Chapter 10:

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

Status: Finished  |  Genre: Religion and Spirituality  |  House: Booksie Classic

Reads: 550

37

 

Die jonges is vroegdag op om hulle geskenke oop te maak. Daar is ñ gelag en gesels uit die voorhuis, terwyl die ouer garde nog ñ bietjie tussen die lakens vertoef.

  Later, na koffie en beskuit maak die grootmense hulle s'n oop.

  Tante Johanna het vir oom Niklaas ñ maroon trui gebrei  wat goed lyk by sy silwer hare. Hy trek dit dadelik aan, en streel vergenoegd oor die kabels. Hy omhels haar, hou haar daar. “Jý is my krismis persent,” fluister hy in haar oor. “dankie my Nooi.”

  Hy gee vir haar ñ nuwe naaimasjien, omdat hare nog gestoor is by die huis in Blanco wat sy nou teen ñ goeie prys uitverhuur.

  Igna het vir sy Moekie ñ pragtige reënboog geweefde tjalie met ñ silwer draad in gebring. “Want Ma is my Gypsy Lady,” lag hy, druk sy gesig in haar koper krulle, en snuif lekker diep.

  Sy het vir hom ñ nuwe kamera met meer pixels as sy oue, en wat ñ lang video kan opneem.

  Jana het vir Mika duur verfkwaste van die fynste sabelhaar gestuur.

  “Ma,” sê Igna, “hier is nog ietsie vir Ma..dit is van Mark.” Hy haal ñ klein pakkie uit sy sak. “Hy het gesê ek moet dit vandag vir Ma gee.”

  Mika se oë vul met trane. “Regtig, my kind?” Sy vou dit in haar hand toe, druk dit teen haar liggaam. Onthou die pakkie in haar handsak. “Verskoon my,” sê sy, “ek sal nou nou terug wees.”

  Sy stap in die gang af kamer toe, en plaas die geskenk langs die ander een in haar rooi leer handtas. Toe sy terugstap kombuis toe, sien sy Susanna se wyse gesig in die blink raam, en staan vir ñ paar oomblikke stil daar.

  “Geseënde Kersfees Moeksie. Sê vir my, help my, ek het ñ teken nodig.”

  In die klein eenvoudige werkershuisie met sy nuut gepleisterde krake word die twee mense langs mekaar wakker, vir die eerste keer in maande. Hulle is vroeg al aan die gesels, en kyk saam hoe die son opkom.

  Frans het koffie gemaak vir hulle en sy sit knus langs hom op die bed. Haar hare is deurmekaar, haar oë blink, haar vel gloeiend. Hy glimlag vir die soveelste keer vir haar, soen haar nog ñ keer. “My mooiste Meisiekind in die wêreld” sê hy, “weet jy hoe sexy jy is?”

  Later toe hulle uitstap is Bianca daar. “So Ma, uhhh Ma en Pa...???” “Ja, my Skat, ek bly hier by Pappa in die huisie. Het jy goed geslaap?”

  Frans lyk aantreklik in sy nuwe hemp. Hy het gereël om ander bande op Adri se motor te laat sit, en het vir haar ñ groot bottel van haar gunsteling parfuum gekoop. Hy oorhandig Bianca se geskenke.

  Bianca sit die hoed op, pronk rond, bewonder die stewels, ruik aan die leer. Sy trek hulle aan, en hulle is nommerpas.

“Ag, cool, ag mega cool, sê sy, en soen haar ouers om die beurt. “Dankie, dankie dankie,” lag sy, en gaan huppelend die huis in om vir die pêlle te wys.

  Die plaasvolk ontvang hulle jaarlikse bonus, en ñ groot kospakkie met dankbare glimlagte. Ou Benjamin se vrou maak bak hande, en verlustig haar in die oorvloed. Ben het in sy spaar ure ñ bloekom stapstok gekerf, wat hy met seremonie aan Niklaas oorhandig. Sy vrou het ñ mandjie met sonneblomme gevul, wat sy skaam vir Johanna gee.  “Vor die nuwe Mêddem!”

  Daarna maak almal reg om kerk toe te gaan op die dorp, en hulle ry in ñ paar motors.

  Die diens is inspirerend, die ou Kersliedjies pragtig soos altyd. Johanna se stem is hoog en soet, en klink helder en duidelik bo die ander stemme uit.

  Terug by Eden word die feesmaal op die tafels geplaas, en almal help. Oom Niklaas en Igna het nog ñ tafel bygelas, sodat daar genoeg plek is. Tante Johanna, met die hulp van die getroue Lena, het alles uitgehaal, en die tafels kreun onder ñ skaapboud, twee kalkoene, ñ hele paar hoenders, en heerlike plaasgroente en slaaie. Op die sideboard wag die poedings...lekker bruinpoeding, ñ jamtert, trifle, vla, met roomys reg in die yskas.

  Voor die ete vat almal hande, en elkeen sê in sy eie woorde dankie vir die Baba van Bethlehem, wat ook die  Koning van die Heelal is. Toe dit by Frans kom, praat hy met sterk sekerheid.

“Ons weet Meester, dat hierdie datum nie U geboortedag is nie, nogtans dink ons aan U en U blye koms. Dankie Vader vir U Seun, en vir die vergiffenis en versoening met U wat U moontlik gemaak het deur Hom vir ons, amen.”

 

Die volgende paar dae is ñ goue droom..sonskyn en somer..so veel om te eet. Die vrugteboorde is vol, en die takke buig onder die soet lading. Elke nou en dan stap iemand af om die ryp heerlikheid te verorber.

  Die tieners is in die dam, meeste van die tyd, of gaan stap, en geniet die wonderlike vryheid wat hulle beskore is vir die vakansie. Igna maak die seuns touwys met die boerdery. Bianca en Frans spandeer baie tyd aan haar perdry lesse. Môrester is geduldig met haar, dit is duidelik dat Bianca talent het, en sy leer gou. Mika en Adri het ñ kans om te gesels en op te vang, en stap oral op die plaas rond, met hulle strooihoede en stapstokke. Tante Johanna speel met haar nuwe masjien, en is druk besig om mooi vars gordyne vir haar en Niklaas se slaapkamer te maak. Oom Niklaas en Igna is amper onafskeidbaar, en die band tussen hulle hegter as ooit tevore. Igna en Mika maak ook gereeld tyd om met mekaar te spandeer, en hulle hartsakkies vol te maak vir die toekoms. Adri en Frans is dikwels saam, en in die aande agter die toe deur van die klein huisie bereik die brandende passie en begeerte van ñ man vir ñ vrou, sy eie vrou, ñ uiterste hoogtepunt.??????????

38

 

Oujaarsdag kom Wicus en sy musiekmaat André laat in die middag op Eden aan. Dieselfde skuur wat vir die troue gebruik is, word nou weer versier vir die dans. Almal in die kontrei wat nie weg is nie, is genooi, en dit belowe om ñ jollie aandjie te wees. Daar's ñ skaap op die spit, en dié wat kom bring die res wat hulle nodig het.

  Igna ontmoet vir Wicus in lewende lywe, en die mans voel ñ onmiddelike aangetrokkenheid. Igna help die musikante om hulle goed in te dra, en kyk met groot belangstelling terwyl hulle die toerusting opstel.

  Mika is van die oggend af senuweeagtig, afgetrokke. Sy het alleen in die bos gaan stap, vir haar ma blomme opgesit, lank by die graf gebly. Sy het nog nie die twee geskenkies oopgemaak nie..

  Met Wicus se  aankoms is sy nie op die werf nie. Later, toe sy terugkom van haar lang stappie, kry sy hom in die skuur.

  Hy sien haar eers nie, werskaf met sy toerusting. Fokus, soos mans dit doen, stel hier, draai daar. Toe hy opkyk, sien hy haar op ñ baal sit, in ñ geel katoen rok, met haar strooihoed op.

