Chapter 5:

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

Status: Finished  |  Genre: Religion and Spirituality  |  House: Booksie Classic

Reads: 290

17

 

 Sy kyk onder haar wimpers na hom. Hy fokus op die pad, en die gevaarlike draaie. Hulle is al ñ paar uur op die pad na Hazyview in Mpumalanga. ñ Kliënt het vir haar hulle tyddeel as ñ geskenk gegee, en sy en Wicus het besluit om dit saam te geniet.

  Hy voel haar oë op hom, en glimlag, kyk vlugtig na haar.

  “Dit is pragtig, nê? Vir my een van die mooiste dele van ons land.”

  Hulle is op die buitewyke van Nelspruit. Die skadus word lank. “Ek dink ons sal voor sononder daar aankom.”

  Mika het hoogtevrees, so Wicus ry stadig en versigtig.

 Sy is bly om ñ passasier te wees vir ñ verandering, sodat sy die skoonheid kan geniet. Verby Nelspruit kronkel die pad weer deur die berge, en na Witrivier gaan hulle verby piesang plantasies. Naby Hazyview word die pad baie sleg, met groot gate. Dit is Saterdag middag, en die pad is vol taxis en voetgangers. Die taxi bestuurders blyk te dink dat hulle die paaie besit, en Wicus moet net uitswaai, en die gedurige toetery ignoreer.

  Eventueel doem die teken van die vyfster vakansieplaas langs die Sabie pad op, en hulle draai in by ñ swierige houthek. ñ Swart man op ñ fiets begelei hulle na Ontvangs, waar hulle inboek. Die chalet met sy grasdak is luuks.

  “So waar wil jy slaap? Ons het genoeg beddens!”

 “Ek sal hier by die boonste kamertjie inklok. Laat my dink aan my grootouers se plek.”

  Toe sy uit haar pragtige kamer kom nadat sy uitgepak het, is Wicus besig om ñ vuurtjie te maak in die kaggel.

 “Cosy, dankie! Is jy lus vir ñ kossie?” Absoluut! Die bestuur maak mens honger.”

  Die kombuis is goed ingerig, en Mika sit aandete bymekaar uit die koelsak wat sy saamgebring het. Hulle het besluit om die volgende dag plaaslik inkopies te doen.

  “So jou voorouers was Frans?” “Ja, de Viljee.” Myne was primêr Hollands. Jou mense het goeie wyn gemaak, in die ou dae in die Kaapse Kolonie.” “ Ja, die Hollanders ook. Ons het eers later gekom. Maar soos jy seker weet is ons wyne gesogd reg oor die wêreld. So van wyn gepraat, wil jy ñ glasie hê?”

  “Net so ñ halwe, dankie, anders loop ek in al die deur koesyne vas.”

  “Ons Afrikaners is ñ mengelmoes nê? ñ Allooi uit baie geenpoele.”

  “Ja, nogal. Hollands, Duits, Frans, Engels, om net ñ paar te noem. Daar is tot ñ bietjie Hottentotbloed bygemeng.”

 “O, so dit is waarom ek so graag kruisbeen sit!” Hulle lag hartlik.

  “Ek moet sê, daardie Afrikaners het gesukkel. Die Hollandse regeerders, en later die Britte, was uiters dominant. Veral die trekboere moes ook baie gevare

trotseer. Die inheemse stamme was ten sterkste teen hulle teenwoordigheid gekant. Die Koi San, soos hulle nou genoem word, wat eintlik twee verskillende groepe was, wat al baie baie jare in die land was, en die swart stamme wat verder op uit Afrika afgetrek het, sover as die Vis rivier. Die kondisies was rof. Eie besluitneming was baie belangrik vir daardie mense. Hulle het ver en oor hoë berge getrek, en baie gevare trotseer, sodat hulle ñ plek kon kry waar hulle hulself kon regeer. Kan jy daaraan dink hoe dit moes wees om oor berge selfs hoër as die waaroor ons netnou gery het, met ñ ossewa te trek?”

“O gonnatjies, ek wil nie eers daaraan dink nie! Ons het dit in Geskiedenis behandel op skool. Blykbaar moes hulle die wiele afhaal, en dit dra, van tyd tot tyd.” “Ja, en dan het hulle bome agter vasgemaak, soos ñ tipe van ñ briek! ñ Faktor was ook natuurlik ordentlike weiveld vir hulle diere. Die landskap was dikwels ñ groot uitdaging. Jy weet dat ons ñ hele paar verskillende biome het?”

 “Verseker, hier by Hazyview is dit mos subtropies.”

