Chapter 7:

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

Status: Finished  |  Genre: Religion and Spirituality  |  House: Booksie Classic

Reads: 291

25

 

Ek is bly julle is op tyd. Dissipline is belangrik. Welkom Kobus en Michael. Die dogters het al heelwat om vir julle te leer. Ek is Johan Arendse, en selfverdediging, die  aanwending van wapens en die kombinasie van die twee is my spesialiteit.”

  Hy staan gemaklik voor hulle. Hy is goed gebou, sy grys hare netjies kort gesny.

  “Dit is belangrik dat mens weet hoe die goed integreer. Luister asseblief met aandag, hierdie informasie vorm ñ fondasie vir jou. Dit is belangrik dat mens die regte geestesbenadering het, en jouself nie toelaat om as ñ slagoffer geeïen te word nie. Dit is dan dat die misdadiger seëvier, in dat hy jou eien en identifiseer as ñ slagoffer.

  Die mate waarop jy jouself daarop voorberei sal maak of dit makliker is al dan nie, indien jy jouself in ñ moeilike situasie bevind.

Die manier om dit te oorwin is om in die eerste plek jouself daar te kry dat jy altyd omgewings bewus is, dat jy weet wat om jou aangaan, en dan sal jy jouself kan verdedig. Hou jou oë ten alle tye oop. By verkeersligte, waar jy stap en ry. In die omgewing waar jy woon, voor en om jou huis. Kyk om jouself, identifiseer moontlike verdagtes. Gee spasie in verkeer vir jouself ingeval jy besluit jy wil die krag van jou motor gebruik om jou uit ñ ontwikkelende situasie te verwyder. Hou jou vensters op ñ klein skrefie oop by verkeersligte, en moenie bedelaars aanmoedig wat daar staan nie. Maak seker jy het ten alle tye genoeg brandstof, moenie onder ñ kwart tenk gaan nie.

Bly fiks, want dit is belangrik vir jou daaglikse lewe, en spesifiek in ñ noodsituasie.

  In die eerste plek dan, ñ ingesteldheid van bewustheid en paraatheid. Twedens die vermoë om jouself fisies te verdedig. Met slegs jou liggaam, en of die aanwending van wapens.

  Dit sal dan insluit die tipiese martial arts. Weet jy waar die sensitiewe dele van jou opponent se liggaam is, sodat jy hom kan deaktiveer?”

Die seuns kyk na mekaar, skud hulle koppe, begin skryf.

  “Wapens kan wees iets wat ter hande is, soos ñ stok, ñ baton, iets swaar, of iets met ñ lem. Dit sluit in kombuis gerei. Anders, ñ pistool of geweer, waarmee jy die bedreiging van ñ afstand kan beheer.

  Dit is belangrik om vooraf te besluit dat jy maksimale pyn aan jou teëstander wil toedien. Boelie die boelie! Dit gaan die graad van pyn wees wat jou aanvaller gaan oortuig om die aftog te blaas.”

  Die vier tieners sit in ñ ry by die selfverdedigings lokaal. Kobus en Michael het besluit hulle gaan nie die meisies toelaat om meer paraat te wees as hulle nie, en woon ook nou die klasse by. Hulle sit op die punt van hulle stoele, luister aandagtig, en neem notas.

  Aan die einde van die sessie kom Johan na hulle toe, en skud hulle hande, kyk hulle goedkeurend op en af.

  “Dit is ñ lewensbelangrike besluit wat julle geneem het om hier te wees. Dit gaan letterlik om oorlewing. Kry asseblief dadelik ñ oefen program in plek, as julle nie een het nie, dit sluit in kardio, en spier ontwikkel. Ek verwag dat julle elke sessie bywoon, en die huiswerk doen. Onthou, wees?” “Paraat, en hou ons oë oop!” sê die tieners gelyk.

  Na die sessie eet die jongmense by Bianca.

