Chapter 2:

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

Status: Finished  |  Genre: Religion and Spirituality  |  House: Booksie Classic

Reads: 318

5

 

Dit is vroegdag en die swart haan sing sy lied van opstaan en nuwe begin.

  Hy kliks die bedlampie aan, vryf sy oë. Lê nog vir ñ oomblik en rek onder die komberse. Aan met die kamerjas, voete wat voel voel onder die bed vir die skaapwol pantoffels. Hy stap deur badkamer toe, spoel sy gesig met koue water af, borsel sy tande deeglik. Spoel weer. Stap kombuis toe, klik die lig aan. Dadelik kom katte aan sy bene skuur, gaap en miaao en dring aan op onmiddelike diens.

  Hy buk af en tel Gemmer op, soos Mika hom gedoop het, vryf sy wang teen die sagte lyfie, sit hom neer en vryf ñ honde kop. Laat die malende spul by die deure uit, sit die buiteligte af. ñ Koppie koffie en beskuit voor hom. Hy sluit sy oë, dink aan die nag in die Bokamer, en die Man wat sy dissipels se voete was.

  Dagboek oop. Droppers wat gesny moet word vir die drade. Jong bulle wat moet deurgaan na die veiling, medisyne om op te tel op die dorp. Die vergadering by die plaas langsaan vanaand.

Hy bad en trek langsaam aan terwyl dit dag word buite, ñ goue gloed van eerste son op die werf. Dit flits flits op die windpomp wat vinnig draai in die stywe briesie. Hy hoor die gebulk van die stoetbeeste wat Thabo opvat na die boonste veld. Daar is nie veel gras nie, en hulle sal een van die dae moet begin ekstra voer gee, soos gewoonlik in die winter. Voer is duurder hierdie jaar, en moeiliker bekombaar. Hy frons, kyk op. “Vader weet. Daar sal ñ uitkoms wees.”

  Hy lyk bonkig in sy langmou katoen hemp, en denim broek. Sy baard en hare is netjies gekam. Hy trap liggies in sy kouse na die kombuis en haal die politoerblik en borsel uit die laai, poleer sy skoene tot hulle blink. Lig sy voete een vir een op die riempiestoel sodat hy die veters gemaklik kan vasmaak. Die politoer reuk hang sterk in die lug.

  Hy vat sy swepie, en stap uit, met die klap van die gaasdeur agter hom. Hy sien Lena in die voetpad aankom, van haar huisie onder die bult, waar sy langs haar seun Thabo en sy jong vrou en baba bly. Hy waai, en sy waai glimlaggend terug. 'Getroue skepsel,' dink hy, 'my vrou se regterhand, selfs al die jare na haar dood. Wel, nou hoef ek my vandag ten minste nie oor die huis en werf te bekommer nie.'

  Thabo is terug van die onderste veld waar die groot trop beeste wy. Hy is ñ skraal swart man, met ñ mooi glimlag en oë wat sku is. Hy bly sy lewe lank al op die plaas, en het op die dorp skool gegaan. Hy is ñ paar jaar ouer as Igna. Niklaas het hom leer bestuur, en hoe om eenvoudige reparasies aan al die voertuie te doen. Hy het die gebruik van een van die ou bakkies, en ry gereëld dorp toe om voorraad op te laai, en om sy vriende te besoek, of sy ma by haar familie in die lokasie af te laai. Hy bly verniet op die plaas, en bo en behalwe sy maandelikse salaris kry hy ook kruideniersware, en vars vleis. Hy het sy eie hoenders wat Niklaas vir hom gegee het, en hulle kloek en lê eiers op sy netjiese werf met die blink draad om. Ook ñ paar skape wat die gras rondom sy huis kort hou, en stadig maar seker meer word. Hy lig sy hoed.

  “Môrô, Opa. Hoe gaan dit mêt die Opa vandag?”

  Niklaas glimlag goedig. “Baie goed Thabo. Waar is Benjamin vanoggend? Hy word nou oud die ou man. Lyk my sy been word erger. Nou goed, julle weet watter beeste om te laai vir die veiling. Ek wil nege uur ry Balfour toe. Jy moet saamkom, maak seker jy het geëet. Ou Ben moet vanoggend gaan droppers sny in die bos. Ek sal hom sê. Watter medisyne is klaar?” Hulle glimlag vir mekaar, en die swart man lig oudergewoonte weer sy kêps.