  “Mieks,” sê hy “Mika Meisie.” Hy stap na haar toe, stop voor haar, onseker. Soen haar vinnig op die mond, staan terug. “Hoe was jou Kersfees?”

  Mika is vol deernis, onsekerheid, verlange. Hier staan hy langs haar, lyk so sexy in sy blokkieshemp en denims, en  cowboy boots. Hy het die naskeermiddel aan wat sy vir hom gekoop het, op hulle eerste maand anniversary.

  “Jy lyk asemrowend,” sê hy, “die vakansie het jou goed gedoen.” Hy kyk na haar hand. “Het jy jou persent oopgemaak?” Sy kyk na hom, kyk weg, sê saggies, “Nee, Wicus, ek het nog nie, ek het dit solank gebêre.”

  “Toemaar” sê hy, en sy oë blits, “moenie verduidelik nie, ons los dit!” Hy stap weg, verstel aan ñ mikrofoon. “Ek sien jou later okei, ek moet nog hierdie goed in orde kry.”

  Mika stap terug na die huis en gaan sit op die swaaibank op die stoep. Heen en weer, heen en weer, swaai sy, soos toe sy ñ dogtertjie was. Mark het die vorige aand uit Cheltenham gebel op die landlyn, en wonder bo wonder kon hy deurkom. Die lyn was goed, en nadat hy met Igna gepraat het, en hulle het lank en diep gesels, sy daar in die donker gang op die ou leunstoel, by die jasse en hoede.

  Mense begin aankom, en hartlike groete en groot uit die maag Boere oom lagte vul die werf. Die vrouens het baie om oor te gesels, en sit en kloek op die stoep, in die kombuis, en oral.

  Die sonsondergang is dramaties. Die wolke is bloedrooi bevlek, die kleur vloei oor die velde, die laatmiddag lig is vreemd en ongewoon.

  Dis ñ heerlike geleentheid vol pret en geselligheid. Die tieners geniet hierdie wêreld van gemoedelikheid en vriendelikheid wat ongekend in die stad is. Weereens is die konsertinaman daar, en elke nou en dan roep ñ diep basstem... “Balke toe!!!” Die jong paartjies probeer lag lag om te langarm, en Frans en Adri is in hulle element. Ook  Niklaas en die ligvoetige Johanna het ñ geleentheid om op te maak vir verlore jare. Wessel Wessels is ñ goeie danser, en ñ hubare oujongkêrel, en die meisietjies staan giggelend rond en hoop dat hy hulle tog asseblief ook vir ñ dansie sal vra.

  Mika het besluit om maar vroeg kamer toe te gaan. Wicus se nabyheid is vir haar net te veel. Gelukkig is haar kamer ver van die skuur af, so die jolyt pla haar nie. Die lyn is af in die gang vanaand, so sy weet dat sy nie ñ oproep van Mark sal kan kry nie.

  Sy sit in haar klein dogtertjie kamer, met grootmens besluite, staan lank voor die venster. “Goed, ek sal die pakkies oopmaak...now or never!”

  Sy plaas haar rooi handsak op die bed, haal die twee pakkies uit. Tel hulle een vir een op. Hulle is amper ewe groot, en ewe swaar. Sy tel Wicus se pakkie op, sit daarmee op haar skoot, begin om die lint en papier versigtig af te haal.

Sy maak die dosie oop. Die ring is in die Art Nouveau styl...klein goue blaartjies weef oor die band, met ñ rooi robyntjie in blommetjies regom. Aan die binnekant is ñ inskripsie..- Lied van my hart.- en MW in letters wat aanmekaar geweef is.

 

39

 

 Die tieners het besluit dat hulle daardie aand in die bos gaan slaap. Oom Niklaas kry vir Igna stil agter die huis.

  “Goed Igna, dan moet jy asseblief saammet die kinders gaan kamp, my seun. Hou jou oë oop asseblief, soos ons afgespreek het nou die môre, goed so?” “Ja, Oupa, verseker!”

Niklaas vat hom om die skouer, druk hom onder sy vlerk in. “Dit is goed vir my om jou weer hier by my te hê, Igna. Jou Oupa het verskriklik verlang. Tyd dat jy terugkom na jou erfenis.”

  Igna glimlag vir Niklaas. “Ek ook Oupa. Dankie dat Oupa vir my geleer het om ñ boer te wees. Ek kan nie wag om terug te kom na Eden waar ek behoort nie. Hoe hou Oupa van my baard?” vra hy weer.

  “Indrukwekkend, Meneer de Villiers! Jy het nou ñ man geword!” “Dankie Oupa! Goed, ek sal hulle oppas, Oupa kan my vertrou!”

 

  Kort na middernag gaan die jongklomp na hulle kampeerplek in die bos, wat hulle die middag al klaar ingerig het. Tente, slaapsakke, vuurmaakgoed, flitse, water en heelwat eetgoed. Warm baadjies vir die moontlike koue.Môrester is in die kamp reg langsaan, want Bianca het besluit sy wil vir oulaas nog ry. Sy het al goeie beheer oor die dier, en voel stilweg trots oor haar handtering van hom. Sy het die saal en teuels eenkant gesit op ñ stuk seil, en dit netjies toegegooi.

  Die laaste mense is weg, met ñ lag en gegroet, en die werf is stil. Wicus slaap oor en hy kruip in op ñ matras in die rondawel. Frans en Adri is weer in hulle klein wittebrood huisie, knus bymekaar.

 

  Die beeste is rustig in die kraal. Nou en dan snork of snuif een. Die weemoedige huil van ñ jakkals klink in die stilte.

Die nuwe stoetbul is wel onrustig. Hy is in sy eie kamp toegemaak, weg van sy koeie. Hy snork en snuif in die rigting van die rante, gee ñ hoë penetrerende skree..Daar is ñ geskuifel, ñ sagte gemompel, ñ onbekende reuk op die lug. Die bul skal weer.

  Leeu, wat voor sy kas met een oop oog gelê en droom het, word wakker en begin kwaai blaf.

  Frans word wakker, sit regop, vryf sy oë. Staan op en gaan staan by die venster. Leeu is op van sy lêplek en patrolleer die werf, snuif snuif, tjank ñ bietjie. Frans vat sy geweer, stap uit, laai dit..'Nee alles lyk rustig,' maar tog, hy voel onrustig oor die kinders.

  Hy gaan terug in die huis in, trek sy langbroek aan, kouse en stewels, ñ baadjie. Hy besluit om af te stap na die bos en net seker maak alles is reg. Hy sluip versigtig om die huis, trapsoetjies, en vat die paadjie wat tussen sy huisie en die skure loop, gaan katvoet om die geboue. Leeu hardloop voor hom uit, snuif snuif in die paadjie, bly vir die

nagtelike avontuur. Die lug is koel en vars. Die kanfer reuk van die bloekoms is sterk in die neusgate. Frans stap stadig met skerp oë af bos toe, luister goed.

  Daar gekom voel hy verlig. Die kinders lê rustig in hulle slaapsakke, veilig in droomland. Igna sit met sy .22 op sy skoot, met sy rug teen ñ stomp.

  “Alles reg Igna?” sê Frans. “Ja, Oom..maar ek hoor die bul is onrustig, en Leeu blaf. Dink Oom dit is dalk jakkalse wat agter die hoenders aan is?”

  “Miskien, hou jou oë oop. Goed, ek stap terug, as daar ñ krisis is, gee vir my die uilroep wat ons geoefen het. As jy drie keer roep, sal ek kom kyk. As ek drie keer roep, sal jy kom kyk, afgespreek?”

  “Goed Oom Frans” Hy salueer, glimlag, “afgespreek.” Hy krap Leeu se ore, en die hond gaan lê langs hom op die slaapsak.

  Frans stap terug na sy huisie, sit sy geweer reg by die deur, skuif langs sy vrou in, met sy stewels aan. Hy slaap nie, en lê met sy arms agter sy kop, oë oop in die donker.

