Chapter 1: EDEN SONG (AFRIKA WIEGELIED)

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

Status: Finished  |  Genre: Religion and Spirituality  |  House: Booksie Classic

Reads: 917
Comments: 2

Mika is ñ onafhanklike en kreatiewe enkelmoeder met ñ geheim in haar verlede. Wicus die Muso, en Mark die Prof, is altwee verlief op haar. Wat voel sy?

 Niklaas is ñ outydse plaasboer wat die wese van Vader God uitstraal.  Johanna kom reguit uit Spreuke 31.

  Frans is ñ suksesvolle man wat deur sonde alles verloor.

  Adri het al haar harts' begeertes, behalwe die liefde van haar man.

  Igna is ñ Boertjie in Engeland. Sal hy sy eie identiteit vind? Bianca is ñ hedendaagse tiener. Gaan sy dit maak deur hierdie gang van ontwikkeling en eksperimentasie?

  Eden Song is ñ storie vir moderne wit Afrikaners, oor Afrikaners. Dit handel oor getroue en behoudende vriendskap tussen vrouens. Oor verlies en berou, vergiffenis en ñ nuwe begin. ñ Verhaal wat die waarde van ñ vader in ñ kind se lewe beklemtoon, die kardinale belangrikheid van ñ verhouding met Vader God uitspel.

  Dit wys op die huidige klimaat in Suid Afrika, en die ekstreme uitdagings wat Afrikaners in hierdie seisoen van oorlewing aan die suidpunt van Afrika in die gesig staar.

VOORWOORD:  Hierdie storie kom reguit uit die hart van God. Hy het my daarmee verras, dit in my geplaas op die mees onverwagte tyd. Dit is ñ boek vir almal, vir nou. Neem ag!! Deel dit, doen dit!!

 Ek dra hierdie boek op aan elke boer wat ons aarde benat het met bloed en trane.

   Rus sag wyl Afrika haar wiegelied oor jou sing...

Nota. Ek vergun myself die vryheid om moderne Afrikaans  met al sy Engelse woorde te reflekteer sonder te veel redigering.

 

 

 

 

Shalom

Hulda

 

Suid Afrika 2012

 

 

1

 

 Dit is triestig buite. ñ Koue windjie waai oor die binnehof van die sentrum, en vee die restaurant oorkant se teken plat. ñ Paar vroeë herfsblare dwarrel kleurvol in die lug en maak ñ laslappie kombers op die plaveisel met rooi, oranje, geel, goud.

  Mika staan agter die toonbank en geld tel.

  'Ai, hierdie linkerbrein aktiwiteit, net so wel ek is die baas anders is ek al lankal gefire,' lag sy vir haarself.

  Haar lang hare is in ñ los bolla bo op haar kop, en is koperrooi met goue ligstrepe. Haar hande is sterk en slank, die naels kort en blink, met een groot robynring aan haar regter middelvinger.

  Daar's ñ waaier van lagplooitjies om haar blougroen oë, en diep kepe om haar vol mond, wat maklik lag. Haar fyn wipneusie het ñ sprinkel van kaneel daarop.

  Die lang aqua sigeuner romp hang tot op haar voete, wat in sagte leersandale heerlik gemaklik is. ñ Dun katoen bloes omvou haar steeds pragtige vol borste, ñ paar goue kettings en haar gunsteling Pauaskulp hang om haar nek.

  Sy sug. “Tweeduisend, een honderd en vyf, of is dit tien? Ag nee, ek gaan nie weer oor tel nie, dit is maar reg so.”

  Sy kyk om haar rond. 'My winkel.' Sy glimlag innig. Haar droom wat waar geword het.

  Ry op ry interessante kledingstukke, ietsie vir almal. Pragtige kostuumjuwele om harte te steel, die nuutste in skoene. Die seegroen en goud dekor is iets anders, kunstig en tog in goeie smaak. Die effek op die mure is dié van perlemoen. Sagte lap is hier en daar gedrapeer, groot spieëls weerkaats die winkel inhoud en laat die spasie groter lyk.

  In die binnehof langsaan is haar restaurant, met bamboes stoele en tafeltjies en verstelbare dak, en dan, haar grootste liefde, die Studio, waar sy uitstallings hou, en al haar kuns en verfwerk doen. Esels staan rond met halfklaar kunswerke, buisies kleur lê opgekrul en half uitgedruk, en ou teepotte en houers is met kwaste en potlode gevul.

  “Ek is ñ geseënde vrou,” sug sy, “dankie!”

  Sy vee met haar vinger oor die toonbank. 'Netnou sal Prudence inkom en die groot skoonmaak werk doen. Dankie tog. Sy moet beslis die rakke afpak en orals afstof.'

Sy kyk op en sien die figuur van ñ vrou deur die glasdeur. Netjies uitgevat, in ñ pers uitrusting wat fyn gekoördineer is. Sy klop aan die glas. “Verskoon my, is die teetuin al oop?”

  Mika glimlag. 'Dit is nog vroeg, maar dalk is dit koud buite vir haar. Ek wonder hoe waterdig haar reënjas is.'

  Sy stap na die deur, en draai die sleutel.

  “Goeie môre,” sê sy met haar diep melodieuse stem, “kom maar in! Benodig u ñ koppie tee? Dis koud daarbuite. Ongewone reën vir dié tyd van die jaar?”

  Die ouer dame kom dankbaar in en kyk geïnteresseerd rond. “Wat ñ pragtige winkel! Ek is nuut hier in die omgewing. So ñ groot verskeidenheid. Ja dankie, ñ pot tee sal lekker wees. Is jy die eienaar?”

  Mika skud haar kop, en die los bolla wikkel.

  “Ja, ek is. Kom, ek maak vir jou die stoepdeur oop. Ons sal nie die dak verstel nie, dan is jy meer knus.”

  Gou gou is die skinkbord op die tafel, met ñ paar koekies daarby. 'Sy is seker so oud soos Mamma nou sou wees,' dink sy met teerheid. 'ek mis haar. Moet eintlik net weer tyd maak om ietsie op haar graf te sit. Tyd om weer plaas toe te gaan. Ek verlang na Vader.'

  Sy kyk belangstellend na die dame. “Van waar is u dan?”

  “Ag ek het vir my oudste seun kom kuier, ek kom eintlik van George af. Bly al jare daar op Blanco. Dis mooi, so ñ bietjie meer landelik. Ek is gaande oor die pragtige berge wat gedurig verander. Selfs net om ñ brood te gaan koop is ñ belewenis, Mens word elke keer verras deur die skouspel.”

  “Ek stem saam, ek was al daar deur. U sal my verskoon? Ek moet nog gou ñ paar goedjies doen, netnou kom die dames en dan moet alles reg wees. Geniet gerus die teetjie, en laat my weet as u iets nodig het.”

  Sy stap met ñ glimlaggie terug na die toonbank.

  'Ek hoop sy voel welkom. So ñ liefdevolle gesig, haar oë is baie diep.'

  Sy sien haarself in die goudomraamde spieel. 'O ja, ñ bietjie lipstiffie en onderlaag sal ñ verskilletjie maak.'

  Sy maak haar klein geborduurde sakkie oop, wat reg lê onder die toonbank, en kies ñ sagte pienk lipstiffie, glimlag vir haarself terwyl sy die onderlaag aanvryf.