  “Nou goed, trek jy maar die trok uit nê, en sien dat daar genoeg diesel is. Dankie.”

  Daardie aand na ñ lang en nogal vermoeiende dag maak Niklaas klaar om na die plaas Mooi Vallei langsaan te ry. Hy eet nie want hy weet Gert Venter se vrou Maria sal vir die kos sorg. Sy kook lekker en dit is ñ bietjie anders as die maaltye wat die getroue Lena vir hom gereeld met liefde opdis.

  Sy baard is nat van die vinnige was, en hy het ñ skoon lang khakie broek en blou hemp aan. Die klere ruik na sonskyn en vars velde. Hy trek die gehekelde bruin onderbaadjie aan wat Suzanna vir hom klaargemaak het kort voor die noodlottige dag toe haar geliefkoosde merrie in ñ gat getrap het, en haar van haar rug afgegooi het. Hy het dae voor haar bed gesit in die hospitaal, haar hand vasgehou terwyl sy stadig weggeglip het van hom en sy groot liefde vir haar.

  Hy streel die onderbaadjie saggies, onthou haar knap hande met die hekelnaald in die aande na boekevat. Sy donkerbruin oë speel kat en muis met die swaar wenkbroue..is daar ñ nattigheid? Hy blaas sy neus goed en hard, soos ñ kwaai bul, net om al die stof van die dag uit sy slymvliese te kry..

  Sy gunsteling katjie sit by hom in die kamer terwyl hy regmaak, speel met die koord van die lamp.

“Oppas,” sê Niklaas, “netnou is jy en die lamp op die grond!” Hy tel hom teer op, en woerts hom by die kamer uit. “Sjoe.”

  Sy voetstappe klink swaar op die plankvloer in die gang. Hy trek sy dik baadjie aan, haal sy twede beste hoed van die staander af, stof hom so ñ bietjie af met sy hand, en sit hom versigtig en diep op sy kop. “Sooo ja.”

 

Daar is heelwat karre en trokkies op die werf van Mooi Vallei. Groepies mans staan buite op die stoep en gesels en daar is walms van rook in die lug.

  Maria roep almal in, en in die eetkamer kreun die tafel onder vingerkosse, smaaklik voorberei. Niklaas is honger, en laai sy bord vol. Maria glimlag vir hom, en hy knipoog. “Dankie, dit lyk lekker.” Hy gaan sit op ñ groot stoel en balanseer die bord met moeite op sy skoot. Gert seën die voedsel, en die boere eet met smaak. Die geselsery word gedemp en daar is ñ gemoedelike samesyn.

  Daarna gaan sit en staan die mans weer op die stoep, en sigarette en tabaksakke word nogmaals uitgehaal.

  “Hulle sê daar gaan weer ñ staking wees op Heidelberg,” sê Gert Venter. Sy voorkop het ñ swaar frons op. “Op Vrydag die 16de, volgende week. Ons sal nie kan ingaan dorp toe nie. Onthou julle wat laas maal gebeur het? Daardie geboue is nog steeds nie herstel nie, het julle gesien? Ek was net gister daar verby. Ek was maande sonder my voorman omdat hy op die dorp was om parte te gaan laai, en hulle my bakkie aan die brand gesteek het toe hy by die depo uitry. Hy het die vlamme probeer keer, en het sleg verbrand. Hy help darem nou so ñ bietjie hier en daar, maar sy hande sal nooit weer heeltemal reg wees nie.  Frankfort is blykbaar volgende.”

  Hy kyk na die kring van gesigte wat met bekommernis na hom staar.

  “Dit word al hoe erger. Net laas week is nog ñ boer in Mpumalanga grusaam vermoor, en sy vrou en kinders moes dit aanskou. Hulle het al sy gewere uit die kluis gevat, en met sy Land Rover weggekom. Gelukkig het hulle hierdie keer nie sy vrou of dogters seer gemaak nie. Daar is onluste in die Noordelike Provinsie op die oomblik. Die strate was blykbaar vol oproeriges wat bande aan die brand gesteek het, en voertuie omgegooi het. Ek het dit op die nuus gesien. Mense moes vlug vir hulle lewens! Waar gaan dit eindig?”

