Welcome Visitor: Login to the siteJoin the site

(be)Spiegel Sonnet

Poetry By: phwlofthenow
True confessions



///AFRIKAANS///

A Poem about love. long distance and and electronic


Submitted:May 27, 2013    Reads: 12    Comments: 0    Likes: 0   


Nou ja. Wie sal ooit die liefde kan verstaan?
Luister na my hartklop, jaag my na die maan.
Sit hier en karring aan my verdwaalde hart:
Op of af of oor die land na jou toe gaan?
Jy wat my hart kom steel met jou mooi woorde.
Jou wil ek bliksem roep vir die rats moorde
Van my inhibisies my koudheid, nou verward:
How durf jy my so bang met goue koorde?
Tog moet ek aanvaar jou beloftes bly ver.
Jy geknip uit die kuberruim met 'n sker
Dwaal daar in my gedagtewolke skemer swart:
Verdoem om te dwaal sonder kompas of ster.
Vir wat moes jy dit nou aan my hier kom doen?
My lippe, gedagtes en hart so kom soen...





0

| Email this story Email this Poetry | Add to reading list



Reviews

About | News | Contact | Your Account | TheNextBigWriter | Self Publishing | Advertise

© 2013 TheNextBigWriter, LLC. All Rights Reserved. Terms under which this service is provided to you. Privacy Policy.