  “Ek gaan elke klas bywoon,” sê Kobus. “Ek gaan my pa ook vra om te kom, ons moes dit lankal gedoen het. Wat van jou, Tannie Adri?”

  Adri kyk hom peinsend aan. “Dit klink soos ñ goeie idee! Nou asseblief Maats, ek hensop by voorbaat. Vier teen een is ñ bietjie straf! Ons gesels weer as ek my opleiding voltooi het!”

  Sy stap op kantoor toe. Haar kursus vorder mooi, en sy voel dat sy een van die dae meer in beheer sal wees van haar inkomste en finansies. Sy weet dat sy nie vir altyd op Frans se inkomste kan staatmaak nie. Hulle praat eenmaal ñ week, die gesprekke is nou langer. Hy deel staaltjies oor die plaas, die mense wat hy leer ken, oom Niklaas en sy vroutjie. Sy mis hom, maar kan dit nie vir hom sê nie. Sy is nog rou oor die verraad, en sy veragting en verwerping van haar. Sy bespeur wel ñ rustigheid in hom, ñ sagtheid. Die plaaslewe doen hom goed, dit is duidelik. Sy voel ñ bietjie jaloers, sy sal graag self wil gaan stap, en net haar eie gedagtes vryheid gee. Sy was in die verlede by Eden met Mika, het baie daar oorgeslaap as dogter, en ken die plaas goed.

  Sy het stilweg haar verjaarsdag gevier met Mika en Wikus, Bianca en haar kêrel, en natuurlik Cindy en Michael. Daar was ñ missed call op haar sel, wat die plaas se nommer gewys het, maar sy het nie teruggebel nie. Daar was ñ ekstra twee duisend in haar rekening, met die kosgeld, en sy het geweet dat dit Frans se geskenk aan haar is.

 

Mika se winkel is in dieselfde sentrum as die salon waar Adri die laserbehandeling ondergaan.

  Na haar sessie op ñ middag na werk, loer sy gou by haar vriendin in. Die winkel is stillerig, en hulle gaan sit in die teekamer met ñ melkskommel.

  “Mika, ek wil jou ñ guns vra. Ek het besluit om vir ñ naweek weg te gaan, alleen, net om spasie te maak vir my kop, myself ñ bietjie te vind. Ek het vir berading begin gaan, en innerlike genesing. Ek het besef dat daar verandering in my moet plaasvind. Daar is groot aspekte van my menswees wat ek moet aanspreek. Onthou jy ek het jou van die boek van Robin Norwood vertel? Ek identifiseer met haar teorie, en besef dat omgee en beheer twee sterk karaktertrekke van my is, oor my disfunksionele kinderjare. Ek verstaan ook waarom ek en Frans mekaar gekies het. Ek weet hy moet verander, maar dit is iets wat ek ook aan moet werk.

  Sal jy omgee om na Bianca vir my te kyk? Ek sal disse voorberei en vries, dan kan jy dit net warm maak. As jy dan vir een aand kan oorslaap, en net sien dat sy haar huiswerk doen?”

  “Natuurlik Vriendin, dis ñ skitterende idee. Leen vir my die boek as jy klaar is?” Sy spring op, gaan in die winkel in, kom met ñ speelpakkie in haar hande terug.

  “Hier, net die ding!! Kry hom pasella!” Adri glimlag bly en gee haar vriendin ñ klapsoen.

  “Dankie Sussie, jy is kosbaar. Maar nou, Mika, praat met my oor Mark. Hoe gaan dit regtig met jou?”

  Mika se gesig val, sy vroetel met die tafeldoek.

  “Dis vir my moeilik. Om te dink ons was altwee al die jare alleen, ons kon mekaar geken het! Ek kon Igna met hom gedeel het. Ek  het hom op gegee vir Elsbet, het haar die geluk gegun. Jy weet sy hét so nou en dan geskryf? Altyd net ñ paar lyne. Nooit teruggeskryf of geantwoord op ons briewe nie. Dit was so weird.”

