Welcome Visitor: Login to the siteJoin the site



///AFRIKAANS///
This story is about a girl and a vampire (or is it?)


Submitted:Sep 22, 2012    Reads: 27    Comments: 0    Likes: 0   


"Rerig Kim! Hoeveelste keer is dit nou hierdie week?" sê Anna en probeer ernstig lyk.

'n Stroom bloed loop oor my bolip en ek gee haar 'n vuil kyk. Sy kan skaars haar lag inhou.

"Wanneer gaan jy leer dat jy nie kan loop en lees nie." Snork sy soos sy lag.

Natuurlik was ek nie besig met iets so verspot soos om te loop en lees nie! Net simpel mense soud it doen. Maar veronderstel daar is hierdie rerige goeie boek... nou nie dar ek so 'n boek sal hê nie. En hierdie boek sou so ongelooflik wees dat jy dit nie sou kon neersit nie! Dis nou net 'n veronderstelling. Jy sal wil loop en lees! En jy sou nie die paal kon sien nie...

"Jy gaan een of ander tyd moet opstaan." Sê Sandri saggies en buk oor my.

My beste twee vriendinne in die hele wêreld staan bo-oor my gebuk en laat my net daar in die stof lê.

"Of ek kan net hier bly lê en verdrink in my eie bloed." Gorrel ek en hoes.

"Wat?" Sê Anna, vreeslik verboureerd.

"Toemaar." Lag ek en probeer opstaan.

Ongelukkig hou die bloed nie op nie en begin daar spikkels voor my oë rond sweef. Anna vang my toe ek agteroor val. Sandri giggel net en staan effens weg. Sy's nie juis sterk genoeg om my regop te hou nie.

"Help! Jy daar! Ek dink sy bloei dood!" gil Anna histeries.

Ek lag deur die rooi en swart. Sy kan soms so dramaties wees. Tog voel ek 'n paar sterk arms wat my oplig van die grond af. Dit gebeur so vinnig dat ek voel asof ek so lig soos 'n veertjie is. My kop rus teen sy bors. Die laaste deel van my bewussyn sien hoe 'n rooi kol stadig oor sy wit hemp versprei.

Wit. Rooi. Swart.

My oë vlieg oopen ek skiet regop. 'n Gesuis dreun in my ore. Die wêreld draai en ek val terug op my rug. My neus voel geswel en seer. My oë fladder oop, die keer versigtiger. Ek's in 'n wit kamer op 'n bed wat dalk eens lank gelede blou moes gewees het. Die berugte skool Siekekamer. 'n Kop verskyn bo myne. Ek skrik en my kop vlieg boontoe. My reeds beseerde neus slaan volspoed in sy voorkop vas en ek voel die bloed weer loop.

"Ag jimel." Is al wat ek kan uit kry voor Anna 'n rol toiletpapier in my gesig druk.

"Nie weer nie." Lag Sandrie te midde van die chaos.

Ek loer versigtig agter die bondel gevlekte toiletpapier uit. My redder staan aan die ander kant van die kamer by 'n klein wasbak. Sy hare is skoon deurmekaar. Die gesig herinner my aan die eerste dag van die kwartaal. Ja! Toe hy, André die nuwe ou, aan ons almal voorgestel is. Ek glimlag effens.

"Kyk net daai lyf." Giggel Sandri toe sy agterkom waarvoor ek staar.

Ek sou jok as ek sê dat ek toe eers agter gekom het dat hy nie 'n hemp aanhet nie, maar dit het nie gekeer dat bloedrooi bloos nie. Nee, hy het nie 'n hemp aan nie, dis in die wasbak voor hom. Daar's iets nie lekker aan hom nie... Geen gewone lyf lyk so nie. Dis heeltemal te perfek.

"Het jy gesien hoe hy elke keer wegskram van my bloed af?" fluister ek vir Sandri toe hy en Anna weg is.

Elke keer wat my bloed naby aan hom gekom het, het hy skielik sy asem ingehou. Sy oë het snaaks geword en daar was 'n hunkerende uitdrukking op sy gesig. Toe hy die bloed uit sy hemp uit was het hy sy neus verrimpel en sy oë het geblits.