  “Ek is van die opinie dat ons voorouers nie per abuis op hierdie kontinent aangeland het nie.” “Waarom?” “Ek glo hulle moes as ligdraers kom, die Goeie Nuus van Christus bring vir die wat in die donker was.”

  “Mm, dis baie diep, ek het nog nooit so daaraan gedink nie.”

  Sy gaan sit kruisbeen voor hom, en hy terg haar. Sy lag, en maak ñ paar klik geluide. “Dit beteken, sal jy my nek masseer, jy het sulke lekker lang vingers!”

  In die oggend is hulle vroeg op, en gaan verken die terrein. Daar is ñ watergat, en hulle gaan kruip weg in die seekoeiskuiling. Een na die ander kom die seekoeie van hulle slaapplek hoër op. Van hulle swem onder die water, en maak skielik hulle verskyning reg voor die toeskouers.

  ñ Likkewaan kyk na Mika met sy koue oog, en glip tussen die riete in. ñ Paar groot blink Hadedas vlieg oor hulle koppe met kras gesang.

  “Ek dink daai ouens moet hulle day job hou, wat dink jy?” Mika skater van die lag. “Absoluut! Is hierdie koorsbome nie mooi nie? Lyk of hulle van binne verlig is.”

  “Pragtig, soos jy. Ek dink ons moet ontbyt eet en oorgaan na die Kruger Park, wat sê jy?”

  “Op een voorwaarde dat jy nie daarop gaan aandring om uit die kar te klim en foto's te neem as daar ñ leeu in die pad lê nie!”

  “Ja, en dan sal jy ook asseblief nie die oulike klein olifantjies wil voer nie!” Hy gee haar ñ high five. Mika begin hardloop. “Eerste by die chalet!”

  Die kuier by die Park is vir hulle weer ñ belewenis. Hulle was beide al voorheen daar, maar vind dat dit elke keer ñ diep indruk maak. ñ Ekstra spesiale oomblik is toe hulle ñ leeuwyfie kon dophou terwyl sy haar welpies een vir een van die kant van die pad dieper in die veld insleep.

  Hulle neem ook tyd om die area te verken, en verkneukel hulle aan die wildheid, die stof, die reuk en smaak van Afrika. In die aande geniet hulle die naggeluide, die veraf getrommel van ñ drom, en die misterieuse geel maan wat  in die koorsbome wegkruip.

  Die week snel verby. Dit is die laaste aand.

  Hulle weet dat die verhouding belofte inhou, dat hulle ñ fondasie het om op te bou. Hulle het gelag en gesels, gestry en debatteer. Soos kinders gespeel. Daar is ñ vonk wat dui op meer, wanneer dit tyd is.

  Hulle sit voor die kaggel en rooster malvalekkers. Sy het sy blou trui aan, en hy het een van haar goue kettings om sy nek.

  Hy staan op, soen haar op haar kop, en gaan haal sy kitaar. Hy speel ñ paar akkoorde, sing die eerste versie, en kom by die refrein. “So won't you be my be my..”

  Mika spring op, en begin haar heupe swaai, klik haar vingers en sing laggend saam in ñ hoë falsetto. “be my little Baby, my one and only. Say you'll be my Darling”....

 

18

 

 Johanna staan in die oggendlig op die stoep. Sy lyk elegant in ñ roomwit rok, met bypassende kant baadjie. ñ  Franse kadot sit kokketerig skuins op haar kop. Haar pienk hoëhak skoene is modieus. Sy hou perske bloeisels en roomkleurige teerose wat saamgebind is met ñ strik in haar hande. Haar swart oë straal.

  Mika is besig om fotos te neem voor die plegtigheid om elfuur. “Goed Tante, kyk nou links en so ñ bietjie af, dis mooi. Goed, hou die blomme ñ bietjie meer gemaklik vas. Glimlag!”

  Johanna se hart is vol. Sy voel vroulik en bemind. Sy kyk op, fluister. “Vader, U is Jehovah Yireh, my Voorsiener. Daar is niemand soos U nie. Dankie, dankie, ek loof U Naam.”

  Die dag is helder en skoon, lieflik, die lug blou, die sonnetjie warm. Lente is in die lug, en oral is die werf met groen uitspruitsels en blommetjies versier. Geelvinkies weef hulle nuwe nessies met ywer, en tortelduifies koer in die nok van die dak.

  Oom Niklaas staan in die kamer wat hy al die jare met Suzanna gedeel het. Hy is fors en regop in sy wit hemp en manel pak. Sy hande bewe toe hy sy das versigtig verstel. Hy is bewoë, en gaan sit op die kant van die bed.