  “En Wicus?” “Ek het vir Wicus gesê wat gebeur het. Hy ken die hele storie, ons praat oor alles. Ek weet nie, Adri, my kop en gevoelens is deurmekaar. Ek het hom gevra om vir ñ rukkie weg te bly. Dink jy ek is dom?”

  “Nee Vriendin, net eerlik, soos ek jou ken. Opreg, dit is belangrik. Ek hoop dat jy antwoorde gaan kry, rigting. Maar vertel van Igna?”

“Hy het nou al twee keer by sy pa gaan kuier. Hulle bou stadig ñ verhouding en geniet mekaar blykbaar geweldig. Nog nuus is dat hy nou ñ vriendin het, ñ Suid Afrikaner nogal. Pragtige meisie. Elke keer as ek en hy praat is dit Jana voor en agter, lyk my sy doen hom goed. Ek is bly, sy klink ordentlik en dierbaar.”

  Die volgende Saterdag is Adri gereed om te gaan. Haar tas is gepak, uiters netjies, met net die nodigste. Sy kan nie wag om weg te kom nie. Sy lyk aantreklik en vroulik in ñ sagte katoen bloesie. Haar denim broek sit mooi om haar skraal rondinge. Haar eenvoudige platinum oorringe pas by haar uitrusting en rond dit goed af. Sy het ñ paar  armbande aan, en lekker stapskoene van egte leer, wat sy in New Zealand gekoop het, ñ paar jaar terug.

  Sy los ñ nota vir Mika en Bianca, wat al vroeg uit is vir die dag, met baie soentjies en ñ mwah!

  Haar BMW grom entoesiasties toe sy op die N4 klim oppad na die wild reservaat by Buffelspoort, en eet gou die kilometers op.

  Daar gekom is die staf vriendelik en behulpsaam. Die vroutjie by ontvangs neem tyd om te gesels en oor Adri uit te vra. Adri waardeer dit en glimlag net stil, sê nie veel nie.

  Die klein kliphuisie is goed ingerig, eenvoudig, gemaklik. Adri maak vir haarself ñ koppie tee, gebruik die suiker in die papierpakkie en die poeier melk, en gaan om die omgewing te verken. Die plek is gerieflik uitgelê met ñ hele paar huisies, en ñ karavaan staanplek. Daar is bome en ñ groot swembad. Later toe sy teen sononder gaan stap sien sy ñ eland en ñ paar springbokkies. Ook ñ trop groot nuuskierig ape, wat haar ñ bietjie bang laat voel.

  Die aand sit sy met ñ glasie Rosé by die swembad. Sy het haarself ñ bietjie bederf, en ñ paar lekkernye ook gebring. Griekse yoghurt en skyfies om daarin te druk. Lekker Lindt sjokolade. Gevriesde hoenderbredie met rys om gou warm te maak. Wors wat Mika van die plaas af gebring het, vir ontbyt.

  Sy kyk op na die sterre, soveel meer sigbaar as in die stad.

  “Wat moet ek doen?” Fluister sy in die nag in. “Ek weet nie. Ek is nog lief vir hom, en ek kry hom jammer, maar hoe gaan ons dit regmaak? Sê nou maar hy doen dit weer? Ek sal dit nie kan verduur nie. Help my, wys my?”

 

 26

 

Die dames sit in die voorkamer op Eden. Almal is uitgevat, en hulle sit gedemp en gesels.

  Tante Johanna het ñ Bybelstudie begin, en die dames van die kontrei het dit entoesiasties begin bywoon. Sy lyk vorstelik in haar koningsblou pakkie, met pêrels om haar nek.

  Hulle het klaar gekoek en tee, en is reg vir die praatjie.

  “More almal. Dit is vir my ñ voorreg om julle hier te hê. Julle lyk soos ñ blomtuin! Na gelang van die vrae verlede week, kyk ons na die pad wat ons stap met God nadat ons Hom aangeneem het. Ons sal ook die profetiese woord wat ons genoem het vandag ondersoek.”