  'My twede vel. Maak ñ verskil, moet sê. Veral as dit die lig reflekteer. Ai, die maag, wat deesdae so byderwets gedurig ñ verskyning maak. Sal maar een van die los toppies vandag leen. Net die ronding so ñ bietjie kamoefleer. Ah, daar's hy, smaakvol weggesteek, dit lyk beter so. Mmm, hierdie ou rosies lyk ñ bietjie moeg.'

  Sy trek die blaartjies af, en plaas hulle op ñ papierpakkie. 'Netnou kan die son hulle hier in die venster vir my droog. Ek sal geurige lavender olie daarby sit, en dan dien dit weer ñ doel. Moet netnou vir Prudence stuur om ons vars ruiker by die bloemiste te gaan haal. Dit lyk so fraai hier op die toonbank.”

  Sy kyk op haar sel. 'Nog so twintig minute. Gou ietsie eet, dan is my bloedsuikevlak stabiel. Ek sal vir my van die hawermout mengsel uitskep. So ñ lekker resep. Droë vrugte en melkpoeier daarby, heuning, en dan is dit al wat ek nodig het vir die oggend.'

  Sy stap na die kompakte kombuis. 'Wonder of hier ñ piesang is wat ek kan bysny. Mm, dié een het ñ kneus plekkie. Sal dit net afsny.'

  Sy is met die laaste happie besig toe die dame voor die  toonbank kom staan. Sy glimlag sag vir Mika, en haar skerp donker oë is gemoedelik. “Ek is klaar baie dankie. Dit was heerlik. Hoeveel skuld ek jou?”

  Sy glimlag terug, die kepies langs haar mond verdiep.

  “Dis jou gelukkige dag. Op Vrydae kry my eerste kliënt haar tee verniet. Kom asseblief gou weer,  jy is so welkom” sê sy, en gee die verbaasde ou dame ñ drukkie, “jy lyk pragtig in jou pers. Geniet die dag verder.”

  Haar selfoon lui, die deuntjie van Van Morrison, Moon dance. “It's a marvellous night for a moondance.”

 Mika goeiemôre,” sing sê sy. “Adri! Hallo Sussie, hoe gaan dit? Mm, een kliënt al gehad, sy is weg. Nog nie officially oop nie. Kom jy nog na werk? Ek is besig met daardie stillewe, maar jy kan by my in die studio kuier. Ek verlang. Oukei, dan sien ek jou sesuur.”

  Die dag gaan rustig verby, met hier en daar ñ kliënt en ñ verkoop. 'Net wanneer mens dink jy sien ñ patroon in die verkope, dan verander dit' dink sy. Sy vat ñ verestoffer en werk langs Prudence om die netheid op standaard te kry. Hulle ginnegaap gemoedelik saam, en Mika word getrakteer op die nuutste lokasie en taxi stories.

  Die kaaskoek het goed gekrimp, en Mika maak ñ nota om nog een te kry.

  Laat middagson begin in die winkel skyn, maak patrone op die toonbank, blits op die juwele en laat hulle blink en skitter, gooi ñ reënboog op die mat. Kleure van die sonsondergang transformeer die wolke en tooi hulle in skakerings van sagte pienk en oranje. Sy staan by die ingang en bewonder dit.

  'Ai, ons Vader se kunswerk aan die einde van die dag, dankie.'

  Skemer sak toe. Sy glimlag vir die werkers wat nog gou ñ ietsie kom koop by die Pick and Pay langsaan.

  “Goed dan, ek gaan nou maar die deur sluit. Adri kan klop as sy wil inkom. Baai Prudence, lekker aand vir jou. Het jy busgeld nodig? Nie? Okei.” Sy draai die teken om. -Closed- sê dit in outydse goue letters.

  Sy gaan borsel haar hare in die badkamertjie, en sit weer ñ bietjie vars lipstiffie aan, ñ donker rooi dié keer. Vryf haar parfuum aan. Dit is ñ mengsel van haar gunsteling olies, neroli, patchouli, met ñ tikkie vanielje. Sy het dit in ñ kristal glasbottel gegooi, wat sy op ñ mark gekoop het, en verkneukel haarself aan die mooi daarvan elke keer as sy dit gebruik. Die geur omring haar, hang aan haar klere en hare. Sy snuif diep 'Mmmm,'lovely!,' stap deur na die winkel en hang nog ñ fyn goue kettingkie om haar nek.

  Weer ñ glimlag by die deur, aan die einde van die dag. Adri se kort blonde haartjies pas haar elfgesiggie goed, haar blou oë blink. “Koko, sê sy, kan ek inkom asseblief?”

  'Ah, Vriendin, punt van my hart, Sielsmaat, natuurlik.'

Sy maak die deur wyd oop, en haar vriendin glip in. “Mwah, mwah,” soen-sê Mika en druk haar styf.

  “Ou Sussa, Gypsywoman, hoe gaan dit met my arty vriendin?” Hulle staan vir ñ oomblik in mekaar se omhelsing. Adri vee ñ sliert haartjies vir Mika agter haar oor.

  Hulle gaan staan in die kombuisie. “Rosé vir jou, Dahling? Het ñ halwe bottel, okei? Ek skink. Sal ons die kaaskoek opeet? Hier's nog twee stukke, net solank om die hol kolletjie vol te maak.”

  Hulle giggel vir niks soos twee tienertjies, stap deur na die ateljee. Mika gooi die geborduurde goue kussings af en gaan sit op die lang bank met sy blou fluweel oortreksel.

  “Ahhh..salig,” sê Adri. “ek love hierdie studio van jou.”

  “Hier is vir jou ñ tafeltjie,” sê Mika guitig en sit haar rooi Gembi Afrika drom voor haar vriendin neer. Sy trommel ritmies op hom. “Kan nie oefen by die huis nie, mens mag mos nie raas in die woonstelle nie.”

  Hulle eet rustig. “Die kaaskoek is besonder lekker, ek moet sê. Die vrou wat dit maak is ñ meester bakster.” Mika lek haar vingers af.

  “Toe,” grap sy, “what's up Doc?” Hulle lag.

  “Ag, dit gaan oukei by die werk. My baas is maar steeds difficult, maar ek steur my nie aan hom nie. Die pasiënte is altyd baie demanding. Wat ek die meeste haat is die mediese fondse wat ek moet opvolg ensovoorts. Vat so baie tyd. Jy?”

  “O, dit was ñ lekker daggie. Het ñ sms gekry van Igna. Dit is nou lente by hulle, hy sê dit is pragtig. Daar is affodille orals. Hy het werk gekry in Cardiff, by ñ sportwinkel. Dit is goed, want hy het met al die internasionale brands gewerk by Sportsman's die jaar na skool, onthou jy, so nou kom dit hom goed te pas.”

  “Ai Vriendin, mis jy hom nie?” Sy raak aan Mika se hand. Haar groot diamant blits blou in die sagte lig.

  Mika skud haar bolla. “Ja, ek doen, maar gelukkig is tegnologie aan ons kant. Ek hoef darem nie maande te wag vir skepe om ons briewe by mekaar te kry nie, of ñ voetganger met my briefie in sy stokgleufie oor Afrika te stuur nie!”

 Sy lag lekker, uit haar maag uit, vee haar oë af met ñ punt van haar romp.

  “Ek stuur gereeld vir hom E posse, ons Skype, en chat op Facebook. Ek lees ook gereeld sy Page, sien wat hy doen. Ek probeer om nie te veel kommentaar te lewer nie, hy moet sy weg vind, jy weet, sy eie man word. Dit is tyd.”

  Hulle sit gesellig saam, en geniet mekaar se nabyheid en teenwoordigheid.