  Al die mans begin gelyk praat. Elkeen het ñ opinie. Hulle praat met groot gebare, suig met mening aan die pype. Oom Gert s'n is dood. Met ñ ergerlike uitdrukking steek hy dit met mening aan die brand en stuur groot rookwolke die lug in, soos die noodseine van ñ Rooihuid.

 Daar moet iets gedoen word!!

 

 

 

6

 

Bianca en haar vriendin sit op haar bed en naels verf. Hulle sit kruisbeen, en klipharde musiek speel dat die kamer dawer. Hulle lywe wiegel en hulle skud hulle koppe, lag, en verf. Daar is leë Coke kanne wat rondstaan, en ñ groot sjokolade is halfpad verslind. ñ Hele paar teddies en wollerige honde lê op die grond, waar hulle afgeskop is om plek te maak vir die meisies  “Ek het lus om vanaand iewers uit te gaan, ek is verveeld met net gaan fliek, wat sê jy?” Cindy se kort swart haartjies flerts om haar gesig. “Cool, dit klink vir my great,  waaraan het jy gedink?” “Wat van ñ bietjie dans?” Bianca staan op en wikkel haar boude, gooi haar borsies rond, lig haar arms en waai hulle. “Hoe lyk dit? Mmmm? Sexy genoeg? Kom ek bel vir Kobus, hy is agtien en kan sy pa se kar leen. Dan sê ons ons gaan movies toe, en dan gaan ons na ñ klub toe, hoe klink dit?” Cindy blaas met ñ tuitmond op haar naels. “Coool. Het jy vir my ñ top om te leen? Iets lekker klein en laag. Ek gaan my nuwe padded bra aantrek. “Okei. Probeer die helder groene. Het jy nog van daai haar maskara, dit sal mooi lyk onder die ligte, wat dink jy?”

Bianca neem ekstra kunslesse, en is baie visueel. Sy trek snaaks aan, en lyk anders as die ander kinders. Sy irriteer haar ma dikwels, omdat sy baie meer konserwatief is.

  “Okei, bel jy, dan kom haal julle vir my en Michael vanaand. Sms my die tyd, okei? Waar is my helmet? Sien jou later.”

  Hulle wals met die trappe af, en Bianca wuif haar maat by die hek uit. Die pienk scooter klink soos ñ grassnyer toe sy in die pad afspoed. “Peep beep,” druk sy die toeter toe sy om die draai gaan.

  Bianca gaan terug op na haar kamer, en tap ñ groot bad water in. Nou eers hare was, en beenhare waks. Ooghare pluk, en besluit wat sy wil aantrek.

  Adri kom staan in die deur en kyk na die deurmekaar kamer. Sy frons en die plooi tussen haar oë is diep. Sy kyk op en sien haarself in die badkamerkas se spieël, vryf haar voorkop.

  “Sussie, hierdie kamer lyk soos ñ tip. Jy gaan nêrens heen voor jy dit reg maak nie hoor?” Bianca haal haar kop onder die handstort uit. “Waat, ek kan nie hoor nie Ma!” “Watter fliek gaan julle vanaand sien?” “Ons gaan nog in die koerant kyk, of op die Net. Ons sal dit by Cindy saam besluit. Het Ma vir my geld asseblief, ek het my budget geblaas. Kan ek Ma se nuwe cool baadjie leen? Die een wat jy van London gebring het laas jaar? Adri lyk huiwerig. “Jaa, ek sal hom oppas, Ma vertrou my ook nie. Ek is nie meer ñ kind nie.” Adri stap uit, sug oor haar skouer, “Onthou om die bad te was!” Bianca trek ñ gesig en sê die woorde geluideloos saam.

  Adri stap af na die kombuis. 'Wonder wat ek op die tafel kan sit vanaand. Frans het laat weet hy sal by die kantoor wees met die nuwe projek se planne wat hy moet uitwerk. Op ñ Saterdag!'

  Sy voel nie goed nie. Haar maag voel ñ bietjie naar. Sy is angstig en vroetelrig. Na die foto's wat sy op die rekenaar gesien het, is dit vir haar onmoontlik om normaal om Frans te wees. Sy staan en kyk na hom terwyl hy slaap, en sy dink, hoe kannn jy?? Hy lê langs haar in die nag en dit walg haar om aan hom te raak. Gelukkig vra hy haar nie vir seks nie, want sy sal dit nie kan doen nie. Sy wil hom vra, daaroor praat, weet nie hoe om te begin nie, wat sy reaksie sal wees nie. 'Kan dit regtig mý man wees?'