Sy gee vir hulle ñ klein bietjie van haar eie agtergrond, vertel ñ paar stories, en gaan voort.

  “Dit gaan natuurlik essensieel oor transformasie. Ons het nodig om ons sondes te bely, ootmoedig voor God te word, te bely dat Jesus Christus die Seun van God is. Dat Hy vir ons sondes gesterf het aan die kruis, om versoening te bring tussen ons en die Ewige Vader...en Hom dan toe te laat om ons te transformeer. Dit begin met weergeboorte, soos beskryf in Johannes 1 vers 12 en 13, en daarna werk die Heilige Gees in ons. Dit is ñ proses, en neem ñ leeftyd. Sy gestalte neem vorm aan in ons. Bevryding en innerlike genesing is deel van die proses. Dikwels het die vyand ñ wegkruipplek in ons lewens, en ons moet hom daar uitboender. God wil ook emosionele kneus en seerplekke aanraak. Vergiffenis is van kardinale belang. Hy wil die hele ou mens kruisig, sodat Christus in ons kan ontwikkel. Ons word kinders van God, Hy voorsien vir ons, Sy Naam beskerm ons, en hou ons veilig. Dit is essensieel dat ons met die Heilige Gees gevul word, en daagliks in Sy krag stap. Alle outoriteit behoort aan Christus, en Hy het dit aan ons as Koningskinders oorgemaak...

  Hierdie dinge wat in die land gaan gebeur, wat ons verlede week bespreek het, is deel van ñ globale aksie van God. Hy is besig om siele te reinig, en mense na Hom terug te bring.

  Dit is deel van Sy oordele oor volke en nasies, met die doel om hulle weer by Hom te kry voor die finale Eindtyd gebeure. Dit sluit in globale chaos en natuurrampe. en die sewe jaar brutale oorheersing deur die Antichris. Hy gaan van alle mense verwag om ñ merk op hulle hand of voorkop te hê, met die nommer 666. Dit is die merk van die bees. Tegnologie is in plek om dit uit te voer, en die microchip word reeds gebruik vir diere en in sekere instansies, mense. Moet onder geen omstandigheid die merk aanneem nie!

  Die terugkeer van Christus ons Heer gebeur iewers in daardie periode, om Sy Kerk weg te raap!! Daar is verskillende menings oor presies wanneer, lees Mattheus 24, waar Christus dit uitspel. Ek persoonlik is van mening dat Hy in die middel kom. Verder het ek vir julle die boeke van Robert van Kampen op my koffie tafel geplaas, kyk gerus daarna. Hy spel die eindtye versigtig uit in sy boeke, “The Sign,” en “The Third Reich.” Ek stel voor julle bekom ñ eie kopie.

As jy Jesus Christus ken, leer Hom beter ken, as jy Hom nie ken nie, maak seker dat jy Hom leer ken.

Ons huiswerk vir volgende week is die boek van Esther. Lees dit asseblief versigtig deur, en vra vir die Heilige Gees om dit vir jou oop te breek.”

  Frans stap die huis in. Hy het gou ingekom om medisyne en ñ spuitnaald te kry vir een van die siek koeie en staan stilletjies in die gang.

  Tante Johanna se stem is sterk en seker.

  “Net Hy kan ons veilig hou, ons lei. Hy het ñ plan vir ons lewens, en ons moet gehoorsaam wees sodat dit tot uitvoer kan kom.”

  Frans voel of sy met hom praat, of haar woorde slegs aan hom gerig is.

  Daardie aand na ete stap hy met ñ seker tred na die bloekombos. Dit is reënerig, en hy vat ñ dik baadjie saam. ñ Massiewe boom wat deur weerlig oopgekloof is, lang jare gelede, staan in die middel van ñ oopte. Hy  haas hom na die plek, val op sy knieë by die verwoesde stam, verberg sy gesig in die baadjie, en begin te ween. Luid in die stilte klink die stem van ñ mens wat ñ leeftyd van verwerping en sonde ervaar het, wat afgesny was van sy God, sy Bron. Iemand wat sy beste gedoen het in sy eie krag, en net nie kon wen nie. Soos ñ Jacob worstel hy met sy God, en ure later, toe hy omdraai met ñ skynende gesig, is hy ñ nuwe man.