 

ñ Skraal man met ñ balaklawa oor sy gesig sluip voor, wink vir die twee mans om hom te volg. Elkeen het ñ geweer, en waai dit onverskillig rond. Hulle gaan staan ñ ent van die bul se kraal af, wat steeds staan en snuif. Sy massiewe skof en gespierde lyf is uit rots gebeitel, sy horings blink sekels in die maanlig.

  Die leier lig sy duim in ñ thumbs up teken, die ander skud hulle kop, Ok! Hulle sluip aan, nader aan die rondawel. Die voorste man het ñ bos sleutels wat hy versigtig uithaal, en die deur met ñ sagte knerts oopsluit. Wicus slaap op sy kant, met sy hand voor sy gesig. Hy word wakker, met ñ vreemde reuk in die kamer. Hy maak sy oë oop, verskuif sy posisie versigtig, sodat hy kan sien. Die donker figure gesels gedemp, begin van die kos in sakke laai. Hulle gewaar hom nie waar hy agter ñ klomp houtkratte op sy matras lê nie. Die persone gaan uit, hy hoor die knarts van die sleutel in die slot.

  Wicus sit dadelik regop. 'Wat nou gemaak??' Hy gaan staan by die venster, skuil agter die ou gordyn.

  Die voorste man wink met die hand na die helpers wat die sakke dra, wys hulle moet wag. Hy gaan staan langs die gebou en urineer teen die raam van die windpomp, maak tydsaam sy broek weer vas. Kommm, wys hy met die gehandskoende hand....hulle sluip na die bul se kraal toe. Die leier klim oor die heining, bekruip die bul van agter af...een van die ander gaan staan voor die hek om dit oop te maak.

  Intussen het Niklaas wakker geword met die geblaf van Leeu. Opgestaan, sy skoene aangetrek, sy geweer gevat en in die kombuis gaan sit. Hy vryf die honde om hulle stil te hou. Sy instink vertel vir hom daar is iets verkeerd op sy plaas, waar hy sy hele leeftyd al woon. Hy ken die plek soos die agterkant van sy hand, en het koue winters en droogtes en sterftes op hierdie geliefde stuk aarde trotseer. Hy hoor nie nou vir Leeu, nie, dit is ñ goeie teken. Maar daar is die bul se deurdringende roep weer, daar is duidelik iets glad nie pluis nie. 'Miskien moet ek hom sommer gou terugsit by sy koeie, anders hou hy my die heel nag uit die slaap,' dink hy ietwat verergd.

  Mika lê wakker. Sy het van tyd tot tyd ñ bietjie geslaap, maar die keuse wat sy genoodsaak is om te maak is ñ pendulum wat  haar van een liefde na die ander laat swaai, en sy lê onrustig en wag vir die môre om te kom.

  Wicus trek sy tekkies gou aan. Hy het in sy tracksuit broek en hoody geslaap. Hy stap na die venster aan die agterkant van die rondawel, maak die knip oop, en swaai sy lang bene oor die vensterbank. Hy bukloop versigtig teen die muur, vinnig langs ñ laning bome, arriveer by Frans se deur, wat oop is agter die gaas.

  “Frans....Franss!”

  Frans is helder wakker, staan onmiddelik op, en is met een sprong by die deur. “Frans, dis Wicus...daar is mense op die werf...hulle het nou in die rondawel kos en goed gevat. Hulle het gewere.”

  Frans kyk hom geskok aan, dink vir ñ oomblik. Hulle gaan staan langs die waskamer, verskuil agter die stoepie.

  Oom Niklaas se silhouette verskyn in die agterdeur, sy geweer in sy hand. Hy druk sy hoed diep op sy kop, en begin aanstap na die kraal waar sy stoetbul brul.

  Die leier van die groep klim weer terug oor die hout heining, sluip om die kraal, koes agter ñ Aloe bos.

 Kom van agter, en rig sy geweer op die ou Boer.

  “Jy moet sêt neer die gaweer, Opa,” sê die stem van Thabo. Niklaas draai om, en kyk vas in die loop van ñ geweer...en swart oë wat met haat boor deur die skrefies van die balaklava.

 

  “Hulle is te goed bewapen Wicus, ons sal ñ plan moet maak en hulp kry,” fluister Frans, sy gesig dodelik ernstig. ñ Spier trek in sy wang. Hy maak Adri dringend wakker, gryp haar rof aan die skouer. “Adri, jy moet wakker word, hier is krisis op die werf. Hier is mense, jy moet wegkruip.. vat die beddegoed, dan klim jy hier in die solder, okei? Wees stil.” Hy gee haar ñ vinnige soen, help haar om deur die gat in die dak te klim, gee vir haar komberse aan. “Jy beter ñ bottel water ook by jou hou. Hy maak dit vol en gee dit vir haar, ook die pienk enamel pot wat in die hoek met ñ plant in pryk. Hy kyk in haar bang oë, glimlag skeef vir haar. Haar hare is deurmekaar en sy het slaapkreukels op een wang. “Bly hier, en bid, ons gaan hulp soek.” Sy waai vir hom, skuif gehoorsaam die klap van die soldergat toe, kniel op die komberse. “Onse Vader wat in die Hemel is”...

  Frans tel sy geweer op. “Ons moet hulp soek by ñ plaas langsaan. As ons nou iets doen gaan ons die lewens van almal in gevaar stel. Sluip jy om die huis en gaan waarsku vir Mika en tante Johanna. Ek gaan nou na Igna en die kinders om hulle te waarsku. Kruip julle dan maar iewers weg, daar is hooibale in die onderste skuur, dit is ñ goeie plek. Wees versigtig, ek sal versterkings bring. Kan jy ñ geweer handteer?” “Ja,” sê Wicus, “ek het aan ñ skietklub behoort toe ek jonger was.” “Goed, hou jy dit. Hier is ammunisie. Wees sterk en dapper, wees vol moed!” Hy klap hom op die skouer, sluip weg om die geboue soos voorheen. Af met die paadjie na die bos waar die kinders slaap. Toe hy die werf verlaat gee hy die uilroep.

 “Ooohoo, oohoo, oohooooo!”

  Hy ontmoet vir Igna op die paadjie net buite die kampplek, met Leeu by sy hakke. “Ek het die roep gehoor, is daar fout?” sê hy, en vryf oor sy baardjie met sy hand, sy jong gesig bekommerd. “Ja, daar is vreemdelinge op die werf, en hulle het vir oom Niklaas. Hulle het gewere, drie. Wicus het jou Ma hulle gaan waarsku, en ek wil hê jy moet die kinders wakker maak, en stilletjies dieper in die bos in sluip. Vat net die nodigste, hou hulle stil. Bly daar, ons sal moet sien hoe dinge ontwikkel.”

  Hy vat hom aan die skouer. “Pas hulle op. Ek vertrou jou! Ek gaan vir Môrester vat en daar na Wessel Wessels toe gaan. Probeer jy ook maar weer bel op jou sel, hier is die polisie se nommer, maar ek weet daar was nie sein nie, Bianca hulle het vroëer knaend probeer bel. Ek weet ook dat die plaaslyn nie werk nie. Die radio is in die kombuis, ons sal nie nou dit kan gebruik nie.”

  Igna draai dadelik om, en begin die tieners een vir een versigtig wakker maak.

  Frans gryp die saal en toom van onder die seil, en stap haastig en langbeen oor na die kamp waar Môrester wei. Daar is donker bome om die kampie. Die gras is vol dou en maak sy broekspype nat. Koue sterre wink ver bo hom, hy kyk op...prewel ñ dringende gebed.

“HELP ONS JESUS!”

  Hy maak die kampie oop, stap na sy perd wat wit in die maanlig glinster. Vat aan sy sagte bek, fluister in sy oor. Hy saal gou die dier op, sit die halter in sy bek, swaai homself in die saal.

  “Gaan, Môrester, nou moet jy gaan!!”

  Hy ken die plase al goed en weet waar al die paaie en hekke is. Hy stuur hom versigtig en suutjies oor die eerste veld, en sit dan sy stewels in sy flanke.