  “En jy weet Suzanna, hoe alleen ek was al die jare vandat jy weg is, hoe ek verlang het na jou? Jy is my beste maatjie, nê, onthou, my liefste Pop. Daar is net een jy. Maar sy is ñ goeie mens, nê? Dierbaar, en stap met God. Jou plek in my hart is net joune jy weet dit.”

  Hy streel oor die kussing waarop Suzanna geslaap het. Vat haar portret van die tafeltjie, kyk lank daarna. Vryf met sy vinger op die glas, en sit dit in die onderste laai van sy lessenaar.

  Die gaste het al begin aankom. Een van die skure is in ñ troulokaal omskep. Tafels staan reg in lang rye, planke met bokke. Die dames in die kontrei het hulle hande en harte, bloeisels en gebak met deernis gebring. Oom Niklaas is welbekend en bemind en daar is vreugde vir hom in die harte van die wat hom ken en liefhet.

  Die musikante is besig om op te stel. Wicus en sy maat lyk interessant in hulle uitrustings, khakiklere met ñ groot hoed, onderbaadjie, velskoene, en ñ rooi serpie om die nek.

  Daar is ñ kort ronde mannetjie by hulle. Hy maak ñ elegante buigingkie, en toets sy konsertina. Die helder Boeremusiek note weerklink teen die hoë dak, vlieg vrolik deur die lug, seil oor die plaas, en bring glimlagte op gesigte en ñ jeuk na die voete.

 

  “Nou mag jy die bruid soen,” sê Ds. Van Wyk.

Oom Niklaas se gesig straal. Dit is of die jare van hom afgeval het. Hy kyk na Johanna of hy haar vir die eerste keer sien, lank en diep en innig. Hy vat haar gesig in sy hande, gee haar ñ volmond soen, en druk haar onder sy skouer, waar sy knus pas. Hulle draai na die skare, hand aan hand, en stap na hulle tafel terwyl konfetti en liefdegroete op hulle reën.

  Daar is ñ oorvloed van sagte kalfs vleis, biefstuk en rys, slaaie, boeregebak, en verskeie soorte nagereg. Pons en ñ paar bottels perske mampoer, wat Wessel Wessels se pa nog met sy eie hande gemaak het!

  Die pasgetroude paar open die baan. Toe hulle die draai vat daar by die bale, lig oom Niklaas vir die stralende Johanna op in sy kragtige arms, swaai haar in die rondte, sit haar versigtig neer, en stuur haar netjies verder.

?????????

19

 

 Frans is by die Blue Tangerine. Hy het vroeg gekom vanaand. Die rooikoppie wat hy laas week ontmoet het, is aan sy arm. Sy is skamel aangetrek, en kettingrook. Haar naels is lank, en sy het klomp verskillende goedkoop armbande aan. Sy dans wulps, en lyk begeerlik in die flitsende ligte. Frans het goeie ritme en waai sy gespierde lyf suggestief rond...hy voel baie sexy vanaand, en wil net ontspan. Hy bestel nog ñ drankie, en nog een. Druk haar styf en vryf oor haar boude. Sy giggel en soen hom in die nek. Die musiek is hard en polsend.

  Bianca en Cindy en hulle kêrels het net aangekom. Kobus moes ñ taak klaar maak, so almal moes maar ñ bietjie wag.

  Die meisies is uitgevat in stywe broeke, kort toppies, en baie kostuum juwele. Hulle het haarmaskara in, en dra dieselfde kleur lipstiffie. Die seuns is in denim broeke en T hemde met prentjies van musiek sterre op, Jimmy Hendrix en James Dean.

  Hulle kyk opgewonde rond. So ñ lekker cool plek! Wie wil nou in die fliek gaan sit? Hulle gaan op die baan, begin wikkel. Bianca doen al die passies wat sy by die huis geoefen het, waai die boudjies, wikkel die middel, skud die borsies, lang arms bo haar kop soos ñ seekat.

  Sy sien ñ ouer man met sy rug na haar toe, wat ernstig besig is om ñ rooikop meisie te bevoel.

  'Ag tog, wat soek hy hier? Silwerkop in die klub!!' Sy dans verder.

  Hulle gaan van die baan af, en koop ñ koeldrankie. Kobus wil rook, en hulle gaan staan by die sy ingang.

  “O,” sê Kobus. “Ek ken hierdie BMW! Dit lyk soos jou Pa se kar, Bianca?”