Moet tog net nie daardie lyf vergeet nie . so perfek, so bleek, so koud. Hy't selfs 'n keer sy vinger met 'n druppel bloed in sy mond gedruk en daaraan gesuig!

"Ek weet presies waarvan jy praat! Hy't ongelooflik vreemd opgetree." Sê Sandri, sameswerend.

"Ek dink ek weet wat dit is..." sê ek saggies.

Haar oë glimmer asof sy presies dink wat ek dink.

"Hy's 'n vampier!" sê ons gelyk.

Die probleem is egter om hom uit te vang. Hoe gaan ek aan die wêreld bewys dat ons reg is en dat daar reftig iets soos vampiere is?

"Die eenvoudigste oplossing sal wees om hom te agtervolg." Fluister ek vir Sandri agter in Engels.

Ek hou hom al heel dag dop, maar hy is te versigtig by die skool. My kamera is permanent gereed vir aksie. Sover is dit maar eenvoudige foto's. André was met sy honger oë na die wetenskaponderwyseres staar. 'n Paar foto's van hom wat pouse sit en niks doen nie - geen bewys dat hy enigsins ooit eet of drink nie. Pouses is hy of n die klasse of op die stoep, maar nooit in die son nie. Daar is een foto van hom wat vreemde pille drink.

"ons moet nie vergeet om sy sluitkassie later te besoek nie!" sê Sandri dringend.

O-ja. Amper vergeet ek! Ek't 'n video van sy sluitkassie se slot se kombinasie geneem! Verbeel jou net wat hy als daar binne wegsteek!

"Wat maak jy?" vra anna angstig langs my.

"Dis 'n geheime opreasie. Ek kan nie vir jou enige besonderhede gee nie, maar dis van lewensbelang vir elke persoon in hierdie skool!" sis ek dringend.

Sy frons, 'n bekommerde uitdruking op haar gesig. Sy verstaan duidelik die erns van die situasie en knik stadig.

"Kyk daar!" snak Sandri na haar asem.

Ek sien onmiddelik wat har so laat reageer het. Het het 'n klein blou masjientjie uit sy sak uit gehaal en sy vinger daarmee geprik. 'n Enkele rooi druppel bloed lê daar en wag. Hy laat dit op die masjientjie drup en dit maak 'n sagte geluid. Sy vinger gaan onmiddelik na sy mond toe. Die masjientjie maak nog 'n geluid. Ek neem dit af, dit sal nagevors moet word.

Ek dink ons het ons eerste behoorlike leidraad gekry!

"Sjoe maar hy stap ver!" hyg ek, heeltemal uitasem.

Ek en Sandri het na skool besluit om André te agtervolg. Ongelukkig is ons albei ewe pnfiks en hy stap nou al ten minste tien kilometer ver. Hoe bly enigiemand so ver van die skool af en stap huis toe? Hy't al 'n paar keer in die son in geloop wat my teorie kan kelder. Maar hy moes elke keer 'n sonbril aansit. Dit is iets wat ek gaan moet navors. My kop dwaal rond. Mense vermy hom instinktief, maar dis asof katte hom nie kan uitlos nie. Hulle volg hom rond totdat 'n nuwe kat opdaag om met hulle uit te ruil.

"Kyk daar!" stamp Sandri my in die sy.

André het nounet by 'n baie groot en donker gebou ingeloop. Voor dit is 'n groot hek met 'n naam in yster letters gekrul.

Alma Mater Kinderhuis

"'n Weeskind. Haai siestog!" sê Sandri.

"Verstaan jy nie? Dis die perfekte front! Hy sal nie ouers hê nie, hy's 'n vampier! En dit sal nog makliker wees om net te verdwyn as mense agterkom dat hy nie verouder nie. Daar's geen emosionele bande nie!"

Sandri se oë word groot as sy uiteindelik verstaan. Sy knik stadig op en af

"Natuurlik! Dit maak soveel sin! Hy sal ook makliker bejammering by sy slagoffers kan kry." Fluister sy.

"Soveel makliker om hul bloed uit te suig..." sê ek.

Sandri lyk so bang soos ek voel.