  “Vra hy ooit na sy pa?” “Nie baie nie. Hy gaan deur stadiums. Ek het mos vir hom gesê dat hy ñ argeoloog is, en oorsee iewers bly. Dat ek verder nie vir hom detail kan gee nie. Ek voel sleg daaroor maar dit is die beste wat ek kan doen. Enige iets meer gaan net die bom laat bars, ek kan dit nie toelaat nie. Hoe gaan dit met Frans?”

  Adri se oë verdonker, en sy kyk haar vriendin direk aan. Sy lyk deemoedig, vee oor haar wang. Haar stem is sag.

 “Hy werk vanaand laat. Daardie groot projek se sperdatum is om die draai. Jy weet enginieurs slaap nie. Hy's okei, ons praat nie baie nie, hy is altyd op die rekenaar met planne en goed as hy by die huis is. Hy lyk goed. Gaan gereeld gym toe, sy boepie is aan die krimp. Hy het vir hom ñ nuwe jean en ñ paar baie mooi hemde gekoop, skoene ook. Maar hy moet goed lyk vir sy werk, die image is belangrik. Soos jy weet is sy maatskappy een van die voorstes in die land. Baie high profile.

  Mika staan op en stap na ñ esel met ñ groot onvoltooide stillewe van pouvere in ñ groen glas vaas.

  “Hoe hou jy van hierdie een? Ek het die vere by ñ klient gekry wat familie het op ñ plaas. Hierdie hele bos. Is dit nie glorious nie? My favourite. Ek wil dit in die winkel ophang.”

  Sy tel ñ kwas op, staan peinsend met skreefoë en kyk. “Mmmm ek dink nog ñ bietjie teal in hierdie een. Hy moet glimmer en skyn, wat sê jy?”

  Adri kom staan langs haar. “Jý is die kunstenaar, nie ek nie. Jy weet mos ek leef hier links in my kop, te veel eintlik, dalk is dit hoekom ek jou so waardeer. Opposites attract, nie waar nie?”

  Mika sit die kwas terug in die teepot.

  “Kom ons gaan haal gou ñ pizza hier oorkant, toe? Ek is moeg vir my eie kombuis. Wil jy daardie nuwe seekos een probeer? Ek gaan vir die vleis ene, jy weet mos ek gril vir seegoggas en goetertjies met bene!”

  Sy streel oor die sagte Indiese lap, neem ñ oomblik om te kies, en gooi ñ groen pashmina oor haar skouers. Sy bewe liggies, vryf haar arms. “Koel gewees heeldag.”

  Die vrouens stap uit en Mika sluit die deur. Hulle stap oor die piazza, verby die fonteine.

  Die klank van musiek kom hulle tegemoet toe hulle by die restaurant instap. Dit is gesellig, met kerse en blomme orals op die tafels. Twee musikante sit in die hoek, besig om hulle instrumente op te stel. Hulle lyk kreatief in hulle mooi hemde, denims, en gekleurde tekkies.

  Die ouer man tree terug, en luister, terwyl die een met die poniestert ñ riff speel. Mika kyk met belangstelling na hom. 'Nie sleg nie, moet sê. Mooi lank, soos ek daarvan hou. Hou van die ponie.' Sy vang haar vriendin se oog, en wikkel haar wenkbroue. Haar vriendin wikkel terug, en maak ñ O mond. Hulle giggel en bestel, betaal.

  “Goed dan,” sê Mika, “julle sal vir ons dit oorbring daar na my toe? Die Pouveer julle weet mos. Ek sal die tip uit my laai kry, ek het baie kleingeld.”

  Toe hulle by die deur uitstap glimlag die man met die poniestert vir haar, en gaan aan om sy kitaar in te stel.

  “Het jy gesien hoe mooi smile hy?” Adri se oë is vol pret. Mika buig haar mondhoeke af. “Mmmmm, hy het seker ñ vrou en tien kinders by die huis.”

  Terug by die winkel sit Mika Brahms' se viool concerto op. “Daar was vandag ñ dame hier, omtrent my ma se ouderdom. Sy was dierbaar, en so fyn uitgevat in pers. Sy is van George.”

  Sy wieg op maat van die musiek. “O, hierdie stuk is vir my so teer. Het ek jou ooit gesê dat ek op hierdie musiek vir Moekie getreur het? Ek kon nie huil op die begrafnis nie, onthou jy, en eers omtrent ñ week later het die tsunami van trane my oorval. Ek was absoluut histeries. Mark het my probeer vashou, maar ek kon hom nie inlaat nie. Dit was my eie diep verlies, ek kon dit nie deel nie...ek dink ek het hom diep seer gemaak, daardie aand.”

  Adri bewonder haar vriendin wat so pragtig is, so vry in haar liggaam. “Nee, jy het my nooit gesê nie, ek kan sien hoe dit mens deemoedig kan stem. Dis nou al ñ lang tyd, nê?”

  Mika se ligstrepe glimmer as sy haar kop skud. “Ja, dit was so nege maande voor Igna se geboorte. Ek het haar bitter nodig gehad toe, sy sou vir hom so lief gewees het, ek weet.”

  Adri sien in haar gedagtes die lang blonde man, en haar vriendin, onthou die warrelwind verhouding wat hulle geheim gehou het, en net sy Adri het daarvan geweet. ñ Geheim wat sy vir so baie jare al in haar hart bêre..

  Die kelner arriveer en “tik tik” aan die deur. ñ Heerlike aroma vul die winkel, en hy stap uit met ñ lekker groot tip. Die vrouens maak hulle tuis in die studio, en verorber die warm pizza. Mika eet met haar hande en Adri sny hare op met ñ mes en vurk.

  “Vol magie, oë toe,” sê Adri, “ek moet verkas, Frans sal nou nou by die huis wees.”

  “Vat vir hom hierdie laaste snye pizza, ek gaan dit nie eet nie.”

  Met die plat boks in haar hand stap Adri uit, en hulle omhels buite in die koel lug.

  “Dankie, Vriendinna, volgende keer stiek ek vir jou! Love you! Sy trippel weg, pragtig regop, klein en fyn, haar sleutels in die hand. Sy draai om en glimlag vir Mika voor sy om die hoek verdwyn.

  Mika sien die lang musikant buite die restaurant waar hy sy bene rek tussen stelle. Sy waai ligweg vir hom, en hy salueer haar.

  “Oukei, tyd om maar huiswaarts te keer.” Sy giggel by haarself. “Sulke goeie Afrikaans Mika, uitstekend my Meisie!”

  Sy neem die eetgerei na die kombuisie, sit die ligte in die teetuin af. Neem die geld uit die kasregister en sluit dit in die kluis.

  Haar motorsleutels lê altyd onder die toonbank, en sy buk laag om die bos te soek. Sy kry dit eers nie, en krap rond onder ñ bondel pakkies tot sy dit voel. 'Dankie tog!' Sy swaai haar sak op haar rug, en stap uit by die deur wat sy sluit, en dan ñ paar keer ruk om seker te maak dat dit goed toe is.

  'Dit was nou lekker. Adri my kosbare vriendin, wat al so lank met my saamkom,' mymer sy, 'eintlik is sý my suster.' Sy dink vir ñ oomblik aan haar ouer suster met wie sy geen kontak het nie, sug saggies.