  “Ag moenie simpel wees nie, man, wat bedoel jy?” Sy loer deur die venster. Sien ñ baadjie wat op die agter sitplek lê wat lyk soos die een wat sy op Vadersdag verlede jaar vir haar pa gekoop het. Sy onthou die breë rug van die gryskop man in die klub. Haar gesig word spierwit, haar oë enorm.

  “Dit kan nie wees nie, sê sy, “dit is onmoontlik, my pa werk vanaand, ek het gehoor toe my ma hom bel! Dis snert man!!” Sy gaan met bewerige bene in die klub terug, hou vas aan Kobus. 'Kan dit waar wees, is dit moontlik?'

  Frans sit in die hoek by die rooikop. Sy gedagtes is by die werk. Hierdie projek is vir hom een te veel. Daar is een moeilike diagram wat hy net nie kon reg kry nie.

  “Poppie,” sê hy, “kom saam. Ek moet nou gou kantoor toe gaan, ekskuus, maar dit kan nie wag nie.” Sy skud haar kop, steek ñ sigaret op. “Cool, net wat jy sê.” Hulle glip by die kant deur uit, en binne minute is hulle oppad na Frans se kantoor.

  Bianca kyk in die klub rond. Sy voel vernederd en skaam. Dit lyk wraggies soos haar pa se kar. 'Nou waar sou hy wees? Miskien het ek ñ fout gemaak.' Die musiek eindig.

  “Kobus, vat my buite toe,” sê sy, “ek voel siek.”

  Hulle stap uit, en waar die swart kar was, is nou ñ groen Beetle. “Ag man, jy het jou verbeel,” sê sy en boks Theuns teen die arm. “Daar is baie swart BMW's in hierdie dorp!”

  Frans sluit die kantoordeur oop. By die hekke het hy vir die rooikop gesê om so ñ bietjie af te sak. Die sekuriteits wag ken hom al jare, en lig gewoonlik net die boom vir hom met ñ glimlag en wuif van die hand.

  “Nou, daar is koffie in die kombuis, maak vir my asseblief, en kry as jy wil hê. Daar is tydskrifte by ontvangs, so jy kan maar daardeur blaai as jy wil. Ek moet nou hier fokus.”

  Hy raak vinnig verdiep in sy werk. 'Hierdie brug is besonder moeilik, dit gaan strawwe verkeer moet dra.'

  Die soet reuk van haar parfuum dring tot hom deur, hy voel ñ sagte bors teen sy rug, ñ arm met rinkelende bande om sy nek.  “Soen my,” sê sy, “soen my nou, ek kan nie meer wag nie!”

  Sy nuwe hemp en broek lê in ñ slordige bondel op die vloer. Hy probeer inderhaas om sy kouse af te pluk, en stamp sy gespierde bobeen met ñ vloekwoord teen die lessenaar. Die wellus wat hy ervaar is oorweldigend, sy hart hamer in sy ore. Hy vergeet van alles in sy lewe wat vir hom belangrik is, enigsins saak maak. Daar is net die dringende drywende begeerte wat hom meesleur, ñ hoë golf van instinktiewe oerdrang wat hom te pletter slaan, na sy asem laat snak. Haar asem kom hygend, vinnig, haar oë is swart en uitdagend...sy is net in haar onderklere. Haar borste is tergend vol, haar naeltjiering wink in die lig. Hy maak die knippie van haar bra los.

  “En presies wat dink jy doen jy?” sê sy hoof vennoot se streng stem van die deur af. “Meneer Frans Benade, verduidelik asseblief vir my wat hier in my kantore aangaan??”

 

Adri sit op hulle dubbelbed. Daar is oop tasse wat rond staan, en Frans se klere is in netjiese stapels op die bed. Hy staan by die venster, sy gesig is wit en sy oë bloed belope. Sy wang trek senuweeagtig.

  “Ek is jammer Frans, jy moet gaan. Ek kan jou nie een oomblik meer onder hierdie dak verdra nie. Hoe kon jy, hoe konnn jy???”

  Haar maskara is onder haar wilde oë gesmeer. Sy lyk ineengesonke, en suig diep aan ñ sigaret.

  “Moet jy in die kamer rook?” sê Frans, en waai voor sy gesig met sy hand.

  “Jy, jy kla oor rook, jou skynheilige Lummel! Jy is een om te praat!!! Besoedel ons huwelik en familie met daardie trense, ons het ñ dogter!!! Jy moet vir haar ñ voorbeeld wees. Weet jy hoe voel sy omdat jy by daardie goedkoop klub was? Sy kan haar vriende nie in die oë kyk nie!”