  Haar selfvertroue is in ñ duisend stukke. Sy probeer spieëls vermy, en as sy per abuis in een kyk sien sy ñ ou vrou met ñ los maag en keelvelle. Daar is sakkies onder haar oë van min slaap, en haar mondhoeke hang. Haar hare is te lank en val plat bo. Selfs met die gel wil dit nie regop staan nie, en die paadjie wys silwer.

  'Ek sal sommer hierdie Canneloni ontdooi en in die oond druk. Bianca sal iets by die fliek koop, ten duurste, natuurlik, so dit is eintlik net ek. Daar is ñ Debonair's om die hoek by Frans se kantoor, so hy sal seker iets laat kom. Sal maar vanaand verder aan die inkomstebelasting werk. Ek wens my man wil ñ bietjie meer verantwoordelik wees.'

  Sy tel die stapel fakture op wat sy uit die lessenaarlaai gekrap het.

  'Drank, iets by Woollies...o, die onderbroeke en hemde, iets vir ñ verblyf in ñ hotel. The Lodge, wanneer was dit? Hy was mos lanklaas van die huis af weg.' Sy bekyk dit van nader. 'Net vir een nag? Maar hierdie plek is mos in Centurion?' Haar hart klop vinniger, haar asem klink hard in haar ore. Sy sak op die rusbank neer, maak haar oë toe. 'Ag nee, Frans, wat beteken dit!?'

  “Ma, Mams, waar is Ma se beurs? Ek gaan ñ honderd vat, oukei, sal vir jou die change bring. Wat sit Ma so hier in die donker? Kobus is by die hek en ons gaan nou na Cindy toe. Ek sien jou later. Dankie vir die baadjie.”

  Die deur klap toe en Adri is alleen in die groot huis.

 Sy staan op en sit ñ paar ligte aan. Druk die kussings op die bank netjies op hulle plek. Gaan na die kombuis en skakel die oond aan.180 grade. Plaas die Canneloni versigtig in die oond. Haal groente en feta uit en maak ñ slaai. Sy is lamgeslaan en voel of haar bene met moeite beweeg. 'Ek moet met Mika praat,' dink sy, 'dit sal ñ bietjie help.' Haar selfoon is in die kantoor. Sy vroetel onder in Frans se laai, waar daar nog ñ pak sigarette is van voor hy opgehou het. Daar lê ñ aansteker by dit, ñ geskenk van sy ma, lank terug. Sy skud een uit, en steek dit met bewerige hande aan. Mika se foon lui lank en gaan na boodskappies toe. Adri voel nie lus om een te los nie, en druk die foon dood. Gaan sit op die trap met die sigaret. Skud die as af op die mat, en vryf dit met haar vinger in. Sy voel soos ñ vreemdeling. Die vrou wat in dié huis gewoon het, het verdwyn. Sy voel soos ñ plat outydse papierpop, met ñ lang skeur. Sy wil huil en skree, maar niks kom uit nie.

  'O, die Canneloni!'

  Sy brand haarself teen die oonddeur, en laat amper die bak val. Haar sel lui, en sy hardloop met vingers in haar mond na die studeerkamer.

“Miks, Miks, daar is nog bewyse!' stamel sy. Gly stadig af tot op die vloer, en sit met haar rug teen die deurkoesyn.

 

7

 

Mika werk hard aan haar jaarlikse Eenvrou Uitstalling. Sy het ñ hele paar klaar doeke. Die pouveer stillewe is geraam en hang al in die winkel. Daar is ñ paar portrette van Igna, ñ tipe lewensiklus, vandat hy ñ baba is tot onlangs. 'Sal weer vir hom ñ foto vra met sy lang hare nou,  hy lyk vir my meer volwasse. Dalk sommer een neem met die Webcam, dis ñ plDie oorsee bly doen hom goed. Moet tog vir hom van Paps se biltong stuur, al gaan dit baie duur uitwerk. Arme kind kry swaar. Hy, wat gewoond is aan die absolute beste. Dis ironies.'