  Haar  rooi Mini Cooper staan op sy gewone plek, net om die hoek. Sy druk haar remote en die deur aan die bestuurskant gaan vir haar oop. Sy klim in, adem die leer sitplekke se reuk diep in. Skakel die enjin aan, en ten spyte van die koel aand skuif sy die sunroof oop. Die enjin grom diep. “Home James,” lag sy by haarself. Die aandlug is koud in haar gesig, sy geniet die reuk van nat blare terwyl sy deur die stil strate snel, oppad na die woonstel in Zwartkops waar sy vir die afgelope paar jaar al woon.

2

 

Dit is omtrent twintig minute na haar verdiepinghuis in die ooste van Pretoria.  Sy neem die Nelmapius pad, gaan verby die Rietvlei dam. Dit is swak belig en verlate, en sy sit haar voet ferm op die petrol pedaal.

  Sy aktiveer die remote voor sy by haar huis kom, ry deur en maak die hek vinnig toe.

  'O, hy is nog nie tuis nie.'  Sy voel skielik mistroostig, onrustig. 'Gelukkig slaap Bianca by haar vriendin vanaand. ñ Pyjama party, so ek hoef nie op te wag vir haar nie.'

  Sy parkeer haar silwer BMW in die dubbel motorhuis, laat die deur afskuif, vat haar handsak en die pizza boks en gaan by die sydeur in haar kombuis in. Alles is netjies en op sy plek.

  'Goed, Blessing was hier vandag. Wasgoed ook gedoen.'  Haar toerusting glim in die kolligte wat hier en daar aan die dak aangebring is. Haar hoëhak skoene klik klak op die swart en wit teël vloer. Sy maak die yskas oop, waar alles netjies ingepak is.

  'Die pizza sal in ñ houer moet gaan.' Sy kyk in die plastiekkas, kry ñ gepaste houer, en plaas dit versigtig op die onderste rak.

  Sy stap dadelik met die wye trappies op na haar kamer toe. Die hout balustrade voel glad onder haar hand. Die lamp bo die bed skyn gedemp, werp ñ sagte lig. Haar kamer is luuks. Pragtige mahoniehout kaste, wit wol matte, moderne metaal lampe. Die duurste velsorg reeks en grimering op die spieëltafel. Sy gaan staan voor die spieël, en kyk krities na haarself. Haar oë is donkerblou in die halflig, haar haarstyl aksentueer haar fyn gelaatstrekke.

  ' Tyd om weer my hare te sny. Hierdie kort styl lyk so maklik, maar verg eintlik baie aandag. Lyk darem nog okei, maar nie vir lank nie. Sal more bel en sien of Toni vir my ñ spasie het.'

  Sy stap deur na die en suite badkamer, tap vir haar ñ bad in en meet twee proppies van die Badedas in die water. Sy trek metodies uit, en plaas dadelik die klere in die groot wit kleremandjie.

  “Ahhh, lekker, ek het nodig om te ontspan..” Sy was haar gesig met die spesiale seepstafie. 'Ek wonder waar hy is. Hoe laat kan mens by die werk wil bly? Hy het vanoggend daardie nuwe pienk strepies hemp aangetrek. Mooi gelyk, aantreklik. Glad nie sleg vir vyf en veertig nie. Dit is oor ñ paar maande my verjaarsdag. Miskien verras hy my met ñ trippie oorsee, of iets. Is dit sy kar?' Sy lig haar kop op, en luister senuweeagtig. 'Nee, die mense langsaan. Dit was lekker by Mika vanaand. Ek voel so welkom by Die Pouveer. Moet weer ietsie daar aankoop, en haar ondersteun. Ek is in elk geval haar beste kliënt. My vriendin... ons lewens paralel op so baie vlakke. Saam op skool, 'Varsity, saam gereis oorsee, saam kinders. Sy darem so ñ bietjie voor my, net sy is nooit getroud nie. Ek dink sy dra nog vir Mark in haar hart, maar dit is een onderwerp wat ek liefs nie aanroer met haar nie. Laat dit maar met rus.'

  Sy klim uit, droog af, en glip ñ luukse wit kamerjapon aan. Borsel haar tande, kliks die badkamer lig af. “Mens moet spaarsamig wees” het haar stiefpa altyd gesê. Tik versigtig die duur oogroom en nagroom aan, veral op die hardnekkige diep plooitjies. Sy stap oor die dik mat, en vou die swart en wit deken op haar bed op. Plaas liefdevol Frans se nagklere op sy kussing, en trek hare met ñ paar netjiese bewegings aan. Sit die lampie af, en skuif met ñ suggie in tussen die lakens, wyl die motreën blink traanspoortjies op haar ruite laat.

Frans kyk op sy oorlosie. ''Tien oor twee. Genade, ek het heeltemal tred verloor met die tyd!”

  Die metaalhek skuif agter hom toe, en hy parkeer sy swart BMW langs die silwer een. Hy voel nie lus om in die huis in te gaan nie.

  'Ek wed jou sy lê en wag vir my. Sy versmoor my, ek kan nie beweeg of asemhaal nie. Wat gaan ek vir haar sê? Okei, daardie nuwe hersiende planne moet oor twee dae in wees, en ek kon net nie wegkom nie. Waar was die dae toe ek kon kom en gaan soos ek wil? Niks se geplease explain nie. Ek is mos ñ grootmens en kan doen wat ek wil. Ek betaal alles wat ek moet betaal, en meer so. Ek is rojaal met my geld. Bianca se skoolgelde by die meisieskool kos ñ arm en ñ been. Sy kan bly wees sy het ñ pa wat vir haar betaal. Daar was nie geld vir my studies nie, dankie tog vir Meneer Duvenhage en die beurs wat hy vir my gereël het. Goeie Onnie daai. Gelukkig het ek ñ ordentlike brein in my kop, darem iets wat ek by my pa gekry het. Kyk waar is ek vandag, en dis alles my eie effort. Net jammer sy is so ondankbaar baie van die tyd. Sy is altyd by haar vriende, of daardie nuwe kêreltjie. Hy lyk vir my arrogant..tog mis ek haar, sy word so gou groot. Waar is die dae toe ek haar held was?'

  Hy stap die kombuis binne, en kyk in die yskas. 'Eintlik moet ek nie nou eet nie, het hard gegym vanoggend...tog ñ bietjie honger.'

  Hy vind die pizza stukke, en maak dit warm in die mikrogolf. 'Mmm, glad nie sleg nie.' Hy drink langsaam ñ glas melk, stap versigtig met die trap op kamer toe. Loer in en sien die slapende vorm op die bed, en die nagklere op sy kussing. Dadelik is hy vies en voel hoe die irritasie in hom opstoot.

  'Ek is mos nie ñ kind nie, hoekom los sy dit nie in die kas nie. Fuss die hele tyd oor my, regte ou moederhen, genade! Gelukkig lyk dit of sy slaap. Nou kan ek nog ñ bietjie verder aan my verskoning werk. Maar eers gou stort en net seker maak daar is geen reukies aan my wat my gaan verklap nie.'

  Hy stroop sy klere af, en gooi dit op die vloer. Sy liggaam is gespierd, met net ñ sweempie van ñ boepie. Sy silwer hare is kort gesny, en hy het diep kepe in sy wange. Sy liggroen oë is nou, en geheimsinnig onder sy wenkbroue. 'ñ Filosoof,' hy glimlag in die spieël, 'ñ handsome een. Moet sê daardie meisiekind was warm vanaand.'

  In sy gedagtes voel hy weer die ferm boudjies onder sy hande, sien weer die lyf wat swaai op maat van die musiek...haar lang swart hare wat oor haar skouers val, die sexy oë wat hom so direk aankyk. Hy  voel weer die opwinding daar by die Blue Tangerine..met al die flitsende ligte, en die gemaal van jongmense.