  Man en perd word een wyl hulle met passie voortspoed in die nag..die man gevul met ñ Mag wat hom aanspoor, dryf, bekragtig.

  Frans hamer aan Wessel se groot hout voordeur. Hy en die perd is natgesweet. Daar is skuimbolle by Môrester se bek, en sy neusgate is wyd. Frans hak die teuels om die stoepreling, vee oor die nek van die dier..

Wessel kom swaarvoet in die gang af, “Wie is daar?? kom die kwaai stem. Hy sit die stoeplig aan. “Dit is Frans, van Eden! Daar is groot moeilikheid, ons het jou nodig!! Wessel stap uit in ñ slaapbroek en kaal bolyf, vryf oor sy oë met armspiere wat bult.

  Frans vertel gou wat gebeur het, en die situasie soos dit was toe hy by Eden weg is. “Goed, ons gaan dadelik die radio gebruik. Hulle haas in die kombuis in, Wessel tel die mondstuk op, druk die knop in. “Aandag alle Eendrag stasies!! Dit is die Wolraad Woltemade. Ek benodig bystand op Eden...aandag alle Eendrag stasies!!

Onmiddelik is die noodsein uit in die kontrei, penetreer dit elke huishouding.

  “Kom ons vat die perde, hier is vir jou ñ geweer.” Hy gooi die sakkie ammunisie vir Frans. “Gee gou vir Môrester water, hy het dit nodig, drink jy ook. As ons die voertuie gebruik sal hulle ons te maklik gewaar.” Hy trek haastig aan, sit sy hoed ferm op sy kop. “Kom ons gaan tot by die bos, en dan praat ons verder. Dalk sal ons te voet na die huis gaan, of dalk te perd, kom ons dink terwyl ons ry.”

  Binne minute is die vasberade mans sy aan sy op die rûe van die kragtige diere, met donderende hoewe wat in Morse kode ñ noodsein uitstuur in die luisterende nag.

 

  Oom Niklaas laat sak sy geweer stadig, hou dit laag.

  “Djy moet hom sêt daar,” sê Thabo, en beduie na die omheining. Oom Niklaas sit die geweer neer, rig sy hande op.

“Thabo!!! Waar was jy al die maande, ek dog jy is dood??” Die swart oë agter die masker knip, word vogtig.  “Daardie bakie hy ês stêkken. Hy stôp wanneer hy wêl. Hy het gabreek daar by die”...hy bly stil..  “daar by die velt, vêr. My vrou het vir my gasê die Poliets soek vor my. Ek was bang.”

  “En nou? Jy kon mos huis toe gekom het, Thabo??”

  “Nee my Baas, ek kôm nie weer by die hys.  Ek baklei nou vor die Freedom.”

  “Wat bedoel jy,” vra die ou man, vee ouder gewoonte oor sy hare.

  “Staan stil Opa!” hy waai met die geweer in die ou man se gesig. “Ons gan maak die Rewolusie...ons soek die Uhuru...ons wêl vat die plase en die myne en die hyse...hierdie plaas ek gaan hom vat....hierdie bul ek gaan hom vat. My voorvaders helle soek die offor...ek moet hom slag.”

 

Wicus stap versigtig om die huis...soetjies van boom tot boom. Die honde in die kombuis blaf...word weer rustig. Hy gaan by die voordeur in, en kry vir Mika in die gang.

  “Ek is onrustig, is alles orraait?” “Nee, daar is mense hier met gewere, hulle het jou pa! Kom, ons moet Tante Johanna wakker maak.”

Tante Johanna sit op die kant van haar bed en trek haar wol slippers aan. Sy is in ñ groot pienk nagkebaai wat tot op haar voete hang.

  “Tante, luister mooi. Daar is mense hier, hulle het gewere. Ek wil hê Tante moet saammet Mika na die agterste skuur gaan, wees tog versigtig, gaan kruip agter die bale weg, reg so? Bid asseblief, ons het dit nou so nodig.” Hy vat aan Mika se arm, kyk diep in haar oë, soen haar hard op haar mond. “Vat ñ duvet, dan is dit dalk beter. Ek het jou lief!”

  Wikus sluip by die voordeur uit, dink ñ oomblik na, bekyk die terrein, en trap koes koes langs die kant van die stoep, na die pomphuisie, vanwaar hy die werf kan dophou, en ook die paadjie na die bos. Hy laai sy geweer, en plaas dit gereed in ñ opening tussen die bakstene.

  Die twee vrouens gaan versigtig uit, sluip om die huis in die rigting van die skuur. Hulle sit op Mika se duvet agter ñ hele paar hoog gestapelde bale, goed verskuil.

  “Kom Mika,” sê Johanna. “Wees rustig my kind.”

  Die twee vroue vat hande, buig hulle hoofde. Daar is ñ Teenwoordigheid.. “Nou moet ons intree...Ons pleit die Bloed van Jesus oor die werf...ons vra vir engele om ons by te staan..ons staan teen die demoniese magte in Jesus se Naam, ons bind dit, werp dit uit. Ons spreek dit, ons verklaar dit!” Haar stem is sterk, rustig, vol vertroue. “Dankie Vader, U is in beheer, dankie Jesus, U Naam is bo alle name, ons loof en prys U.”

 

  Wessel en Frans kom by die bloekombos aan. Die rit in die koue naglug het soos ñ ewigheid gevoel. Die kamp is verlate.

“Frans, Oom Frans,” kom die stem van Igna. “Ek's hier!”

Hy kom agter ñ rots uit, die loop van sy geweer glinster. “Die kinders is dieper in, wat doen ons nou?” Die mans sit koppe bymekaar. “As ons die perde vat, hoor hulle ons dalk, beste om te voet verder te gaan.” “Ja, ons kan sien wat die situasie is as ons daar kom, ons kan altyd rittereer hierna toe indien nodig. Igna, versorg gou die perde vir ons, sit hulle in die kampie. Ons wag vir jou.” 

  “Pappie, Paaa! Bianca kom suutjies in die paadjie af, met haar vriende by haar. Sy val Frans om die nek. “Pa is veilig!!” Die kinders lyk bekommerd, ouer as hulle jare. Hulle kom staan in ñ sirkel om die mans. Frans se stem is streng. “Ja, ek is okei, maar wat soek julle hier, ek het gesê julle moet gaan wegkruip!!”

  “Pappie, ons kon nie. Ons wil nie. Pa weet ons het na oom Johan se klasse vir selfverdediging gegaan, ons is paraat!! Ons wil ook help, wil julle ons idees hoor?”

  Met entoesiastiese gesigte vertel die jongmense. Die mans luister aandagtig en knik hulle koppe. “Nou goed,” sê Frans. Wessel se blou oë glimmer. “Uitstekend!”

 

“Jaa, ons gan vat al die goet by die wêtmense..aal die goet!!” Thabo staan voor Niklaas, vir wie hy teen ñ hekpaal vasgemaak het met ñ stuk ou tou. Hy kou oopmond aan die biltong wat hy uit sy vuil sak gevroetel het. Daar lê ñ hoop proviand wat hy en die mans weer uit die rondawel gaan haal het. Hy tart die ou man, rig die geweer op hom. Niklaas het ñ wond aan sy kop, en daar loop bloed uit sy neus. Die verlore bakkie staan in die laning, net om die draai en uit sig van die huis, en die ander twee mans is oppad om dit te laai.

  Meteens is daar ñ donderende onaardse lawaai van die begraafplaas se kant....ñ verskriklik klank van iets soos kanonne en grofgeskut. Dit skeur die nag oop, weergalm in die rante. Die mans se oë word enorm, hulle gesigte asvaal. Hulle kyk vervaard na mekaar, gooi die sakke op die grond, begin hardloop, probeer by die bakkie kom. Op dieselfde tyd kom Wessel, Frans, Wicus en Igna soos een man van die huis se kant aangehardloop met hulle gewere...koes koes agter die Aloe bosse.