Die navorsing lewer interessante resultate. Daar's hierdie webtuiste, vdanger.com, wat vir jou alles van die "moderne stads-vampier" vertel. Hulle het deur die jare se kruis-broei met gewone mense immuniteit teen die son opgebou. Hierdie immunuteit is egter nie volmaak nie: Hoewel hulle hulle in die son kan beweeeg is hul oë uiters ligsensitief en sonlig veroorsaak inhiberende hoofpyne. Dit verklaar hoekom hy in die son kon wees, maar heeltyd sy sonbril gedra het! Ek sal 'n ogie moet hou vir hoofpynpille, dalk kan ek by sy sluitkassie inbreek...

"Ons sal sy sluitkassie moet besoek." Sê Sandri en ro oor my bed.

Ek knik net. Anna loer oor my skouer.

"Jy al iets oor daardie masjientjie van hom gekry?" vra sy nuuskierig.

Ek moes haar betrek by die ondersoek, maar het nie vir haar besonderhede gegee het nie, behalwe dat ek geïnteresseerd is in die masjientjie.

"Nee. En jy?" sê ek.

Anna strek haar uit en val terug op die bed, amper reg bo-op Sandri.

"Oppas!" gil ek.

Anna spring regop asof iets haar gebyt het. Sy lyk heel verdwaas, maar trek net haar klere reg.

"Dit was nou rerig nie nodig om nodig om so erg te reaggeer nie." Brom sy vies.

Sandri lag en ek draai maar erug na die rekenaar toe.

"Eureka! Uiteindelik..." sê ek en wys opgewonde na die skerm.

"Wat is dit?" vra Sandri angstig

"Die masjientjie toets bloedyster-vlakke! Hy moet sy bloed toets vir ysterinhoud." Verklaar ek.

Anna lyk verslae. Sy staan net daar. Sandri verstaan egter onmiddelik wat ek bedoel.

"Bloedyster! Dit moet 'n baie gerieflike manier wees om te toets wanneer hy laag op mens-bloed raak!" sê sy opgewonde.

"Presies wat ek gedink het! Dis die enigste bewysstuk wat ons nodig gehad het om met die ondersoek vferder te gaan." Sê ek, amper dubbeld so opgewonde.

Anna frons weer soos sy in Engels het. Sandri spring op en af op die bed. Anna knik net.

Skool is so 'n onnodige afleiding van die werklike probleme! Dis 'n ernstige irritasie. Ek't hom nou al drie keer gevang pille drink. Ek kan nie bevestig wat presies hy drink nie, maaar daar moet ekstras wees in sy sluitkassie. Tog weet ek nie wanner om dit te besoek nie.

"Juffrou, kan ek asseblief badkamer toe gaan?" vra ek skielik, sonder om te weet wat ek besig is om te doen.

Die onderwyseres knik en draai terug na die res van die klas toe en hou aan met haar les. Anna kyk my snaaks aan, maar ek glimlag net vir haar.

Ek loop vinnig uit die klas uit en haal 'n paar keer diep asem. Ek maak my oë toe en my voete loop vanself in die gange af. Ek begin draf ssos die benoudheid in my opbou. Ek stop uiteindelik voor die sluitkassies, skoon uitasem. Ek snak drie keer na my asem en kalmeer myslef, ek haal die kamera uit en soek vir die foto van sy sluitkassie. My hande bewe en ek moet die kode stadig insleutel.

"Is jy reg hiervoor?" vra Sandri saggies in my oor.

Ek skiet amper deur die dak.

"Flippit Sandri! Moenie sulke gemors maak nie! Jy weet ek skrik maklik." Ek staan met my rug teen die sluitkassies en probeer my asem terugkry.

Sy staan regop en lag kliphard vir my. Sy beduie dat ek moet klaar maak. Ek haal die slot af. Die kassie swaai amper vanself oop. Binne in is 'n paar vreemde goed. Die spieëltjie agter in is afgeruk. Daar is drie pare ekstra sonbrille. 'n Stapel swart klere. 'n Hele paar pille, almal hoofpynmedikasie. Sterk goed. O, wag! Die spieëltjie! Vampiere het nie weerkaatsings nie! Hy sou dit afhaal sodat hy dit makliker kon wegsteek.