  'O, Meisiekind, dink hy, terwyl hy onder die warm strale staan, 'Mememe Meisiekind!'

 

  Sy het vroeg wakker geword, gestort en in haar japon afgestap kombuis toe. Frans slaap, en snork soos ñ stoomtrein.

  'Kan dit nie glo nie, ek het vir hom die spesiale kussing gekoop, en dit was duur!' Sy is bly om hom te sien, maar voel geïrriteerd omdat sy sonder hom aan die slaap moes raak. 'Hy is met sy werk getroud, lyk dit my. Glad nie meer tyd vir ons en gesels en saamwees nie. Geld is nie sò belangrik nie. Ek wil nie kla nie, my huis is mooi, my kar baie stylvol. Ek het ñ hele paar kaarte wat ek kan gebruik, en kontant as ek nodig het, tog, waar is ons vriendskap, nabywees, deel? Ek onthou die dae toe ons eers getroud was. Hy kon nie genoeg van my kry nie, het alles met my gedeel. Ons het nagte deur gesels, ure gaan stap.'

  Sy maak die kombuisdeur toe en versap ñ paar vroeë lemoene. Hulle is suur, en sy voeg stevia poeier by, versigtig, omdat dit so baie soet is. ' ñ Natuurlike vervanger van suiker, kan dit in die tuin kweek. Sal maar bran muffins bak, dan kan ek hom bederf as hy wakker word. Miskien gaan ons so ñ bietjie vroetel, ek verlang al die heel week na coitus. Soos my baas dit sal noem, die korrekte mediese term. Seker tyd vir ovulasie.'

  Sy stap na die kalender en tel die dae af.  'Ja, reg in die kol. Oukei, ek sal vir hom ñ verrassing gee.'

  Heel bly oor haar idee, en die spontaniteit wat nie so maklik vir haar kom nie, meng sy die kolwyntjies en steek hulle in die voorverhitte oond. Sy neurie saggies terwyl sy werk. Sit die glase en sonskynsap op ñ skinkbord, met servette, borde, botter en Gouda. En, 'o ja, die messe.'

  Prrr gaan die oond se alarm af. Die toetspen kom mooi skoon uit, en sy plaas die gebak versigtig op die metaal rakkie om koud te word.

  So gou as wat die kolwyntjies redelik afgekoel het dra sy die skinkbord op met die trappe. Haar hart bons ñ bietjie. Frans lê en  koerant lees.

  “Môre my man.” sê sy liefdevol, “Ontbyt. jou favourite favourite!” Sy plaas die skinkbord op die sykassie. “Kan ek vir jou smeer?”

  Hy vryf sy gesig, en gluur haar aan. “Ek is nog besig om wakker te word, hoekom spring jy so op my? Ek is in elk geval nie honger nie.”

  Haar oë rek wyd, haar hart val soos ñ klip in haar binneste. “Maar, maar, dis jou gunsteling, ek dog ek maak jou bly?”

  “Jy is nie my ma nie, hou op om my soos ñ kind te behandel. Die bran muffins is in elk geval sleg vir my spastiese kolon. Ek sal netnou self iets kry.”

  Adri draai vinnig om sodat hy nie die trane sien nie. Sy stap haastig uit en slaan die deur toe. 'Mislike vent, so ongeskik! En nou sal daar geen sprake van seks wees nie, ek wil nie naby hom wees nie.'

  Hy vryf sy stoppelbaard. 'Dit was nou so amper amper, dankie tog ek kon vinnig aan iets dink, sy het daardie kyk in haar oog gehad. Dis nou jammer van die muffins, want ek sal dit nou nie kan eet nie. O, wel.'

  Visioene van laas nag se gebeure begin weer in sy gedagtes opdoem, 'O, okei!' Hy glimlag, maak sy oë toe en sak terug op die kussings.

  Adri het in die tuin uitgegaan en huil saggies in die somershuisie. Sy voel verwerp, hartseer, vernederd.

  'Is Frans dan nie meer lief vir my nie? Hy is my hele wêreld, my alles. Hoe sal ek sonder hom regkom? Sê maar hy gaan dood of skei my? Ek kan nie daaraan dink nie, dit maak my te bang.' Sy besef dat sy van die rose se blaartjies kompulsief afgebreek het, en dit lê gesaai onder die bos.

  'Wat makeer my, genade!'

  Sy draai om en stap stadig en huiwerig by haar huis in. Iets is hier nie pluis nie! Daar is rooi ligte wat flikker in haar gedagtes... 'Een en een maak om een of ander rede nie twee nie. Ek is ñ linkerbrein analis, maar my instink sê vir my daar is ñ rot iewers!'

  “Hallo Mamsie!” Maa, is Ma doof?” Bianca staan voor haar met die oornag sakkie in haar hand. Haar lang blonde hare is deurmekaar en slierterig, en die maskara onder haar wye blou oë laat haar soos ñ panda lyk. Sy is slank, en redelik welbedeeld vir haar ouderdom. Sy het ñ neusring in, en swart naelpolitoer ontsier haar hande. Haar denims sit ongelooflik styf, en haar naeltjie loer onder haar kort toppie uit.

  “Ek het ingekom en alles, en Ma het my nie eers gesien nie. Het Ma gehuil?”

  Adri druk haar dogter. “Hallo, Bianca, bly jy is vroeg by die huis, jy moet aan jou Biologie taak werk die naweek, nê, ek gaan jou nie weer sê nie. Nee! Ja, maar toemaar, ek het ñ bietjie PMS. Kom, daar is ñ hele pan bran muffins net vir jou. Kamma sleg vir Pa se spastiese kolon!!”

 

 

3

 

Dit is Saterdag middag, en Mika is oppad na haar pa toe. Sy hou van die krag van haar motor en die wind wat so heerlik verfrissend inwaai. ñ Paar haarslierte kom los uit haar haarknip en dans om haar kop.

  'Dankie, dankie, dankie,' dink sy en stuur ñ soentjie deur die venstertjie bo haar. 'U is die beste.' Sy sing hardop en met gevoel.. “There is none like You, no one else can touch my heart like You do...I can search for all eternity long, and find, there is none like You.” Haar stem is ryk en vol, en wanneer sy die lae note sing is dit bruin fluweel.

  'Ag, Vadertjie, ek wonder hoe gaan dit met my Paps. Ek is so bly hy het dadelik gesê ek kan kom. Was net lus om ñ bietjie te breek en weg te kom in die natuur. Ek is half plaasmeisie en half stadsmadam,' lag sy vir haarself, 'ek het altwee nodig.'

  Dit is 120 plus kilos van Centurion na waar die ou familieplaas in die Heidelberg distrik lê. Die verkeer is nie te sleg nie, en sy is binne ñ uur en ñ bietjie by die afdraai pad na Eden.

  Rooi stof omring haar kar, en sy maak gou al die vensters toe. Een na die ander maak sy die hekke oop en dan weer versigtig toe. “Die eerste reël op ñ plaas,” het haar pa haar geleer toe sy klein was, “maak altyd die hekke agter jou toe!”

  Die opstal is van klip, met ñ grasdak. Die groot stoep vou amper halfpad om die huis, met baie plekkies vir kuier in die son. Die ou tuiste lyk of dit uit die aarde groei, omring deur bome wat in swierige herfsmantels staan en spog.

  Finaal die laaste ry oor die bruggie, en sy stop onder die ou bloekomboom langs die afdakke waar die groen trekker staan.