27

 

 Oom Niklaas is oppad dorp toe. Hy weet alles is veilig in Frans se hande, en hy gaan met ñ geruste hart om sy boekhouer te sien.

  Dinge lyk baie beter op die plaas. Die stoet is oor die algemeen gesond, sy mielies kom goed aan. Die inkomste van die stoetkallers het ñ goeie som ingebring. Ook die padstal is heelwat winsgewend.

  Iets wat hom wel pla, is die feit dat daar van die diesel uit die stoorkamer weg is. Hy het dit nou al ñ paar maal opgelet. Ook die gestoorde blikkieskos, droë wors en biltong in die rondawel lyk minder. Tante Johanna het raakgesien dat die hoenders minder word. Hy het met Frans gepraat, met Lena, en ou Ben, maar hulle weet niks nie, en hy kan aan hulle eerlike oë sien dat hulle die waarheid praat.

  “Grmmmphh”, mompel hy in sy baard. “Ek weet ek word oud, maar ek kan sekerlik nog tel??”

  Vandag is daar iets ekstra wat hy in gedagte het. Frans het onlangs begin perdry lesse neem op ñ naburige plaas. Hy is vol entoesiasme, en gesels graag oor dit wat hy leer, en hoe hy die perdry geniet.

  Oom Niklaas klim af van die grootpad, en ry in by die plaas van Wessel Wessels. Hulle het op die foon gepraat, en Wessel verwag hom.

  Hulle groet, en stap dadelik na ñ veld skuins onder die plaashuis. Daar is ñ aantal perde wat staan en wei.

  ñ Swart hings, ñ paar merries, en ñ paar jonger perde. ñ Jong reun kom nuuskierig na die houtpaal omheining toe, en snuffel aan Niklaas se hand.

  “Hierdie een is te koop, Oom Niklaas. Hy is al ingebreek, en het ñ mooi natuur. Hy is gesond en vurig en vinnig.” Oom Niklaas betrag die dier. “Goed, ek neem jou woord daarvoor, ek sal hom neem.”

  Hulle stap terug kar toe, en oom Niklaas haal ñ tjekboek uit sy leertas. Hy skryf die syfers in, teken met ñ groot swierige handtekening onder aan die tjek.

  “Daar's hy!” sê hy tevrede, en skud Wessel se hand.

 

  Die volgende dag kom Wessel met sy perdesleepwa op Eden aan.

  Dit is ñ Saterdag middag, en Frans is in sy huisie, besig om te lees. Sedert die aand in die bos met God, het ñ skynbaar onversadigbare honger vir die Skrif in hom opgestaan. Hy het ñ Bybel by oom Niklaas gekry, en spandeer elke vry oomblik met die Boek.

  Daar is ñ kug by die deur, ñ klop.

  Frans merk die plek waar hy lees met ñ tarentaalveer, en staan op. Wessel staan met ñ glimlaggie daar.

  “Middag,” sê hy vriendelik. “Ek het ñ aflewering om te doen.”

  “O,” sê Frans, “dit is natuurlik vir oom Niklaas. Jy weet waar sy huis is, wil jy het ek moet hom roep?”

  “Mm, nee, sover ek verstaan is dit vir jou.”

  “Wel, sover ek weet het ek niks bestel nie!”

  Hy stap uit, en op dieselfde oomblik stap oom Niklaas by sy agterdeur uit, en kom vinnig oor die gras aan. Hy stop by die hekkie en staan en kyk.

  Wessel maak die grendel los, en versigtig en ferm lei hy die jong wit perd uit tot voor Frans.

  Oom Niklaas stap oor en kom staan langs die dier, praat saggies met hom. Hy vat die teuels, en sit dit in Frans se hande, kyk  liefdevol na hom, met aanvaarding en respek in sy omlynde oë.