"Liewe jimel Sandri. Daar's nou geen manier wat hy nie 'n vampier kan wees nie." Fluister ek groot-oog.

"Die vraag bly staan: Wat gaan ons daaraan doen?" sê sy dodelik ernstig.

"Anna! Weet jy waar ek vervain kan kry?" vra ek my vriendin anderkant die foon.

"Wat? Waarvan prat jy?" vra sy.

Dit vat nie juis veel om haar te verwar nie, doen dit?

"Daar's 'n krui wat ek dringend nodig het, Anna! Kan jy dit vir my in die hande kry?" vra ek.

Ek's nogsteeds huiwerig om enige spesifieke besonderhede aan haar bekend te maak, maar ek het haar hulp nodig om hierdie laaste bestanddeel te kry.

"Watter krui is dit?" sug sy moedeloos.

"Dankie Anna! Die krui se naam is vervain. Ek waardeer dit ongelooflik!" sê ek en druk dood.

Ek was weer op die vdanger.com webtuiste. Net om dubbel seker te maak van alles. Alles klop. Die hoofpyne, die ystermasjientjie, die sonbrille, die spieëltjie, die katte, die bloed. Alles stem ooreen met die eienskappe van 'n vampier wat hulle op die webtuiste gelys het. Selfs die feit dat hy in 'n kinderhuis woon. Wat nog beter is, is dat die webtuiste ook maniere het om vampiere te beveg: sprinkel hulle met Heilige Water om hulle weg te jaag, silwer kruise as afweerders, die krui, vervain, is giftig vir hulle.

Ongelukkig is die enigste manier om hulle dood te maak om 'n skerpgemaakte hout staaf deur die hart te slaan. Die webtuiste se inligting is ongelooflik omvattend en insiggewend. Al die materiale is ook ongelooflik maklik om in die hande te kry. Die Heilige Water kan ek sommer by die naaste Katolieke kerk koop. Die silwer kruis is alreeds op 'n hangertjie watg my ouma vir my gegee het. Anna gaan vir my die vervain in die hande kry. En die hout staaf? Ek kan dit mos self uitkap en skerp maak.

"So wat is ons plan?" vra Sandri.

Sy lyk so oulik: opgewonde en bekommerd, maar baie vasberade, haar hande agter haar rug gehou.

"Eenvoudig. Daar's nog een laaste toets vir ons om te doen en dan kan ons die finale plan uitvoer..."

Ek volg hom nou al heel dag rond in hierdie doolhof van 'n skool. Dis so moeilik om hom alleen te kry.hy't heeltyd iemand by hom, veral meisies. Dit maak sin, hy moet 'n konstante voedselbron hê.

"Dink net hoeveel mense hy nie al betower het met sy vampieriese kragte nie!" fluister ek vir Sandri.

"Daar moet ongelooflik baie van hulle wees. Meeste mense in die skool!" sê sy angstig.

Nou is ons alweer in nog 'n gang met nog mense wat die heeltyd op-en-af loop. Hy's besig om aan sy sluitkassie te karring en vroetel. Die klok lui en tieners syfer om ons na hulle klasse toe. Hy staan en karring nog. Amper almal is al in hul klasse voor hy begin loop. Stilletjie sluit ek en Sandri agter hom aan. Hy loop lang draaie deur die gange en loer gereeld agter sy skouer.

"Hey jy!" roep Sandri.

Ek gee nog 'n tree en hy begin draf. Hoe durf hy haar ignoreer? Ons storm agter hom aan. Uiteindelik is hy vasgekeer in die klein gang na die saal toe. Hy pluk aan die saal se deur, maar dis gesluit. Ek lag van benoudheid, effens histeries. Hy vlieg om.

"Hoekom volg jy my?" vra hy met 'n wilde glim in sy oë.

"Asof jy nie weet nie!" sê Sandri.

Ek beduie dat sy kalm moet bly. Stadig, sonder om hom af te skrik, steek ek my hand in my baadjiesak in. Ek draai die bittel se doppie versigtig af en vleg my vingers om die ketting. Met een laaste knik van Sandri pluk ek die hangertjie uit en swaai dit in sy righting. Die Heilige Water vlieg uit die bottel en stort in drupperls orals neer. Hy gil - bloedstollend en dierlik.

