hy vir altyd myne.

'n Vreemdeling het my opgetel en in 'n swart gewaad toegevou. Stadig maar seker het hy my weg gelei van my koue verliefde. "Ons het jou dopgehou…" het hy in 'n growwe stem gesê. Ek het nie krag gehad om hom te beatnwoord nie. "Dis tyd dat jy by ons aansluit. Kom, ek sal jou weg neem. Jy is gereed om een van ons te word." Fluister hy. My oë het toe geval toe ek 'n soet reuk ruik. Ek is net half bewus hoe ons die huis verlaat. Ons ry in 'n kar, maar ek let nie veel op nie. Al wat ek kon sien is donker… Aangekom by 'n herehuis of dalk 'n kasteel? Hoe moes ek weet? Al wat vir my saak gemaak het was die kalmerende gevoel van die rooi kol op die wit hemp. "Rus nou. Ek sal jou in die oggend sien." Het die ou in die kleed gesê. Ek is deur 'n doolhof van gange na 'n kamer toe gelei. Daar was ek gelos. Vir lank het ek op die bed gesit met sy bleek gesig voor my oë. Toe ek opstaan, sien ek 'n deur wat duidelik na 'n badkamer toe lei (ek kon die toilet sien). Ek het gaan stort onder 'n koue stroom water, soos 'n waterval wat my gedagtes skoon was. Daarna het ek op die groot dubbelbed neergeval en in 'n deurmekaar droomwêreld ingesink.

***

Ek het wakker geword die volgende oggend.ek het nog presies so dood soos die vorige dag gevoel. Toe eers merk ek op dat my een kamermuur glas is, met 'n glasdeur wat op 'n grasperk oopmaak. Eenkant het daar 'n motorfiets voor 'n groot ysterhek gestaan. Hierdie mense het my duidelik goed geken. Ek het 'n stem agter my gehoor:"Ek het jou kom haal." Dit was die ou van die vorige aand. Hy was vol littekens. Af altans sy gesig was. Dis al wat ek kon sien. Hy het my geneem na 'n eetkamer waar 'n feesmaal voorberei is. "Vandag vertel ek vir jou die waarheid." het hy gesê.

Daardie dag het ek die waarheid gehoor. Dat my "ouers" vir my gejok het. Dat my werklike ouers deel van 'n sluipmoord organisasie was en dat ek weggesteek moes word. Dat my ouers dood is tydens 'n kontrak. Dat ek bewys het ek is deel van hul bloedlyn. Dat ek gekies is om ook 'n sluipmoordspesialis te word. En dat my eerste kontrak my eie voorreg was om die mense wat hulself my "ouers" genoem het, te vermoor.

Dit was een van die gelukkigste oomblikke van my lewe toe ek daar gestaan het met hul lyke aan my voete. Ek is seker hulle het tot op die laaste oomblik nie geweet wat met hulle gebeur het nie. Die vrou was maklik genoeg. Ek haar roetiene goed geken. Sy het skaars die posbus oopgemaak of my koeël was van agter af deur haar kop en stewig in haar brein. Daarna was ek die huis in. Mense maak dit eenvoudig te maklik as hulle die deure oop los. Ek het voor hom gaan staan. Die skok was duidelik op sy gesig. "Wies is jy?" het hy gevra. Ek het die ketting laat uit skiet soos 'n sweep. Die punt het het net onder sy maag onder sy maag ingebed. Sy gesig het gegloei van die pyn. Ek het die ketting uit geruk en hy het dubbel gevou. "Sit regop!" sis ek en pluk hom aan sy hare regop. Hy probeer in die donker van my mantel insien. Ek het lyne teen sy arms af gesny met die dolk. Sy gesig krimp ineen en hy het weg gekyk. "Kyk vir my as ek met jou praat PA!" het ek die woord uitgespoeg. Dit was asof herkenning oor sy gesig gespoel het toe ek die mantel van my kop af ;aat terugval en my gesig ontbloot. "En die is vir al die leuens." Het ek skaars hoorbaar gese terwyl ek die ketting om sy nek laat gly het en sy keel afgesny is. Ek het hom gelos om dood te bloei terwyl ek enige bewyse van my bestaan vernietig het. Eindelik het ek voor hulle gestaanh. My ou lewe het nie bestaan nie. Ek was vry.