  “Frans, my seun, net om dankie te sê vir jou hier op die plaas, en alles wat jy vir ons beteken.”

  Frans is oorstelp. Die jong seun in hom wil jubel en juig, bollemakiesie slaan. Trane maak dit moeilik om die ouer man se gesig te sien. Hy vee sy neus skuinsweg af aan sy hemp, sluk aan die groot knop in sy keel. Hy sit sy arm om die ouer man se skouer, en kyk na hom met innige warmte.

  “Dankie dat jy vir my die Vader se hart gewys het, Oom Niklaas, dit maak die wêreld se verskil aan my. Ek waardeer dit meer as wat ek ooit kan sê.”

28

 

Ek wil net die beste vir jou hê, Mika, ek hoop jy besef dit?”

  Hy het haar hand in syne. Hulle sit in Wicus se ateljee. Laat middagson stroom deur die vensters, en verander alles in goud. Dit skitter in Mika se hare, skep ñ stralekrans om haar hoof.

  Hy stap oor na die lewensgrote beeldhoustuk, Mika in brons. Sy sit soos ñ meermin op ñ rots, grasieus en vroulik, misterieus en begeerlik.

  Sy oë pleit. “My liefde vir jou is groter as enige iets wat ek nog ooit ervaar het, dit vul my van binne, dis ñ lig in my kop in die nag..my liggaam verlang en gee my nie rus nie..ek is vol gedagtes en verlangens..Mika, Mika! En juis daarom is ek gewillig om jou vry te maak, te kies wat jy wil vir jou lewe. As jy by my is, is dit jou vrye keuse, ek gaan jou nie ñ prisonier van my liefde maak nie.”

  Sy blou oë is direk, vol pyn. “Gaan na hom toe as jy moet! Hier die is ñ ouer liefde as ons s'n, en julle het ñ kind saam. Dit tel vir baie, ek verstaan dit. Maar weet ook dat ek in my wese vir jou sal dra, dat hier,” en hy slaan op sy bors, “ñ plek is vir jou, ñ veilige hawe.” Hy draai om en staar by die venster uit. Mika sien dat sy skouers ruk.

  Sy kyk na hom met deernis. Dis nou al weke dat hulle mekaar nie sien nie, want sy wou haar gedagtes uitsorteer. Mark het ñ paar maal gebel, en hulle het geSkype. Die ou gevoel is nog daar, vir albei van hulle, en dit is vir hulle ñ wonder dat hulle mekaar weer gevind het, na al die jare. Dit is vir Mika heerlik om Igna met hom te deel, en sy is ekstaties oor die verhouding wat besig is om te ontwikkel tussen die mans.

  Sy staan langsaam op, stap oor na waar hy staan, vat sy hande. Die lig val in ñ poel oor hulle, goue figure in ñ sprokiesverhaal.

  “Jy is die mees wonderlike mens, Wicus. Jy het vir my liefde gebring, reën in my dorre Karoo. Jy het ñ duisend vreugde blomme in my siel laat opstaan, ek sal dit altyd onthou. Maar, kan jy sien, oor my liefde vir jou wil ek jou nie verneder nie. Ek respekteer jou te veel om aan jou verdeelde aandag te gee, verstaan jy? Jy verdien net die beste, en ek kan dit nie nou vir jou gee nie.”

  Sy bring sy hande na haar gesig, soen hulle innig. “Ek gaan nou ry, oukei? Bel my so nou en dan. Ek wil weet dat dit goed gaan met jou.”

  Hy gryp haar vas, ru, hou haar teen sy bors, koester haar daar. Draai haar om, en stoot haar in die rigting van die deur.

  Mika stap uit na haar motor toe, klim in, draai die enjin. Sy kan nie sien wat sy doen nie...sit die motor in ñ verkeerde rat, probeer weer. Sy kyk op, en sien sy sihouette in die venster geraam, kop onderste bo, sy skouers geboë.