  Sy kyk krities na die doek voor haar op die swaar hout esel. Dis ñ selfportret, in ñ sagte rok en ñ kopdoek met groot oorringe. Die titel daarvan is “Lied van die sigeunervrou.” Dit neem al vorm aan, maar sy dink die gesig is te deemoedig.

  Sy werk nou in die aande na die winkel gesluit is. Dit beteken dat sy gereëld kos bestel oorkant die piazza. Bietjie duur, maar nou ja, sy is ñ werkende kunstenaar.

  Sy glip by die deur uit en stap oor. 'Gou iets eet, dan fokus ek beter.'

  Dieselfde twee musikante is weer daar. Hierdie keer is hulle in die middel van ñ nommer toe sy inkom. Hulle stemme weef saam in die aandlug. “If you're goooing to Saaan Francisco, be sure to weaaaar, some flowers in your haaair...in the streets of San Francisco....” doe de doe de doem....” Mika steel ñ blommetjie by ñ leë tafel, sit dit agter haar oor, en maak ñ paar draaie met haar wye romp. Dit vlieg en vou om haar en wys haar mooi lang wit bene. Die liedjie eindig en daar is applous. Mika kyk op en vang die poniestert man se oog. Hy klap hande, buig, en sê “Bravo!!” Mika buig terug, en bestel haar pizza.

  Haar gesig voel warm en haar hart klop vinnig. Sy betaal en stap uit in die koue aandlug, vou haar rooi pashmina oor haar bors.

  ñ Ruk later hoor sy die  “tik tik” by die deur. Sy stap vinnig om oop te maak, en daar staan die glimlaggende man met haar pizza. “Special delivery,” sê hy, en sy blou oë terg, “ek was tussen sets toe het ek gesê ek sal dit sommer vir jou bring.” “Kom in,” sê Mika, “skuld ek jou ñ tip?”

  Sy egalige tande blink toe hy lag. “Ja, as jy wil. Ek is net ñ musikant. Wow, ek hou van die dekor. Is dit jou plek? En hierdie prent?” Hy staan voor die pouvere.

“Magical. Baie goed gedoen.”

Mika se gesig word warm. Sy het lanklaas komplimente gekry en weet nie hoe om te reageer nie. Sy staan met pienk wange voor hom en glimlag effens, sê niks. Hy kyk goed rond, vat aan haar skouer, en beweeg in die rigting van die deur. Moet nou gaan, ek het nie ñ day job nie. Bon appetite!” Hy waai sy lang vingers en is weg.

  Mika gaan sit ñ bietjie uit die veld geslaan op haar blou bank met die pizza op die drom. 'My goodness, was dit ñ droom? Hy is so aantreklik!! Daardie stem. Nie sy naam gesê nie. Ek voel nogal geëerd!!'

  Sy skink ñ glasie sjerrie, en verorber die pizza. Sy is sommer lus vir verf. Toe sy die studio deur eventueel toemaak het die selfportret ñ aanloklike glimlag op die gesig, en ñ glimmer in die oog!

  Sy ry dromerig deur die laat strate, amper heeltemal verlate. By die woonstel parkeer sy haar motor onder die afdak. Stap met suutjies voete sodat sy nie die ander mense pla nie. Glip die sleutel in die veiligheidsdeur se slot, stoot die kombuisdeur oop. Daar is ñ lig in haar kop, en sy voel glad nie vaak nie.

  ñ Lekker borrelbad is net die ding. Sy steek  groot kerse op die bad se rant aan, en op die vensterbank.  'Mmmm.. wat sal ek kies?' Die warm water tap in en stoomwolke in die lug maak die badkamer misteurieus, ñ ander wereld. 'Sensual Delights.' Sy gooi ñ hele paar doppies van die geurige pienk vloeistof in. Staan langsaam voor die groot dubbel spieël en stroop haar kledingstukke een vir een af. Bloes oor die kop. Staan in haar seegroen kant bra wat sy in Parys gekoop het, laas toe sy daar was om voorraad vir die winkel aan te koop. Skop die romp af en bekyk haarself van agter in die bypassende klein tanga, vryf haar hande oor haar vol heupe. Sy maak haar bolla los en skud die kartelende rooigoud oor haar skouer, wikkel uit haar onderklere. Gooi vir haarself ñ soentjie in die spieël, knipoog. 'Jy is nog oukei Mieks,' dink sy en swaai haar bene oor die bad se rant.

