GEWONE STORIE

Reads: 149  | Likes: 0  | Shelves: 0  | Comments: 0

More Details
Status: Finished  |  Genre: Other  |  House: HOGWARTS
A story about going through everyday trails and how to keep on dreaming in the midst of obstacles. never losing faith.

Submitted: November 19, 2016

A A A | A A A

Submitted: November 19, 2016

A A A

A A A


GEWONE STORIE.

 

Wel hier sit ek al weer in ‘n situasie. Wonder hoe het ek die keer daarin beland.  Moet 2 Desember 2016 uit die plek waar ek nou bly. Nie ‘n pennie in my sak behalwe dit wat ek verdien om vir my en die kat die nodigste te koop. Wie ook ál depositos vir blyplek uitgevind het was definitief die duiwel self.Op pad na die Nagskuiling sonder familie- wel- ‘n kat . Net die twee van ons wat nie eers net vir ‘n week soos normale mense kan eet nie. Die joppie wat ek gekry kan skaars die pot aan die kook hou. Elke dag se wonder of daar ietsie in die bank gaan wees vir my om ‘n brood of katkos te koop. En kan jy dink- ek was so “vol” van myself toe ek die joppie gekry het. –“Het vas geglo ek het die Jack pot van die lotto gewen!” Kon seker ook maar nie anders nie ek het so verdomp lank gesukkel net om ‘n werk te kon kry. Ek is mos nou ‘n domestic worker My ma draai seker nou in haar graf om. Sy was so determined sy wou my nie eers naby die stoffie laat kom het toe ek ouer was nie. Ek kon eers na haar afsterwe leer om ‘n eier te bak. Gelukkig het ek haar altyd dopgehou as sy kos gemaak het. Haar dogter sal nooit soos sy eendag vloere moet mop en skottelgoed moet was om die pot aan die kook te hou nie- daarom was ek sommer al vyf jaar oud al in die skool gesit. Ongeag of ek nou net so half- en- half al op my vingers kon tel. Dit baat seker nie om te bevestig dat skool nou nie my geliefkoosde ding was nie. Maar nou ja, ek het dit gedoen en kan nie maak asof ek spyt is nie.

Dit klink dramaties maar om eerlik te wees ek is nou al behoorlik gatvol met myself dat ek nie my kop in ‘n rat kan kry soos die ou mense mos praat nie. Ek probeer maar elke keer smaak dit my ek bliksem net verder meer en meer op. Ek  het planne om volgende jaar verder te studeer maar waar en hoe ? Dit is nou nog ‘n ope vraag.  Gelukkig weet ek darem nou sowaar dat syfers nie net by vyf eindig nie.

Wel hier is ek nou nog steeds in die moeilikheid met al my effort en waarheen is ek nou op pad? Hopelik sal die Nagskuiling nie te erg wees nie. My grootste worry is nie oor myself nie maar oor my kat. Ek hoop ek kan vir hom ‘n goeie blyplek kry voor ek gaan. Want die woeste omgewing is definitief nie vir hom nie. Die positiewe ding van my hele  lewens situasie  is dat ek die negatiewe en goeie nuwe mense leer ken het. My werk kollegas is baie openlike vrygewige en goedhartige mense.  En ook duidelik Christelike mense. En altyd bereid om my te help en te leer. Ek was en is op baie maniere nog die groentjie. Ek leer ook hoe die omgewing lyk aan die kant van die draadheining. Plek vir romanse is daar definitief nie hier nie. Soos daardie anderste movie  Maid in Manhatten met die vrou wat kwansuis kan sing om maar net te quote.

Die lewe loop sowaar sy eie draaie met ‘n mens. Dit is seker daarom dat die onderwysers my so herrie gegee het op skool. Ek was glo altyd besig met droom en nie gefokus op die werk nie. So dit het ek nou daarvan!  Al die geleerdheid en wat daarvoor? Maar glo dit of nie ek sit en droom nog steeds ek wil graag die Wêreld sien en in ‘n vliegtuig vlieg en  iets positief doen met die liefde vir tale wat my sover gebring het. Kan jy glo ‘n Universiteits graad en Nagraadse diploma!!! Ja, Sowaar! “ Het al die fantasy gehad dat ek ‘n skrywer of iets sal wees”- “ Maar wat de hel praat jy vrou?!!!”- Kan jy imagine ek skryf?

Dis maar net ‘n eenvoudige storie. – mense facebook en whatsap vir my is skryf die ding.. Eerlik gewoonlik wanneer ek klaar geskryf het frommel ek die papier op en gooi dit in die vullisdrom. Maar nie hierdie keer nie. Moenie opgee op jou drome nie.

Glo – Glo veral in die EEN wat jou sover gebring het.

CAPRIL -18 NOVEMBER 2016.


© Copyright 2017 CAPRIL. All rights reserved.

Booksie 2017-2018 Short Story Contest

Booksie Popular Content

Other Content by CAPRIL

GEWONE STORIE

Essay / Other

Popular Tags