  Die Afrikaner bul wat teen hierdie tyd grensloos geïrriteerd is, stoot die kraalhek met ñ vrees aanjaende horing oop, kyk met bloedbelope oë in die rigting van die vlugtende swart figure, en begin sy aanloop..

  Op daardie oomblik breek Igna uit die lyn, kniel en lê aan, Thabo draai om, sien hom, en skiet ñ paar skote in sy rigting. ñ Koeël tref hom, en hy val met ñ kreet. Die skraal man spring in die bakkie, die ander spring vir die bak. Hy draai die enjin, draai die enjin weer, en vlieg met ñ spoed in die pad af. Frans hardloop in die huis in, gryp die bakkie sleutels van die hak af, druk die remote oppad uit en duik in die kajuit. Wessel hardloop na Igna, sien die bloed op sy baadjie, sy pyngevulde oë. “Ek sal hom help, gaan jy,” sê Wicus, en buk by Igna, wat doodsbleek op die gras lê. Wessel vlieg agter op die bewegende voertuig, met sy geweer in sy hand, begin te blits in die rigting van die verdwynende bakkie.

Deur die sylaning spoed hulle, stofwolke omring die voertuie. Hulle kom op die grootpad, draai in die rigting van die dorp.

  In die vroeë oggend uur is daar die lang waarskuwings  sein van ñ trein......ñ gerammel en gesuis....die voorste bakkie verminder drasties spoed....gaan staan op die treinspoor....Die enjin draai, draai weer en stol, draai weer en stol, en dan is daar die klank van treinbrieke, en nog ñ sein, die grusame huil van metaal op skeurende metaal, en die laaste krete van die desperate mans, wyl die voertuig en sy passasiers  meegesleur word deur die spoed en krag en verpletterende mag van iets waarteen hulle geen weerstand het nie.

 

Mika en tante Johanna het om die beurt gesels en gebid, mekaar bemoedig en vertroos. Hulle boude is lam, en hulle is dors. Hulle het maar op ñ bietjie hooi gaan hurk toe dit nodig blyk te wees.

  Die klank van ontploffings bereik hulle ore. Daar is geweer vuur, en ñ kreet, die klank van deure wat klap, en voertuie wat wegtrek. Die oorheersende geskal van ñ woedende bul, al die diere op die werf wat blaf en bulk en blêr. Mika staan vervaard op. Tante Johanna wil haar keer.“Nee Tante, bly net hier asseblief. Ek moet gaan loer en sien wat gaan aan, ek sal versigtig wees, ek belowe.” Sy klim oor die bale, loer deur ñ gat in die sinkplaat, sien die voertuie wat wegspoed, Igna wat op die grond lê, die woedende bul wat los op die werf rondstaan.

Sy pluk die deur oop, en hardloop vervaard reguit na Igna toe. “Igna, my seun,” roep sy met trane wat oor haar wange stroom. Sy val op haar knieë langs hom. Sy gesig is wit, en sy oë is toe. Sy bosbaadjie is bevlek, daar is bloed by sy mond. Wicus kyk besorgd na haar. “Dit lyk nie goed nie Mika, ons moet hom dadelik by die hospitaal kry. Ek trek solank my Kombi uit.” Mika gooi Igna toe met haar japon,probeer die bloed stop. Soen hom teer op die voorkop, snik saggies terwyl haar hare sy gesig bedek.

  Die jongmense kom met die paadjie van die begrafplaas aangedraf, en kom versigtig op die toneel. Hulle hardloop na Wicus en Mika. “Is Igna okei??” “Nee my Skat, hy is sleg verwond. Hy bloei verskriklik. Ons gaan hom nou dadelik hospitaal toe neem. Julle?” “Ja ons is okei.”

  Kobus vat twee droppers, en slaan hulle teen mekaar, soos Igna hom geleer het. Hy begin die bul versigtig aanjaag. “Whoooa,” sê hy, “whooaa.”

Johanna kom uit die skuur gestap, en sien die bul. Sy rooi oog, die bultende spiere, hoor sy kreet toe hy omdraai en toelaat dat hy weer toegemaak word in sy kamp.

 

Voertuie kom een na die ander op die werf aan. Die boere van die distrik het op die radio die nuus gehoor, en kom in volle mag aan. Mans spring uit met gewere, hoor hoe sake staan, spring weer terug en volg die bakkies. Twee bly agter om ñ oog te hou, en vir Mika te help met  Igna, wat baie bloed verloor het. “Ons sal hom moet hospitaal toe neem. Hierdie koeël sal verwyder moet word.” “Ja, ek en my vriend gaan hom juis nou neem. Kan julle asseblief help met die oplig en dra?” “Het julle ñ ou kombers, dan maak ons ñ draagbaar.” Met spoed en groot versigtigheid kry die mans vir Igna in Wicus se kombi, en Mika met betraande gesig klim agter by hom in.

  Daar is ñ opgewonde geblaf en getjank in die laning, om die draai. “Dis Leeu,” sê Tante Johanna, “ek gaan gou kyk.”

  Oom Niklaas sit steeds aan die paal vasgemaak alhoewel hy al een hand losgewikkel het. Sy getroue waghond lek sy gesig en huil saggies.

“Niklaas, my man!!” Op ñ drafstappie haas Johanna haar na Niklaas, begin hom losmaak, en val hom om die hals.

“Is jy orrait, my Liefste?”

Oom Niklaas steier stram op, vee oor sy hare dat die veertjies regop staan, vryf sy hond, en brul “Nou waar is my Sanna, die verdomde Swernote!!!”

 

40

 

 Dit word ligter. Die son kom langsaam op, talm, klim rooi bokant die horison in ñ paar oomblikke...maak ñ goue waaier van strale oop agter die rante. ñ Swerm Hadedas vlieg oor die plaas met kras gesang. Die swart haan kraai uit volle bors.

  Heelwat later sit hulle in die kombuis. Mika en Wicus het teruggekom van die hospitaal waar Igna is. Hy het ñ operasie en ñ bloedoortapping moes ondergaan, en sy toestand is tot almal se verligting bevredigend. Sy het gou weggeglip om te sien hoe sake staan op die plaas, en om te stort en te rus, sodat sy weer hospitaal toe kan gaan, en die nag daar spandeer.

  Adri vertel van haar vreemde tydjie in die solder, en hoe sy ñ hele paar nuuskierige rotte moes afskrik. Tante Johanna kloek om oom Niklaas en sê elke nou en dan hardop, “Ag dankie Vader, dankie.”

  “Ja,” sê Bianca, “ons het gebid, en toe het die idee net by my opgekom. Kobus en Michael het fireworks saam gebring omdat dit Nuwe Jaar is, en toe het oom Niklaas gesê hulle kan dit nie gebruik nie omdat dit die diere sal laat skrik. Ons was ñ bietjie vies daaroor. Toe ons afgaan bos toe was dit nog in Kobus se rugsak. Lekker groot crackers!!”

  Die polisieman klop, en kom in met die gaasdeur wat agter hom klap.

  “Koffie vir jou?” vra tante Johanna. “Ja, asseblief Tante.” Hy kyk na oom Niklaas.

  “Ons het iets gekry, Oom. Daar is ñ grot in die rante soos Oom seker weet?”

“Ja, nee, verseker. Ek was baie lanklaas daar.”

  “Wel, dit blyk ñ opslagplek vir wapens te wees, ons het ñ hele klomp daar ontdek, Dit lyk ook of daar mense gewoon het, ek neem aan jou werker en sy kamerade?”

  “Genade!” sê oom Niklaas. “So wraggies, nou dit maak sin!” Hy vertel van die aand toe Leeu so geblaf het, en hy ligte in die berg gesien het.

Nadat die offisier die verklaring geskryf het, is hulle weg met ñ groet. “Bel as julle ons nodig het!!”