  Sy glimlag breed en spring uit, hoor die sifdeur klap, en sien met blydskap die statige lang man wat met veer kragtige tred na haar aanstap

  Niklaas de Villiers is silwergrys met ñ silwer baard, en het ñ klein metaalraam brilletjie op sy neus. Hy het breë skouers en daar is ñ netwerk van plooitjies om sy laggende bruin oë. Sy gespierde arms in opgerolde moue is wyd uitgestrek. Sy hardloop na hom toe, en val hom om sy nek.

  “Papsie, my liefste Abba!” Hy soen haar op die mond, op die ou Boere manier, en sit sy arm om haar skouers.

  “Hallo my Poplap, so bly jy is hier. Hoe was die verkeer?”

  Hulle haal haar klein kalfsleer tassie uit die kattebak, en stap huis toe, hand aan hand, terwyl hy vir haar die tas dra. Die boerboele skarrel om hulle voete, lek en soek aandag, baklei met mekaar.

  Hy hou vir haar die gaasdeur oop, en hulle betree die ruim oopplan kombuis.

  ñ Groot geelhout tafel staan in die middel, met gemaklike hout stoele. Daar is ñ Aga koolstoof wat die vertrek verwarm. Hout kaste en rakke kreun onder gerei en bottels ingemaakte vrugte en konfyt. Daar is ñ hele paar yskaste en vrieskaste.

  ñ Mengelmoes van katte spring van die tafel af en kom miaaau om haar bene. “Is dit Liefiekat se nuutste babas, Paps? Daardie een lyk of hy Tiger s'n is...no prizes for guessing?”

  Niklaas maak vir haar tee, koffie vir homself, en vul ñ diep bord met beskuit. “Eet, my kind. Lena het spesiaal gister vir jou gebak. Jy kan ook daarvan terug neem.”

  Hulle gaan sit gesellig in die voorkamer reg langsaan, met die kolletjies Nguni vel op die vloer en swart leer banke.

  Die anysbeskuit is heerlik, geurig, dit proe soos plaas en huis. Hulle gesels rustig oor ditjies en datjies. Die koei wat seer gekry het met die kallery, die groentelande, en die moelikheid met die volk wat so onbetroubaar is.

  Hy staan op en vat haar tassie. “Kom my kind, kom maak jouself nou eers tuis. Jou kamer wag vir jou.”

  Hy stap voor haar uit in die lang donker gang, verby die kapstokke met die jasse en hoede, en draai in by ñ sonnige kamer, reg langs die stoep.

  “Alles net soos jy dit gelos het, Skat. Weereens welkom.” Hy soen haar op die neus en los haar om haar goedjies uit te pak.

  Van haar eerste kunswerke versier die mure. Haar skool lessenaar staan verwaarloosd, met opgedroogde penne in ñ ou beker daarop. Haar boekrak het nog ñ paar comics en Saartjie boeke in. ñ Riempies bank is sitplek vir teddies en hondjies, ñ paar gehawende gunsteling poppe.

  Sy gaan staan voor die venster, en kyk met vreugde uit op die groen grasperke, die pragtige blombeddings. Die groentetuin, wat Igna vir sy oupa aan die gang gekry het, en waarop hy uitsonderlik trots is. Dit voorsien vir die plaas, en ook die stalletjie op die grootpad.

  ñ Hen stap met “een twee, ses, agt kuikens,” en pik pik en skrop in die grondjies. Kry iets en roep gou al die maatjies om dit te kom kry, terwyl sy self nie haar bek daaraan sit nie. Hulle skarrel komieklik op hulle stokbeentjies om tog gou die lekkerny te verorber. Die groot swart haan lig sy rooi belle, en “koekeroekoekooooe”  uit volle bors, net om vir almal te laat weet wie nou eintlik die baas van die plaas is.

  'Ek is tuis,' dink Mika, en val met haar bene in die lug op die bed, soos toe sy ñ tiener was. 'Dankie, dankie!'

  Na ñ heerlik stap om die sonsondergang te geniet, met haar bloekomstok in haar hand, en die honde om haar, wat haar hande lek en vir haar oopbek en langtong lag, help Mika haar pa om die eenvoudige aandete van bief en tamatie sop en vars gebakte brood op die tafel te kry.

  Die ete verby, staan oom Niklaas op en gaan haal die familie Bybel in die gang. Hy plaas dit voor hom op die tafel en glimlag oor sy bril vir Mika. Sy groot bruin hand, beaard, met lang sterk vingers, streel liefkosende oor die leer van die boek.

  “Nou vir die Brood van die Lewe, my Pop. Is jy honger, my kind?” Mika glimlag met deernis vir hom, haar oë diep en eerlik. “Altyd, Pappa, altyd.”

  Na die stiltetyd kyk hulle deur die foto album.

  “Mamma was so mooi, nê Paps? Dink Pappie ek lyk na haar?” Hy vat aan haar gesig, saggies, vryf haar wang.

“Ja, Pop, daar is ñ trek. Maar eintlik is jy jou eie mensie, nog altyd gewees. Jy is amper so oud soos sy was toe sy weg is, soos ek haar onthou voor sy van Gousblom afgeval het. Wil jy môre gaan blomme opsit? Ons kan vars pluk in die oggend vroeg?”

  Hulle gee mekaar ñ innige drukkie, en sy leun in sy omhelsing in, geniet die warmte en soliede mans lyf. Die boer sluit sy deure, skakel die buiteligte aan, en maak seker dat die honde in hulle eie mandjies voor die stoof is. Liefiekat en haar bondeltjie babas is in ñ mandjie naaste aan die stoof. Sy loer vir Mika met skrefies oë, lek Tiger se strepiesbaba onderstebo en slaap verder.

  Na ñ ontspannende tydjie in die diep outydse pooitjies bad, kruip Mika onder haar ou deken in, met die pienk dogtertjies en hartjies daarop. Vandag word gister en sy slaap droomloos terwyl die wind en die bloekombos vir haar ñ wiegelied sing.

  Die volgende môre geniet hulle ñ hartlike ontbyt van spek, gebraaide uie en tamatie, roereiers, en roosterbrood, met liefde voorberei deur Lena wat spesiaal werk net sodat sy die Nonna weer kan sien. Mika het vir haar ñ mooi paar wit kerkskoene uit die winkel gebring, en hulle pas goed by haar bly wit glimlag.

  Na die maal pluk sy groen lower en ñ paar stingels van die spesiale Strelitzia wat haar moeder met soveel toewyding gekweek het. Sy het in die Kaap grootgeword, en vir haar was dit ñ herinnering aan haar kinderjare.

  Sy dra haar strooihoed wat altyd in die gang vir haar wag. Dit is al ñ bietjie oud en gehawend, en die blou lint hang pap, maar dit sit gemaklik op haar kop, en sy glimlag guitig vir haarself en Paps in die gangspieël.

  Hulle stap gesellig af na die begraafplaas, aan die onderkant van die krale. Dit is rustig, en omring deur donkergroen geurige sipresse. Daar is die grafte van die de Villierse en du Toits. Oupa, en Ouma, ooms en tantes, hulle neefs en niggies. Van die ou volk wat lank terug hulle harte en hande vir die plaas gegee het.

  Suzanna se graf is netjies versorg, met blomme wat nét aan die verwelk is.

  Mika kyk na haar pa, en hy skud sy kop. “Ja, ek was eergister hier. Mis vir haar, ek gesels graag. Sy verstaan my so goed.”