***

Dit was skaars 'n week of my volgende kontrak het opgedaag. Dit het gegaan oor een of ander mal vrou wat vir almal gesê het feetjies en elwe is boos. 'n Ekstremiste groep, groot aanhangers van elwe (en heeltemal getik as jy my vra) het ons genader om van haar ontslae te raak. Dit sou maklik genoeg wees, maar daar was 'n voorwaarde. Daar is altyd 'n voorwaarde in hierdie "beroep". Ons moes dit laat lyk asof die elwe wraak geneem het en haar dood gemaak het. Hulle was so seker daarvan dat hulle vir ons ontwerpe van elfagtige wapens gegee het.

So ek moes iemand vermoor met pyle, 'n boog en 'n dolk met 'n laag Wolfsbane, 'n kui met sterk giftige eienskappe. So giftig dat dit 'n suureffek het wat brand waar dit in aanraking kom met die vel. In die bloedstroom is dit dodelik omdat dit die organe los brand van hul are – 'n stadige en pynlike manier om dood te gaan, maar egter 'n baie effektiewe manier om te moor.

Dit was nie so vervullend om met haar misvormde lyk voor my voete te staan soos die vorige kere nie. Dit was amper te maklik. Sy was in haar klaskamer. Eers het ek 'n klein rookbommetjie ingegooi. Ek weet nie wat daarin was nie, mar die "organiesasie" het dit vir my gegee. Hulle het gesê dat dit die teiken sou stom maak. Hulle kan nie skree nie. 'n Baie nuttige gadget. Ek is maar net dankbaar dat dit gewerk het. Sy sou vreeslik geskree het. Toe ek die klas binneloop, sit sy nog en hoes sonder 'n klank. Ek tik haar liggies teen die nek met die vlymskerp dolk. Dis net hard genoeg om 'n klein snytjie te maak. Ek sien hoe die donker bloed oor die lem loop. 'n Enkele druppel. Maar dit sou genoeg wees. binne 'n paar sekondes sou die pyn haar mal maak. Sy vlieg om. In een grasieuse beweging, asof ek dans gly die sykant van my dolk teen haar ontblote arm af, sonder om 'n tweede sny te maak. Sy ruk terug en kreun klankloos terwyl blase op haar arm begin vorm. Haar ander hand skiet uit en begin haar vel krap. Sy het so erg gekrap dat sy dat die bloed geloop het, heeltyd besig om meer van die gif in haar bloedstroom in te werk. Skielik het sy ophou krap. Haar oë het omgedop en sy het begin ruk terwyl skuim by haar mond uitgeloop het. Haar gesig het rooi geword en sy het agteroor neergeslaan. Dit was haar einde... Die finishing touch was om 'n pyl met gansvere deur haar hand te druk. Dis glo een of ander simbool dat sy dood is deur die elwe se wil. Daarna was ek weg. Geen spoor van my nie. 'n Perfekte kontrak. Ek was 'n waarlike sluipmoor-kunstenaar. Ek was gereed.

***

Kontrakte het gekom en gegaan. Respek en reputasie in sluipmoordkringe het gegroei. Ek het gelukkig gelewe so tussen die dood, bloed en geld. Ek het gereeld kinderhuise besoek en geld aan hulle geskenk. Dit was my enigste guiding light. Die kinders. Ek sou nooit 'n kind kon seermaak nie. Dit lyk my dit was ook my ondergang.

Ek is gestuur na 'n groot gebou toe. Op die boonste verdieping sou ek my teiken kry. Ek is nie gesê wie en hoekom nie. Ek is net met my gewone toerusting vertrou en die ligging van die teiken gegee. Dit was kinderspeletjies omverby die moeë wagte te kom. Die huis was ook nie moeilik om te navigeer nie. Groot gange met duidelike trappe na die volgende verdieping aan die einde van elke gang. Op die vyfde verdieping stop die gang skielik voor groot hout dubbeldeure. Ek skop die deur oop en gooi een van die stom-bommetjies in. Ek loop deur die donker kamer. Dis groot en gevu met 'n groot verskeidenheid speelgoed. Ek is bewus van elke geluidjie. Ek het langs die loodglas venster gestaan toe ek 'n skarrelende geluidjie langs my hoor. My arm skiet uit en ruk die ding in die lig in. My hart het gestop toe ek gesien het wat ek in my hand vasgeklem het. 'n Kind wat stemloos geskree het, ruk om sy arm uit my hand te kry. Nee! Dit kannie wees nie! Ek was oppad om 'n kind te vermoor. 'n Jong blonde seuntjie met helderblou oë. Soos 'n engeltjie. My hand het oop gegaan. Ek het agteruit gestrompel, my knieë lam. Voor ek mooi tot my sinne kon kom is ek deur die loodglas venster.