  Soos een man besluit die groep om hulle beddens te gaan opsoek. Die nag was vol aksie en opwinding, en almal is vodde.

  Daar is ñ vreedsame stilte op die werf.

  Bosduiwe koer in die bome. ñ Kat miaaau, Leeu hap hap na ñ lastige vlieg. Môrester gallop oor die veld van pure plesier, sy maanhare silwer in die son.

  Wicus lê op Mika se bed, en sy rus langs hom. Sy het vir hom ñ thermos vol sap en ñ bak pers vye gereed, net ingeval hy iets benodig. Sy kyk na sy gesig, die mooi strepe in sy hare. Sy draai ñ string om haar vinger, vroetel saggies daarmee. Hy kreun, maak sy een oog oop.

  “Mmmmm dis lekker, moenie ophou nie.”

  “Hoe voel jy, my Skat?” sê sy. “Mmmokei nie te sleg nie.” Hy maak ñ tuitmond, en sy soen hom lank. “Dankie vir al die bystand. Jy is my hero! Lief jou, Wicus de Beer” sê sy hees, “lief jou.”

  Sy leun oor, haal die plat boksie uit haar bedkassie se laai, en gee dit vir hom.

  “Sal jy?” Hy soen haar op haar neus, kyk haar lank in die oë, glimlag innig. “My grootste plesier, lied van my hart.”

  Hulle lê langs mekaar, verstrengel, slaap diep en rustig.

  Die telefoon in die gang lui. Mika glip van die bed af, en stap tot by die tafeltjie, antwoord gedemp. “Nee! Nee!! kreet sy, dit kan nie waar wees nie, neeee!!!” 

  Die dokter kyk na Mika. Hy lyk moeg, en diep fronslyne lê op sy voorkop.

  “Daar het onverwagte komplikasies ingetree. Ons het alles gedoen, Mevroutjie, hy het hard geveg. Hy het so goed gelyk na die operasie, soos jy weet, maar hy het skielik begin wegglip. Daar was ernstige inwendige bloeding. Ek is jammer.”

  Mika voel duiselig....die ligte begin bokant haar kop draai, vinnig vinniger...Wicus gryp haar in sy arms vas voordat sy val.

  Toe sy bykom sit hy by haar. Hulle het haar op ñ leë bed in ñ privaat kamer neergelê.

  “Igna!! Wicus!!” “Lê stil my Meisie, rus net my Skat.”

  Mika onthou weer die gesprek met die dokter. Sy stoei op van die bed, haar oë wild haar hare deurmekaar.

  “Vat my na hom toe, ek wil hom sien, dit kan nie waar wees nie, wat het hulle met hom gemaak??” Sy spring op, hardloop na die deur. Wicus hou haar vas... “Ek is so jammer Mika, so verskriklik baie jammer.”

 

Mika staan by sy liggaam op die trollie. Hulle het hom spesiaal vir haar uitgelê, sodat sy tyd met hom kan spandeer, afskeid kan neem. Riviere stroom teen haar gesig af. 'Hy lyk so vreedsaam,' dink sy, en streel oor sy koue voorhoof, soen hom saggies op sy klam wang.

  Sy gesig is wasbleek. Daar is fyn blou are op sy ooglede.

 'Soos toe hy ñ babatjie was' dink sy. Die rooierige baardjie waarop hy so trots was skyn in die gedempte lig. Daar is waterdruppeltjies daarin. Hy het ñ nommer aan sy groottoon.

  Mika vat onder die groot doek oor hom, vind sy hand. Dit is hard en koud. Sy hou dit styf vas met albei hare, terwyl sy hardop en hartstogtelik ween. Later word sy rustiger, en gesels gedemp met hom. Vertel hom hoe lief sy vir hom is, hoe dierbaar hy is, hoeveel hy nog altyd vir haar beteken het. Sy onthou insidente uit sy kinderjare, vertel dit vir  hom. Leun met haar kop teen sy koue stil bors, en sing saggies vir hom. Later kom Wicus by haar staan, en hou haar teen hom vas. Hy gaan sit op die stoel in die hoek, met blou oë vol innige medelye en liefde.

  Na lang ure, toe Mika haar uiteindelik teësinnig wegskeur van die liggaam van haar seun, draai sy weer terug, soen hom nog ñ keer op sy voorkop. Voel onder die glinsterende baardjie, lê haar vinger ñ laaste maal in die kloof in sy ken...

 

  Op Eden, van onder die heuwel, kom daar ñ klaaggeluid, wat oor die plaas weerklink, tot in die been sny. Soos ñ treurende koei wat haar kalf verloor het, kom Lena se oeroue rouklank op die aandbries na Mika, wat radeloos en redeloos blindelings uitgehardloop het in die veld. Sy draai om, stapstok in die hand, strompel na die eenvoudige huisie aan die voet van die rante... stoot die lamlendige hekkie oop. Maer honde kom snuffel aan haar voete, lek haar hand. Dit is al donker, maar geen lamp brand in die huisie nie. Die patetiese figuur sit met haar voorskoot oor haar kop en wieg op die houtbankie buite die deur. Op haar skoot is ñ paar swart en wit tekkies.

  “Aia Lena!”..... “Nonna Mika!”

  Mika kniel by die swart vrou, lê haar kop op die wye skoot, en soos een moeder wieg hulle, meng bitter trane vir die bloed van haar bloed, die been van haar been, vir die verlore seuns van Eden wat sy nooit weer in haar arms sal hou nie.

  Die krematorium is vol. Al die familie, ou skoolvriende, en vriende van Heidelberg en omgewing is daar om hulde te bring aan die jong man wat so braaf geveg het, sy lewe gegee het vir sy mense en sy erfenis. Koerantmanne staan respekvol buite, waar Wicus hulle gevra het om te wag.

  ñ Bewoë Niklaas, wat sigbaar verouder het, met tante Johanna aan sy sy, en Mika en Wicus sit heel voor. Mark het ingevlieg uit Engeland die vorige dag, en Jana het saam met hom gereis. Hulle sit bymekaar en ondersteun mekaar. Adri sit agter haar vriendin, met Frans en Bianca aan elke kant. Die teer klanke van Brahms' se viool concerto vul die auditorium. Mense kom saggies in, skuifel, vind ñ sitplek.

  Vriende en kennisse maak beurte om Igna te gedenk, hulle gevoelens te verwoord. Mark gaan staan ook bewoë voor, met groot skouers wat af en toe ruk, en met sy melodieuse diep stem vertel hy van sy seun wat hy pas leer ken het, pas gevind het, en wat hy vir hom beteken het.

  Toe Mika by die Kapel uitstap met haar pappie en Wicus se arms om haar, begin die teer viool weer, helder gevleueld klanke wat hemelwaarts rys...

  “Igna, Igna my kind,” roep sy, “Vlieg hoër, hoër na die Seun!”

  Terug by Eden tussen al die mense, maak Mika tyd om privaat met Mark te gesels in die gang, waar sy onlangs nog met soveel liefde met hom gepraat het op die ou foon, by die kapstokke en hoede.

  Sy stap in sy krampagtige omhelsing in, hy leun sy kop op haar hare, en hulle ween saam vir Igna, hulle saad, hulle seun, hulle liefde, vir ñ toekoms wat nie sal wees nie. Vir ñ jong man, ñ paar, ñ gesin. Hulle staan lank in mekaar se arms, hallo, en vaarwel. Hy streel haar hare saggies, kyk haar met deernis aan.

  “Ek wil hê jy moet weet Mika, dat ek nie jammer is nie. Ek is bly vir hierdie kort maande van vaderskap, dat ek hom gevind het, kon liefhê. Dit het my vir altyd verander en verryk. En ons, ek en jy, dankie! Dit is weereens vir my ñ skat, wat ek altyd met my sal saamdra, so oneindig baie dankie.”