  Die ure van die dag gaan rustig verby. Mika verlustig haar aan die gebulk van die beeste, die vrolike gekwetter van voëls in die welige bome, die “koelekoelekoele” van die kalkoene, die klankies van kuikens en honde. Die vars lug doen haar goed, en die wye ruimte bokant Eden gee spasie vir haar gedagtes om te sweef en vlieg.

  Oom Niklaas verkneukel hom aan sy naby dogter.

  'Haar suster is so vêr, vir so lank al, in Engeland met haar Engelsman.' Hy sal dit vir niemand sê nie, want hy voel dit is nie regverdig nie, maar Mika se liefdevolle en oop geaardheid was vir hom nog altyd meer aantreklik. Hy hoor nooit van Elsbet nie, selfs met Kersfees bel sy nie meer nie. Hy het ñ hele paar briewe geskryf, net in die laaste jare, maar sy het nooit geantwoord nie, en hy het hom maar daarby berus. Hy weet dat die susters ook min gesels, indien ooit, wat hom hartseer laat voel, hulle was naby aan mekaar as kinders, en het die plaas vol gespeel.

  Gelukkig is daar Igna. Die ou man mis sy kleinseun baie, wat amper elke vakansie vir sy oupa op die plaas gehelp het. Hy is die seun wat Niklaas nooit gehad het nie. Hy en Mika gesels lank en met deernis oor hom, so trots dat hy braaf genoeg is om ñ jaar in Wallis deur te bring. 

  Met die pak van haar tassie plaas hy beskuit en ñ koelsak ook agter in. “Ons het geslag, hier is vir jou vars vleis, net die beste my kind. Organic, nê, soos hulle nou sê? Net so goed soos Woollies. Geniet!”

  Die vaarwel is innig en warm, hulle druk mekaar ñ paar keer, gesels weer, en oplaas is sy oppad in ñ rooi wolk van stof.

  Die ou man waai tot hy haar nie meer kan sien nie, en stap aan kraal toe waarheen Benjamin die beeste terug gebring het van die veld. Altyd goed om net te staan en kyk vir ñ ruk, ingeval een van hulle iets makeer. en om seker te maak hulle is rustig en veilig voor die nag kom.

 

 

4

 

Sy sit voor haar rekenaar, en kyk na die foto's op Facebook, giggel by haarself.

  'Kyk nou weer net hierdie pose. Hy kan so ekstrovert wees as hy wil. En tog, so diep ook.' Sy druk Like by al die foto's,  skryf dan vir hom ñ klein briefie, en stuur die boodskap.

  “Ek verlang.”

  Sy kyk terug na die profiel foto. Glimlaggende blougroen oë, wip neus, en vol mond. Blond, met ñ groot diep kloof in sy ken. Die dag op die lughawe het sy nog vir oulaas haar vinger daarin gelê, net soos met Mark, daardie laaste keer. Hy is so aantreklik, slim, dierbaar.

  'My enigste kind, my hart se punt!' Sy sien iets flikker onder aan haar skerm, daar is die bekende klank van Skype se ringtone.

  Sy kliek kliek haastig op die skerm en haar seun se gesig verskyn voor haar. Hy sit met ñ beker in sy hand, slurp luidrugtig.

  “Hallo Moeksie, how are you?  Hy glimlag en kyk direk in die kamera. “Ek het na Ma verlang, dog ek Skype gou. Dis nog vroeg hier.”

  Hy sit met sy kaal bolyf. Sy hare hang in sy nek, met die kuif vorentoe gekam. en hy het ñ tattoo op sy regter skouer.

  “Ja, die werk is lekker, ek ken al die brands. Wat? Ja, ek eet. Ma weet hier is Gregg's, en die pies is so lekker. Ja, vrugte ook, Ma weet mos. Net duur! Al die imports van Suid Afrika. Hoe gaan dit met Oupa? Ek wens hy wil ñ rekenaar koop sodat ons kan Skype, maar ek weet daar is nie juis sein op die plaas nie. Die plaaslyn is ook so onbetroubaar. Weet Ma hier is ñ South Africa shop, maar die biltong proe nie soos Eden s'n nie. Die beskuit ook nie.”

  Haar hart is warm, haar bors vol liefde. Sy kyk met ñ fyn moedersoog na elke uitdrukking en beweging, bly om hom so naby aan haar te kan voel. Die afstand tussen hulle krimp tot niks, en hulle omhels mekaar met woorde en glimlaggies en gemoedelike stiltes.

  Die afskeid vat ñ tyd, met baie “Baai's,” en “Love you's en “Mwah's.”

  Sy borsel haar koper hare. 'Tien, elf, twaalf..' Dit skyn in die sagte lig, kartel oor haar skouers. Die groen kimono komplimenteer haar gelaatskleur.

  'Lekker om van my seun te hoor.' Daar is ñ vrede in haar. 'Hy lyk en klink goed, baie goed. Ek is bly, so bly. Vandag was besig, en ek is moeg. ñ Lekker chamomile tee, en dan is ek in droomland.'

  Haar sel lui, en speel die spesiale deuntjie wat sy gister as ringtone opgesit het vir Adri. “You are the wind beneath my wings.”

  Sy duik vir die foon in haar handsak, kry dit nie, en gooi alles op die bed uit. Gelukkig kry sy dit in die hande voor dit ophou lui. “Adri, Dahling, hoegannit? Ek is poegaai. Wat maak jy, dis al laat? Is jy nie ñ early bird nie? Ek is mos die naguil?”

  Adri se stem klink sag aan die ander kant. “Kan jy nou gesels? Ek het nodig om net te chat.”

  Mika stap kombuis toe, en maak tee met die een hand, tot sy die foon op speaker fone sit. “What's up?”

  “Ek weet nie wat gaan aan met Frans nie! Hy kom so laat elke aand nou by die huis, en hy steur hom nie aan my nie. Laas naweek het hy my muffins in my gesig terug gegooi, so te sê. Hy is weird en geheimsinnig, en ons het drie weke laas seks gehad. Jy weet mos hy het ñ hoë sex drive. Dit is ongewoon. Hy lyk nie siek nie, eintlik die teenoorgestelde..”

  “So, wat sê jy vir my Girl? Mika proe aan die warm tee. 'Oppas nou vir my mooi Persiese mat in die gang, netnou mors jy.' Sy gaan sit versigtig op die bed, en wikkel haar tone onder die duvet in. “So you're saying?”

  Adri word stil, en toe sy weer praat klink sy histeries.

  “Ek dink, ek vermoed, hy sien iemand anders. Ek voel dit in my guts. Daar is iets verkeerd, Mika!”

  Sy luister geduldig. “Nou ja, dan moet jy jou oë begin oophou, okei? Watch hom. Hou hom dop en rapporteer  enige vreemde handelinge volgende Vrydag weer aan my. Maar probeer om nie te veel te worry nie, jy weet jy doen. Dalk is sy libido nou besig om meer normaal te raak.”

  Hulle giggel vir ñ oomblik. “Okei dan, goodnite, sleep tite,” sê Adri, “and don't let the bedbugs bite,” sê hulle gelyk en druk die rooi knoppie.

  'Ahhh, salige slaap' dink Mika, maar toe sy die lig afsit kan sy net nie gemaklik raak nie. Sy skud haar kussing reg, gooi die duvet af en sit dit weer oor haar. Lê op haar rug en maag, maar die slaap ontwyk haar.