"Wyk satanskind! Wyk van hier na waar jy van vandaag gekom het! Jou teenwoordigheid sal nie geduld word nie!" skree ek.

Hy deins terug van die silwer kruis af en spring versigtig tussen die die water deur. Ek skiet vorentoe en swaai weer die hangertjie, maar verloor my balans.

"Pasop Kim!" gil Sandri.

André strompel in my rigting. Daar klink 'n klok hoër in die gang op en trek sy aandag af. Hy gee my een laaste kyk en verdwyn.

"Hy's rerig weg, né?" fluister Sandri.

"Ja, maar net tydelik. Dis 'n groter probleem as wat ek verwag het. Ons sal moet woeker..."

By my huis se deur lê daar 'n boksie met 'n nota op.

Jammer ek kon nie kom nie, moet gaan eet saam familie. Hoop die krui is die regte een en van die regte kwaliteit. Ek's bekommerd oor jou. Dink aan jou. Anna.

Opgewonde raap ek die boksie op en huppel kombuis toe.

"Sandri! Sit gou die stoof aan en gooi kookwater in 'n pot terwyl ek my skootrekenaar gaan haal." Gil ek en strom in die gang af.

Heel eerste maak ek weer vdanger.com oop en klik op die skakel na 'n bladsy wat 'n resep het vir "Voorbereiding van die Vampierdoodsgif uit die Vervain-krui". Ek trippel amper van opgewondenheid terug kombuis toe.

"En hoekom kook die pot nog nie?" roep ek in die leë vertrek.

"Want ek's moeg en lui!" antwoord Sandri uit die sitkamer uit.

Ek rol net my oë en sit my rekenaar op die toonbank neer. Ek maak die pot vol water en laat dit solank kook. Ek pluk 'n groot mes uit en begin die vervain fyn kap. Dit het 'n effense bitter-soet reuk wat mens lighoofdig maak. Dit word vinnig in die pot gedompel. Die resep vra volgende vir vars knoffel wat fyngemaal is saam met 'n knippie sout.

"Ek is effens skepties oor die knoffer." Sê Sandri en byt op haar lip.

Natuurlik is sy! Almal weet dat dit nie in Vampire Diaries gewerk het nie. Maar die resep vra daarvoor en daarom sal ek dit gebruik. Ek druk dit fyn met 'n knoffeldrukker en meng dit met drie eetlepels sout. Dit als kom in die pot en word drie keer kloksgewys geroer. Laastens word die hout staaf oornag geweek.

"Al wat ons nou kan doen is om te wag vir môre." Sê Sandri, opgewondenheid skaars ingeperk.

"En dan kan ons uiteindelik van hom ontslae raak..."

Hy is sover slim. Hy vermy my en Sandri baie goed en verdwyn elke keer as hy ons sien. Anna is baie nuuskierig oor die redes hiervoor. Al wat ek haar vertel is dat hy vir my 'n geheim vertel het en nou skaam voel. Anna lag te lekker. Ek hoop sy sal nie deur hom gevang word voor ons hom kan verslaan nie.

Uiteindelik lui die klok vir die einde van pouse. Dis die geleentheid waarvoor ons gewag het. Ons sluip versigtig uit die klas, waar ons heel pouse gesit het, uit. Dis maklik genoeg om hom André raak te sien: hy is, soos gewoonlik, in die middel van die vierkant met al sy maats (volgelinge?) om hom.

"Ek gaan maar hier bly. Dit sal makliker wees as jy alleen gaan." Fluister Sandri.

Ek knik en haal die staaf uit my baadjiesak uit. Dis vaalgroen gevlek en ruik na knoffel. Wel, volgens my sal ek ook dood gaan as iemand my daarmee steek, maar dis irrellevant. Ek byt op my tnde en my voete begin hardloop. Die arrde vlieg onder my verby, maar dit voel asof dit om my draai en draai.

"Verdwyn jou onheilige ding!" gil ek en slaan die staaf in sy skouer in. Sy gesig lyk verslae in daardie stil oomblik. Almal is stil, nie eers 'n voël maak 'n geluid nie.