Ek het twee verdiepings in 'n oogknip geval. Net betyds skiet my ketting uit en hak aan 'n balkon vas. Ek val verby nog twee balkonne en toe skielik kom my val rukkend tot stilstand. Ek hang net onder die eerste verdieping, 'n ent bo die grond. My skouer was uitgehak. Ek het nat daar gehang. Na 'n ruk klink sirene op. 'n Klomp mans in swart pakke en groot gewere het my omsingel. Hulle het my laat sak van die balkon af. Ek het besluit om te hardloop. My ketting het uit gevlieg en die ouens om my se knieë stukkend gesny en hulle het omgeval. Ek het my psitool uitgeruk en alles wat agter my beweeg het geskiet terwyl ek gehardloop het. Ek het om 'n hoek gehardloop na die pad toe. Waar was die kar wat my sou kom oplaai? Ek kon dit nie sien nie! Ek in die pad af gehardloop. Nie die wit kar gesien nie. Nie gehoor hoe die vrou remme aanslaan nie. Nie die rubber geruik soos die kar gly nie. Net gevoel. Gevoel hoe die kar my tref. Vir die eerste keer in 'n lang ruk pyn gevoel. En toe niks. Als was swart. Als was stil. Ek was alleen. Daar was niks. En ek was gerus.

***

"Ek het drie dae later in die plek wakker geword. 'n Wit kamer met sagte mure. Mense met wit jasse aan het gereeld met my kom praat. Ek het net gegrom. Soos 'n hond het ek snags getjank. Dit was hel om so vasgekeer te wees. een dag het daar 'n dokter gekom. Hy was jy. Jy was nog altyd aantreklik. Jy't my soveel herinner aan my ou. My eerste slagoffer. Ek het met jou begin praat en jy het geluister. Jy het selfs vir my pille gegee om my minder alleen en ingehok te laat voel. Jy het my vir jou lief gemaak." Maak ek my storie klaar terwyl ek bo op die dokter sit my hande op sy polse besig om hom teen die bed vas te druk. "Jy het naderhand die wagte uit gestuur. Net ons twee alleen. Ek kon dit nie meer hanteer nie. So vandag het ek ir jou gelê en wag. Toe jy nader kom jou geruik. Jou hand op my skouer gevoel en toe jou onder my in getrek." Vertel ek verder terwyl ek nader aan sy aantreklike gesig beweeg. Hy lyk soveel mooier as hy bang is. Ek druk my lippe teen syne. Soen hof hard. Rof. Eers is daar verbasing op sy gesig en dan soen hy my terug. Ek ruk weg. Hyg na my asem. "Omdat ek lief is vir jou sal ek jou die laaste deel van die storie vertel." Fluister ek in sy oor. "Jy dink die mure gaan my inhou?" sis ek. Soen hom weer, lank en stadig terwyl ek sy pen uit sy baadjiesak trek. "Hulle kom my haal." 'n Ontploffing ruk die gebou. "Hoor jy? Hulle het my kom haal." Sê ek soos 'n opgewonde kind terwyl ek met sy pen tussen my vingers speel. 'n Weermag van gemaskerde moordenaars klim by 'n gat in die muur in. Wagte val neer, gedood deur 'n verskeidenheid wapens. "Maar nou moet ek ongelukkig sê totsiens." Sê ek terwyl ek hom 'n laaste soen gee. Lig en vinnig. Hy ky na my met sy groot bruin oë gevul met lus. "Totsiens" sê ek en slaan die pen in sy bors in, tussen die ribbes en net bo die hart. Hy ruk. Hy bloei. Hy's dood. Ek glimlag. "Totsiens" sê ek weer vir die leë kamer.





0

| Email this story Email this Short story | Add to reading list



Reviews

About | News | Contact | Your Account | TheNextBigWriter | Self Publishing | Advertise

© 2013 TheNextBigWriter, LLC. All Rights Reserved. Terms under which this service is provided to you. Privacy Policy.