  'Frans, ñ affair? Dit is nie onmoontlik nie.' Hy het al ñ paar maal vir haar in ñ hoek probeer druk op partytjies waar hulle saam was deur die jare. En daardie een keer op die stoep by die strandhuis toe hulle saam Plettenberg Baai toe was. Sy het dit nog nooit vir Adri genoem nie, want sy weet hoe sensitief haar vriendin is. Sy het hom goed op sy plek gesit, verskeie kere, en hy weet hy het nie ñ kans by haar nie. Hy was ñ player op 'Varsity, verseker, almal het dit geweet, maar hy was so aantreklik, die meisies het met vreugde vir hom geval. Hy het egter nooit lank met een uitgegaan nie. ''Commitment issues, dalk? Sê maar dit is so? Wat sal Adri maak? ñ Senu ineenstorting hê, heel moontlik.' “Nee, kom Mika, hou op om so ñ drama queen te wees!”

  Eventueel raak sy aan die slaap, en droom dat Frans haar vir die naweek weggenooi het, en nie nee vir ñ antwoord wil vat nie.

 

Dit is Vrydag, en vroeg die oggend is die tante weer voor haar deur, dié keer in blou. Haar hare is netjies gedoen, en haar gesig gepoeier en gepaint. Haar mollige lyfie is stewig, en sy het nog ietwat van ñ middeltjie. Haar kuite is goed gevorm, haar enkels dun.

  Mika laat haar in. Toe sy die tee op die tafel neersit, nooi sy haarself en sit ook aan.

  “Gaan dit goed, Tante?” vra sy. “Kry gerus van die beskuit, my pa het dit vir my saam gestuur. Hy woon op ñ plaas naby Heidelberg.”

  “Heidelberg,” sê die tante, “ek het op ñ plaas grootgeword anderkant Balfour. Wat is sy naam?” “Niklaas de Villiers.”

  “My maggies! Lank, breë skouers, het in sy jong dae Rugby gespeel vir Transvaal?” “Ja Tante, ons het van sy bekers in die showcase.”

  “Kan jy dit glo? Ons het na dieselfde plaasskool gegaan! Dit was op Mooi Fontein, net so tussen die dorpe. Toe ons altwee later moes kosskool toe het ek hom nou en dan by funksies, of op die dorp raakgeloop. Ek het ook aan ñ toneelgeselskap behoort, en hy het van die opvoerings bygewoon.”

  Sy lag en trek ñ dramatiese gesig, vol mond en hoë vraagteken wenkbroue, sê in ñ diep heserige stem, “Dit was my droom jy weet, om ñ aktrise te word!” Mika lag hardop, slaan met haar hand op haar been.

  “Hy was so twee jaar voor my. So, hy leef nog! Wonderlik! En boer steeds? Hy is gelukkig. Ek het met ñ boer getrou, maar ons het ons plaas verloor, en in later jare het ons maar daar op Blanco ñ klein stukkie grond besit. Net om naby die natuur te wees.”

  Sy praat geesdriftig, met baie handgebare. Haar oë skitter en sy lyk meteens soos ñ vrou van jare jonger.

  “Stuur vir hom groete, hy sal só verbaas wees, hy sal my nie herken nie, ek is nou ñ ou lady,” lag sy, druk haar haredos versigtig in plek. Sluk haar tee, en geniet elke krummel van die beskuit. “Wel, ek is oppad. Hier is die geldjies.”

  Mika druk dit terug in haar hand. “Hou dit Tante. Wat is Tante se naam, sodat ek vir Pappa kan sê?” “Johanna Stander.. Ek is nou van Vuuren, natuurlik.” Sy staan flink op, vat haar handsak en met ñ wuif van die hand sien sy haarself by die deur uit.

  'Kan jy glo,' dink Mika terwyl sy opruim, 'Pappa sal dit amusant vind! Vanaand moet ek gou klaarmaak want Adri kom. Ek wonder wat haar speurwerk opgelewer het?'

  Sy is druk besig deur die dag. Talle vroue kom in om die klere deur te kyk of aan te pas.

  Die swart dames veral vind die winkel hoog modieus, en kom ingestap met luide gesels, pruike en extensions, hoë hakke en wiegellywe. Die teetuin is besig en sy moet twee keer nog ñ kaaskoek kry by die tuisnywerheid, wat gelukkig ook in die kompleks is.

  Sy vind dat van die kliënte graag deur haar bedien word, en ook dikwels ñ geselsie aanknoop. Dit vat nogal baie van haar. Sy het al ñ paar dames beraad, en ken ñ geheim of twee.

Haar voete is seer en sy verlang daarna om net die deur toe te druk en die dag agter haar te kry. Toe sy dit wel kon doen, kom ñ lang nors vrou in, staan rond, vat aan alles, draal rond en koop op die ou end niks.

'Ai, die mensdom! Geduld, geduld, Rooihaar Vrou. Hou jou smile op sy plek.'

  Adri is laat, en Mika het tyd om so ñ bietjie in haar ateljee aan die pouveer prent te werk. Dit kom goed aan, en sy is tevrede. Haar hande het verf aan, en sy neurie saam met  Diana Krall. “Alll or nothing at alll...please don't put your lips so close to my cheek..or I'll be lost beyond recall..”

  Haar selfoon lui, en sy weet dat Adri in die sentrum is.

  Gou haar hande en kwaste was voor die verf hard word, vinnige kyk in die spieël en vryf aan die blerts aan haar wang, en sy gaan om haar vriendin te omhels en in te nooi.

  Hulle sit gesellig op die fluweelbank met glasies en ñ bord toebroodjies wat Mika vroeër voorberei het.

  “Toe, vertel alles!” Sê Mika, en rek haar oë groot. “Sê vir my?” “Wel,” Adri lyk bang, “ek het iets op sy rekenaar gekry. Ek het nie bedoel om te snoop nie, wou maar net die inkomste belasting uitsorteer, en toe sien ek dit!” Sy maak haar gesig met haar hande toe, “Ek kan dit nie glo nie.”

“Wat?” sê Mika besorgd, en sit haar hand op haar vriendin se been.

  Adri kyk deur haar vingers na Mika. “Prentjies, fotos van kaal meisies. Dis walglik...pornografiese fotos!” Trane stroom teen haar gesig af. “Wat beteken dit? Ek vra jou, sê vir my Mika, wat beteken dit??”

  Mika se bors ruk van skok, maar sy probeer om dit nie te wys nie. 'Genade, my arme vriendin... dit is skrikwekkend!' Sy neem vir Adri in haar arms, hou haar vir ñ ruk daar.

  Die vriendinne bespiegel oor die betekenis en implikasie van Adri se ontdekking. Sy raak eventueel rustiger, maar die restaurant oorkant die plein as al gesluit toe ñ klein blonde vroutjie met hang skouers by die deur uit is.

  Mika staan en kyk haar agterna terwyl sy wegstap, met bruin dooie blare wat knars onder haar voete, die bome bokant haar kaal, sonder bedekking en beskerming..

 

 

 

 

 


Submitted: June 30, 2013

© Copyright 2020 Huldah. All rights reserved.

Chapters

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

Add Your Comments:

Comments

Huldah

Still looking for the app to edit my work. Need to delete the name and sort the preamble. My apology, first time. The E book seems to be a jumble of letters and gobbledegook....

Sun, June 30th, 2013 9:21am

Huldah

Better now. Still a few imperfections, and must try to upload the PDF versions. Trial and error.:)

Mon, July 1st, 2013 5:25am

More Religion and Spirituality Books

Other Content by Huldah

Book / Religion and Spirituality

Book / Religion and Spirituality