8

 

Sy sit op haar stoepie by haar huisie op Blanco. Sy het spesiaal mooi aangetrek in sagte kleure.

'Soos ñ appelboom lyk ek,' dink sy. 'Skrif belowe mos ons sal soos ñ boom wat by die water geplant is wees, en vrug dra op sy tyd. Ek bedoel haar tyd.' Haar oë kreukel. Sy verkyk haar aan die skouspel van wolketjalies om die skouers van ruwe rotse, so geheimsinnig, asof daar iets is waaroor hulle fluister, met hulle lang rompe verskuil. Miskien onthou hulle die brawe vroue van melee, wat met hulle tjalies en kappies en ossewaens oor net sulke ruwe rotse met hulle dapper mans en families na vryheid en selfbesluit gevlug het?

  Haar Bybel lê op haar skoot. 'Weer baie woord uit Jeremia. Arme Jeremia. So gehoorsaam aan God in alles wat hy gedoen het. Hy was nie juis gewild nie.'

  Sy maak haar boek met lyne oop. Dit is al amper vol. Sal maar nog een moet kry as sy ingaan dorp toe. A4. Daar is nog ñ hele paar van hulle op haar boekrak, van vroeër jare. Die blaaie is vol van haar handskrif. Blaai op blaai, met uitroeptekens en aantekeninge aan die kante. Skrif versies en verwysing, hier, daar en oral.

  God het weer vanmore ñ paar goed verder verduidelik. Sy skud haar kop. Sy het in haar jeug met Hom ñ pad begin, 'of Hy met my,' glimlag sy. Geleer om Sy stem te hoor. Haar gesin groot gemaak in die weë van die Here, langs haar man Jakobus. Hy het respek gehad vir haar gawes in die Gees. Haar toegelaat om lank in die veld te gaan stap, partykeer vir dae weg te gaan plaas toe by vriende, om op die Here te wag. Hy het nooit helemal gewoond geraak aan die swart oë wat reg deur hom kon sien nie, en geweet hy kon niks vir haar wegsteek nie. Geduldig gewees as mense tot laat in die nag by haar kom raad vra het, vir hulle lewens en toekoms. Dikwels was daar ñ groot lig om haar, “soos Moses” het hy partykeer laggend gesê, maar met respek en deernis.

Sy sug. 'Mis hom.' Mis sy groot beaarde hand op hare, sy warm lyf in die  koperkatel. Sy kug in die môre. Die bossies blomme en verrassingkies. Hy was ñ man van min woorde, maar het haar graag met geskenkies bederf. Dis nou al vyf jaar vandat hy in hulle bed aan die slaap geraak het, om nooit weer langs haar wakker te word nie. Dit voel vir haar soos nou die dag.

  Sy kyk op die fyn goue horlosietjie wat aan haar bors gespeld is. Nog uit haar verpleeg dae. Dit is Moedersdag, en haar kinders het vroeg al gebel. 'Jammer ons is so ver,' dink sy, 'tyd om ñ bietjie in Pretoria te gaan kuier. Ek sal weer ñ draai maak by daardie oulike rooikop vrou se winkel. Wat is dit nou weer? Die Gansveer. Nee, die Volstruisveer? Nee,' lag sy, klik haar tong, 'die Pouveer. Onthou net die groot portret by die ingang..sy is ñ goeie kunstenaar. Dalk  moet sy hier in George ook ñ uitstalling hou. Ek is seker sy sal alles verkoop.'

  Die aangename geur van skaapkerrie wat vroeg vanoggend al op die stoof is vul haar neusgate. Tyd om rys op te sit, en van die vars groente wat sy elke week by die Boeremark op die dorp kry. Sy het sommer bietjie jellie gemaak met vla. Dit is goedkoop, en tog altyd lekker vir haar.

'Wil vanaand net weer by Vader se voete sit. Daardie een vers is duister vir my...Vlug uit Babilon...met wie praat Hy?? ñ Mag uit die Noorde?!'

 


Submitted: June 30, 2013

© Copyright 2020 Huldah. All rights reserved.

Chapters

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

Add Your Comments:

More Religion and Spirituality Books

Other Content by Huldah

Book / Religion and Spirituality

Book / Religion and Spirituality