  Sy leun nog ñ rukkie langer teen sy bors, voel sy asem op haar hare, die warmte van sy lyf. Maak haar saggies uit sy omhelsing los, en stap in haar kamer in. Haal ñ ongeopende pakkie uit haar handsak, terwyl hy teen die deurkoesyn leun, haar met sy oë soen. Sy vou dit in sy groot hand toe, druk haar lippe teen sy ken. Hou hulle daar vir ñ ewige oomblik.

  “Ek sê vir jou innig dankie, vir jou liefde, vir ons seun, Mark my Liefling. My liefde en respek vir jou sal altyd daar wees, maar ek het vrede dat my plek langs Wicus is. Ek sal jou daagliks in my gebede opdra.”

  Hy sak swaar neer op die ou leunstoel. Sy mondhoeke bewe, die lyne op sy gesig is diep.

  “Dankie, liefste Mika, ek sal dit onthou. Ek gaan hier in die gang vertoef okei? Ek het nodig om net alleen te wees vir nou?”

Mika gaan badkamer toe, grimeer haar geswelde gesiggie, en gaan terug na die gaste, wat gedemp gesels, en elkeen op sy of haar eie manier probeer om ñ woordjie van troos en bemoediging uit te spreek aan die lydende familie.

  Hier en daar is daar spontane gelag, en dit verleen ñ noot van normaliteit aan die droewige geleentheid. Mika sien vir Jana, met wie sy nog nie kon praat nie, alleen in die hoek, en stap na haar.

  “Hallo Jana!” “Tante Mika.” Die vrouens kyk mekaar aan, met sagte geneentheid. “Igna het vir my gesê hoe pragtig jy is. Hy was so verlief soos net ñ Franse Boerseun kon wees.”

  Hulle vleg hulle arms, stap uit na die stoep. Dit is nie nodig om te veel te praat nie. Die harte is  vol en teer.

  Hulle kyk uit op die groentetuin. “Weet jy, Igna het hierdie tuin begin, dit was sy passie.” “Ja, hy het dit nogal aan my genoem. Tot vir my foto's gewys.” “Daardie met die tamaaie pampoene?” Hulle lag saggies. “Die einste. Luister, ek het vir Tannie Igna se goedjies gebring. Dit is in die rondawel. Sy maats het dit vir my by Heathrow kom aflaai. Hulle het ñ kaartjie bygesit vir die familie, hulle harte is stukkend.”

  “Dankie Jana, baie dankie. Dit was bedagsaam. Ek sal vir hulle skryf. Is daar iets van hom wat jy graag wil hou?”

  “Dankie Tante, as jy sou wou. Ek sal kyk as ek mag? Ek sal vir Mark ook vra?”

  “Verseker, net wat jy wil. Daar is ñ splinternuwe kamera vir jou, vra vir Bianca om dit vir jou te gee. Dankie vir my mooi verf kwaste.”

“So baie dankie, is jy seker?” “Absoluut!! So wat is jou planne vorentoe Sussietjie?”

  “Ek en oom Mark het mekaar goed leer ken die afgelope maande. Hy het geoffer dat ek vir hom kom huishou, hy het ñ groot plek. Dit is in elk geval wat ek nou by die sentrum doen. Hy het ook geoffer om vir my studies te betaal, wat hy vir Igna wou doen, julle sou nog daaroor praat. My pappie is oorlede toe ek drie is, so daar is ñ dogtertjie in my wat kan doen met ñ vader.”

  “Ek is so bly om dit te hoor Jana. Ek is seker Igna sou dit so wil hê. Nou kan julle mekaar ondersteun. Jy besef seker dat ons verhouding nie meer voortgaan nie?”

  “Ek het so afgelei, Tante.”

  Mika glimlag deemoedig, draai die ring aan haar vinger.

  “Partykeer moet mens ñ keuse maak tussen dinge wat vir jou ewe kosbaar is... so is die lewe. Jy kan my op my naam noem, hoor Jana! Julle vertrek weer vanmiddag laat, hoor ek?”

  “Ja Tan..ek bedoen Mika.” sy glimlag en haar kuiltjies flits. “Mark het verpligtinge en moet terug wees.”

“Dan gaan ek jou nou ñ drukkie gee, en ek wil hê jy moet weet dat Eden vir jou ñ tuiste is hoor? Enige tyd, wanneer jy wil, laat weet, en ons maak ñ bed vir jou op. Belowe my jy sal kom. Nog ñ ding, ek weet jy is seker nie nou honger nie, maar Igna het my lankal gesê, so ek gaan vir Tante Johanna vra om vir jou ñ lekker groot pakkie op te maak van al Eden se lekkernye.”

Jana se oë vul, loop oor. “Hy het onthou!”

  Die vrouens omhels innig, met trane wat vryelik vloei.

  “Seën vir jou, Janatjie, jy het vir ons Igna die wêreld beteken.”

“En jy vir hom Tante Mika, hy was so trots op sy Gypsy Lady.”

 

41

 

ñ Paar maande gaan verby. Die seisoen begin draai, en herfs is voor die deur met sagte lig en helder kleur.

Niklaas en Johanna sit heerlik en hande hou op die swaaibank op die stoep, en geniet die goue gloed van  laatmiddag son.

  Lena se kleinseun speel met ñ lorrietjie in die blom bedding. Hy lag vir hulle met groot swart oë en klein wit tandjies.

 “Brrrm, brrrm,” sê hy, “brrrmmbrrrm.”

  Frans kom oor die gras aangestap, haal sy hoed af, en sit gesellig by hulle, ontvang ñ koppie tee.

“Oom Niklaas, ek het iets om te vra.”

  “Wat my seun?” vra Niklaas, sy oë vriendelik onder die groot wenkbroue.

  “Ek het gewonder, sou Oom daaraan dink om vir my ñ stuk van Eden te verkoop? Soos Oom weet het ek my huis in die mark gesit. Daar is nou ñ vaste aanbod daarop, en die lening is goedgekeur. Ons wag net vir registrasie. Ek het ook ñ hele paar aandele. Ek het besef dat ek op die plaas hoort, ek was nog nooit so gelukkig nie. Dit is vir my wonderlik om hier naby die hartklop van die aarde te leef.”

  Oom Niklaas glimlag ingenome in sy baard, ñ waaier van plooitjies sprei oor sy wang.

  “Frans, eintlik is dit vir my ñ antwoord op gebed. Ek word nie jonger nie. Nou dat Igna nie meer daar is nie,” hy het vogtigheid in sy bruin oë, “het ek nodig dat daar iemand verantwoordelik aan my sy is. Sou jy daaraan dink om ook ñ ogie oor Eden vir my te hou? Ons kan die stoet oorskuif na jou deel, as jy wil?”

  Frans se gesigspiere werk. Hy kyk na die ouer man met  respek en deernis. vat die beaarde hand in albei syne, druk dit met sy sterk bruin vingers. “Dit sal vir my ñ eer wees, Oom Niklaas, ek sê vir jou oneindig dankie.”

Tante Johanna klap haar hande.In alle dinge werk God ten goede mee met die wat Hom liefhet,  sê sy met ñ laggie, en staan op om ñ paar vars blomme te gaan pluk vir haar spieëltafel. Sy stap by die swaar deur in, knipoog vir Suzanna toe sy verbystap, en gaan haal die snoeisker.

  “Oom Niklaas?” “Ja Frans?” Hulle glimlag vir mekaar, sit gemoedelik in mekaar se teenwoordigheid. “Ek het die afgelope tyd baie ernstig Bybelstudie gedoen. Die woorde van Christus, en die Handelinge van die Apostels. As ek kyk na die afskeidsopdrag van ons Heer, en kyk na die eerste gelowiges, en die Nuwe Kerk, dan is ek vas daarvan oortuig dat ek deur die Doopwaters wil gaan. Sal Oom my daarmee help?”

Oom Niklaas sit vir ñ paar oomblikke met sy oë toe, vrede op sy gesig. Hy kyk goedkeurend na Frans, skud sy kop. “Sekerlik Frans, sekerlik. Sê net die woord. Die dam is goed geskrop soos jy weet, en die water is silwerskoon.”