Sy oë rol agter sy kop in en ons tref die grond. Ek lê op die te-perfekte lyf. Ek het oorwin!

"Die vampier is dood!" skree ek en spring regop.

Sandri juig van die ander kant van die vierkant af. Ek dans opgewonde in 'n kring om hom. Die kinders kyk my verslae aan, asof hulle nounet uit 'n beswyming ontsnap het.

Iemand begin gil. 'n Lang, skerp, harde, uitgerekte, gepynigde klank. Daar is meer gille. Kinders begin histeries rondhol. Alles is chaos. Sandri kom staan verward langs my. Wat gaan aan met almal? Hulle gaan tekere asofiemand 'n moord voor hulle gepleeg het. Die onderwysers het ook nou uit die klasse gekom. 'n Paar van hulle is oppad in my rigting. Hulle sal verstaan! Hulle sal weet hoekom ek dit gedoen het! Maar hulle hardloop nader asof hulle my bestorm. Wat nou? Die wiskunde meneer duik my raak. Weer beweeg alles stadiger. Niks maak nou sin nie. Sandri gil. Alles word swart.

"Ek het julle beskerm!" gil ek

My arms ruk teen die boeie wat my vas maak aan die stoel.

"Vertel hulle, Sandri! Sê vir hulle van die vampier!" sê ek histeries.

"Ek probeer, maar hulle luister nie!" huil Sandri, hande in haar hare.

"Hoekom luister julle nie na ons nie?" gil ek weer.

'n Vrou kom in die kamer in.

"Wat nou?" vra ek, verby enige punt van omgee.

Sy sê niks nie. Sy haal 'n inspuiting uit en druk dit in my arm in.

Sandri gil weer.

Alles word swart.

Ek's in 'n spierwit kamer, by 'n tafeltjie. Sandri sit op die bed. Niemand kom praat eers met ons nie. Ek verstaan nie wat aangaan nie! Die deur maak oop. Dié keer kom 'n man in.

"Hallo, Kim. My naam is dokter Leon. Ek verstaan jy't 'n storie wat jy my wil vertel." Sê hy , stadig, asof ek vertraag is.

"Ons het 'n vampier in die skool gekry en hom probeer uitroei." Sê ek kortaf.

"Hy was net 'n normale mens, Kim. Hy't nounet gestabiliseer in die hospitaal. Jy't hom amper dodelik vergiftig met daardie kombinasie op die staaf." Verduidelik hy.

"Onmoontlik!" sis Sandri.

"Kan nie wees nie! Hy's 'n vampier! Ons het bewyse..." sê ek.

Die dokter knik net. Ek rammel die lys af: die bloed, die masjientjie, die honger kyk in sy oë, die weeshuis, die sonbrille, die hoofpyne, die reaksie op die kruis en Heilige Water. Alles. Dit maak tog sin!

"Hy't anemie, Kim - Dit is hoekom hy die masjientjie het. Dit en die kroniese hoofpyne wat hy kry is hoekom hy die pille drink. Sy ouers is dood toe hy jonk was. Dis alles net jou verbeelding." Sê dokter Leon.

Hy glo eintlik wat hy sê!

"Ek is reg! Vra maar vir Sandri!" skree ek en kyk na haar.

"Waar kan ek hierdie Sandri kry?" vra hy.

"Net daar! Sy sit net daar op die bed! Sê hom Sandri! Vertel hom alles! Ons is reg! Bewys dit aan hom." Sê ek op die grens van trane.

Sandri skud net haar kop.

"Daar is niemand daar nie, Kim." Sê dokter Leon.

"Nee! Ek kan haar sien! Sy's op die bed!" gil ek histeries.

"Daar is rerig niemand behalwe ons hier nie, Kim."

Hy moet jok. Hy kan nie ernstig wees nie. Die is een of ander siek grap.

"Sandri bestaan nie..."





0

| Email this story Email this Short story | Add to reading list



Reviews

About | News | Contact | Your Account | TheNextBigWriter | Self Publishing | Advertise

© 2013 TheNextBigWriter, LLC. All Rights Reserved. Terms under which this service is provided to you. Privacy Policy.