  “Adri, Adri..” sê hy paaiend. “Daar is nog iets. My base het my gevra om te gaan. Hulle is lankal nie meer tevrede met my werk nie. Ek het baie foute gemaak in die afgelope tyd, en hulle weet ek gaan drink etenstye. Hulle gaan vir my ñ pakket gee. Jy moet verstaan dit gaan nie baie lank hou nie.”

  “Wel, dit is jou probleem. Jy gaan moet rondkyk vir iets anders.”

  Haar selfoon skel. Sy wil dit dooddruk, maar sien dat dit Mika is. Sy stap in die badkamer in, en druk die deur toe.

  “Ja, ek het hom gevra om te gaan. Dit is net te veel, hy walg my. Ek gaan dit nie toelaat nie. Hy het sy werk verloor, ja, dit lyk baie donker. My salaris is nie so baie nie. Ons sal dalk die huis moet opgee. Ons het reserwes, maar ek gaan nie nou daaraan vat nie. Oom Niklaas? Voorman al vir ñ week weg, met die bakkie? Dis ernstig! Hy het ñ saak gemaak? Dis goed. Hoe cope jou Pa? Is hy okei? Dink jy regtig so? Is jy seker? Goed, ek sal met hom praat. Love you. Bid vir my, vir ons. Praat weer.”

  Adri kom uit die badkamer, en gaan staan voor Frans. Sy sien hoe sy mondhoek trek, sien die hartseer in sy oë. Haar hart is vol trane. Sy byt haar lip, wil aan hom raak maar bedink haar.

  “Frans, Mika se pa het hulp nodig op die plaas. Sy voorman is weg met die bakkie, vir ñ week al. Hulle het ñ saak aanhangig gemaak by die polisie. Daar is baie werk, te veel vir oom Niklaas. Mika gaan vir hom vra of jy Eden toe kan gaan.”

????????????????????

20

 

 Hulle sit by die kombuistafel na ontbyt. Hulle het saam hande gevat en die dag oorgegee aan die Alwyse Vader.

  “So, my Skat, sê oom Niklaas en vryf  Johanna se palm, “sy is Mika se beste vriendin. Hulle huwelik is in die moeilikheid, en die man het sy werk verloor. Hy het ñ plek nodig om te wees vir ñ ruk totdat hy iets anders kan kry. Klink of hy sy lewe moet uitsorteer. Hy kan in die leë huisie bly, dan is hy op sy eie. Ons moet van die rommel uit die waenhuis haal, hy sal seker sy kar wil intrek. Wat dink jy, my Nooi?”

  Johanna kyk na hom met deernis en ñ sagte glimlag.

  “Jy wil ook altyd almal help. Dis een van die redes waarom ek jou so waardeer. Natuurlik kan hy kom. Ek sal die bed vars oortrek, en seker maak die geyser en yskas is aan. Ek sal vir Lena vra om die spinnekop die trekpas te gee, en die muismis te verwyder. Hy sal seker meestal hier by ons sy maaltye kry?”

  Hy soen haar op die voorkop. “Goed, dankie, dan is dit gereël.”

  Oom Niklaas stap af in die gang om sy hoed te gaan haal.

  “Johanna, en wat is die?” Sy stap deur en kom langs hom staan. Op die telefoon tafeltjie is die mooi foto van Suzanna wat Niklaas in die laai gesit het, die dag van hulle troue. ñ Paar vars Strelitzia pryk in ñ langsteel vaas.

Sy glip haar hand deur sy arm, kyk op met mistigheid in haar oë. “Sy het ñ plek op hierdie plaas wat net hare is Niklaas my man. Dit is vir my goed so.”

Die volgende dag kort voor middagete stop ñ BMW vol  stof voor die agterdeur. ñ Silwerkop gespierde man klim uit, en staan huiwerig by die kar. Oom Niklaas het die honde hoor blaf, waar hy aan ñ trekker werk, en kom aangestap, met olie aan sy hande, wat hy aan ñ ou stuk lap probeer afvryf.

  “Frans! Ek  het jou so lanklaas gesien. Laas by Plettenberg Baai?” Hy skud sy hand. “Askies vir die olie” sê hy, “plaaswerk is vuilwerk meestal.”

  Hy kyk na hom, let op die vernedering en pyn op sy aantreklike gesig.

  “Jy het net op die regte tyd gekom, Seun, ek het jou bitter nodig!”


Submitted: June 30, 2013

© Copyright 2020 Huldah. All rights reserved.

Chapters

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

Add Your Comments:

More Religion and Spirituality Books

Other Content by Huldah

Book / Religion and Spirituality

Book / Religion and Spirituality