 

 

42

 

Die dag van Mika se troue op Eden, een jaar na Igna se heengaan, gaan stap sy vroegoggend. Die plegtigheid is eers teen sononder, en haar bruidsrok van pruim Oosterse sy wag in haar kamer. Sy het outydse pruim leersteweltjies daarby gekies, met ñ klein hakkie. Haar pouveer hoedjie met sy kort veil lê in ñ outydse hoededoos.

  Daar is ñ vlam van opgewondenheid en vreugde wat in haar brand, haar hele wese verlig. Met rooidag het sy ñ vrugte tee gedrink, gestort, en haar gunsteling aqua lang romp aangetrek, met ñ liggroen sigeunerbloesie daarby. Sy het haar sagte leersandale se bande om haar bene vasgemaak, en die reënboog tjalie wat Igna vir haar met soveel liefde gebring het van ver oor die water, om haar skouers gehang,

  'My troudag...met my liefste Wikus!'

  Sy vertoef in die begraafplaas, kniel vir ñ rukkie by die marmer beeld van Igna wat Wicus met deernis gebeitel het. 

Volg met haar vinger die groewe van die inskripsie na:

 Rus sag wyl Afrika haar wiegelied oor jou sing...

  Sy staan op en streel die glimlaggende jong gesig.

  “Ek is so gelukkig my seun. Mis jou ekstra baie vandag, ek wens jy was hier.”

  Sy gaan sit op die bankie, en dink deemoedig aan Suzanna, die liewe mooi vrou wat haar in die lewe gebring het. Sy sien Oom Niklaas aangestap kom.

  “Môre my Pop. Hoe het jy geslaap?”

  “Eintlik baie goed my Paps, werklik.”

Hy kom sit langs haar op die mosaïek bankie.

  “Mika?” “Ja Pappie?” “Ek wil net vir  jou sê dat ek tevrede is met jou keuse. Wikus is ñ uitsonderlike man, en julle is goeie pasmaats.”

  “Dankie Pappie. Ek het hom so baie lief.”

  “En Mika?” “Ja Pappie? “Ek het vir jou dié.”

  Dit glim in die vroeë oggend son. ñ Goue hartjie, wat aan haar moeder behoort het. Mika maak dit oop. Twee jong gesigte glimlag vir haar, Niklaas en Suzanna.

  “Ons het dit saam uitgekies, al daardie jare gelede. Ek het dit in die kluis bewaar.”

Mika se oë vul met bly trane.  “Dankie Pappa. Ek waardeer dit so baie.”

  Hy hang dit teer om haar nek, neem haar slanke hand in sy groot bruin een, strengel sy vingers deur hare. Vryf saggies oor die hangertjie met mistigheid in sy oë.

  Sy soen haar pa op sy mond, streel oor sy welige baard.

  “Pappie, ek wil net dankie sê vir jou liefde en bystand al die jare, met Igna. Dat Pappie my nooit verwyt het nie. Jammer dat ek nooit vir Pappie die hele waarheid kon vertel nie.”

  “Ek vergewe jou my kind. Pappie het darem ook oë om te sien.” Hy glimlag en vryf oor haar sagte wang. “Ek het jou lief my dogter, dit is eenvoudig.”

  Hy staan langsaam op. “Hoor hier, ek en Johanna gaan nou gou dorp toe. Maar voor ek loop, het ek vir jou gesê daar is ñ brief vir jou van Elsbet?”

  “Nee!!” Mika sit kierts regop. Die ou man voel in sy agtersak, haal ñ pers koevert uit, “Hier.”

  Mika bewe toe sy die brief in haar hand hou...dit ruik na lavender. Sy maak dit oop. Dit is ñ enkele blaadjie, met ñ adres en datum bo aan. Sy prewel saggies vir haarself terwyl sy lees.

Liewe Mika,

  Ek vra om vergiffenis vir my lang en skynbaar koue stilte. Ek het my eie keuses gemaak, en op die einde is dit vir my wat tel.

Ek wil na al die jare vir jou sê, dat ek geweet het van jou en Mark. Dit was baie duidelik vir my hoe julle oor mekaar voel.

Ek het verby die Hotel gery die laaste aand toe julle daar aangekom het. Dit was maklik om uit te vind by Ontvangs die volgende dag.Julle was jonk en nie baie subtiel nie??

Ons het voortgegaan met die troue,want alles was vooruit gereël. Ek het gehoop dat ek Mark sou kon terugwen, maar sy hart was nie meer by my nie.Toe Paps vir my begin foto's stuur van sy kleinkind, was daar geen twyfel aan wie sy pa is nie.

Ek het besluit om uit julle almal se lewens te verdwyn, omdat dit die beste was wat ek kon doen.

Ek is so jammer om te hoor van jou seun se heengaan. Ek het hom maande gelede saammet Mark in?restaurant venster gesien,in Cheltenham, en my hart het geruk,want daar was die liefde van my jeug,in duplikaat!

Ek het gehoor van jou komende troue..wou darem net vir jou laat weet dat ek bly is vir jou.

Ek is seker dat jy asemrowend sal lyk. Ek wens julle net die beste toe.

Stuur vir my ? paar troufoto's as jy wil, ek is nou op Facebook. Ek sal vir jou ? Friend request stuur.

Met my liefde, soos altyd.Elsbet.xxx

Ns. Sit vir my van die Strelitzia op Mammie se graf? Ek mis haar so.??

 

 Alles is douvars, die lug is soos sjampanje. Mika het haar suster se brief in haar romp se sak, en voel elke nou en dan daaraan, skud haar kop, glimlag innig.

  Oppad terug na die plaashuis merk sy ñ vreemde verskynsel. In die velde om die huis, begin tientalle liggroen vlinders aankom op die môrebries. Hulle word meer....dartel oor die velde, honderdtalle fladder en sweef....ñ golf van vlinders wat net nie ophou nie, aanhoudend meer word. Duisende vlinders wat dans oor die velde en die plaas. Aan grashalms hang, die bome en implimente versier...glinster in die oggend lig. 

Sy gaan sit, kyk verstom, hou haar hand bokant haar oë. Eventueel begin hulle haar bereik waar sy is..land op haar skouers, streel haar gesig.

 Sy spring op, kyk glimlaggend na die helder blou koepel bo haar, sprei haar arms uit, met reënboog vlerke, en hardloop laggend saam, lag en draai, lag en draai,

 ñ helder vlam wat dans onder die suider son...

?

?POST SCRIPTUM

Die winkelklokkie lui. Daar is rye modieuse klere, ñ ietsie vir almal. Kunstige bamboes tafeltjies en stoeltjies staan gesellig in die binneplaas, en in die studio is heelwat skilderye ten toon gestel, ook ñ paar groot beeldhou stukke. ñ Brons meermin sit langs ñ fonteinjie. Frans en Wicus is in die teetuin en ontspan met ñ bier. Bianca het ñ klein wit rokkie en voorskootjie aan, en sy het ñ vadoek oor haar arm. Sy glimlag vir haar pa. “Nog ietsie Paps?” Mika kom staan langs Adri. Sy is hoog swanger, en lyk soos ñ ryp perske. Sy gee haar vriendin ñ soentjie op die wang.

  “Goed, tel jy maar liewer die geld, dit is eintlik jou departement.”

  Adri vryf oor Mika se ronde maag, knipoog. “Fyn, Partner, pas jy maar net vir klein Wicus op.”

  Op die toonbank lê daar ñ spyskaart. Gedruk boaan is:

=Welkom by die Pouveer, Heidelberg=

Mika stap na die deur, sluit dit, draai die teken om, en in outydse goue letters sê dit:

CLOSED


Submitted: June 30, 2013

© Copyright 2020 Huldah. All rights reserved.

Chapters

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

Add Your Comments:

More Religion and Spirituality Books

Other Content by Huldah

Book / Religion and Spirituality

Book / Religion and Spirituality