  Sy ry huis toe en ween. Huil hardop, en haar skouers ruk. Hoekom kan sy nie besluit nie? Sy wil vir Mark hê, sy wil by Wicus wees. Dit is ñ onmoontlike situasie. Sy voel kwaad vir haarself, verag haarself.

  Sy verander van gedagte, en gaan liewer Studio toe. Dit is Saterdag middag, en die winkel is toe. Sy maak vir haarself ñ koppie tee, en gaan sit op die blou bank.

  Sy spring weer op, gryp ñ stuk papier en houtskool, en begin skets. Wicus se lang hare wat om sy skouers hang, sy baard, sy oë. Sy vat nog ñ stuk papier, skets, Mark, sy oë, die kloof in sy ken. Sy plaas elkeen op ñ esel, langs mekaar, kyk lank. Gaan lê op die bank met en ñ verdeelde hart en trane wat uit die hoeke van haar oë loop. Lê met malende gedagtes tot die genadige donker haar onder sy mantel verskuil.

  Haar foon lui, skyn soos  ñ groot vuurvliegie in die donker. Sy stap oor na die tafel, val oor haar voete in die halflig.

“Hallo, Mika?” Dis Adri. “Waar is jy?” “Ek is sommer hier by die studio. Hoekom?” “Kan ek vir jou kom kuier? Ek moet met jou gesels.” “Goed, kom, ek is juis alleen, die geselskap sal vir my goed wees.”

  Mika stap badkamer toe, borsel haar hare. Sy het kringe om haar oë, en haar mondhoeke hang. Sy sug. 'Partymaal het mens geen liefde nie, en dan weer te veel. Watter sin is daar in dit?'

  Sy laat Adri in. Hulle druk mekaar lank. “Wil jy eet? Ek moet nou kos inkry. Wat van ñ lekker ontbyt tipe iets? Spek, tamatie, eier, roosterbrood?”

  Hulle gaan sit by ñ tafeltjie in die teetuin, steek ñ kersie aan. Die vriendinne eet rustig saam, praat nie juis nie, absorbeer mekaar se nabyheid en warmte.

  “So dan, wat is die probleem?” vra Mika. “jy wou met my praat.”

  Adri se gesig is troebel. “Ek het jou gesê dat dit beter gaan met Frans. Weet jy dat jou pa vir hom ñ perd gekoop het? ñ Mooi wit reun. Ek begin alhoemeer dink dat ek hom wil sien. Gesels, net weer by hom wees. Hy is my man, Mika, vir al hierdie jare. Hy betaal gereeld elke week ietsie vir my in, dikwels meer as wat ons afgespreek het. Hy klink anders..ek weet nie..sagter, dieper. Bianca het vir die eerste maal nou die aand met hom gesels. Sy dink ook hy het verander. Het jy enige idees, wat dink jy?”

  Mika sit met haar oë toe, luister in haar hart.

  “Wel, Kersfees is om die draai. Hoe sal dit wees as jy en Bianca plaas toe kom, sê, vir die periode tot net na Nuwe Jaar? Dan kan julle gaan stap en gesels, en ons is almal daar, so dan is julle nie heeltyd alleen nie. Miskien kan hy vir Bianca leer perdry, dan kan hulle so aan hulle verhouding werk? Het ek jou gesê Igna kom huistoe? Ek kan net nie wag nie.”

  “Ek is bly vir jou.” Adri frons. “Maar sal die huis nie te vol wees nie?” “Paps en Tante Johanna sal bly wees om meer gaste te hê. Jy weet in die ou dae moes daar baie kermis beddens opgemaak word, met al die familie en kennisse. Moenie gepressure voel nie, dink daaroor na, ek offer dit.”

  Adri raak aan haar vriendin se hand, hou dit vir ñ rukkie vas. ”Goed, ek sal. En dinge met jou, liewe Mika?”

  “Ag, ek wil dit nie eintlik bespreek nie. My kop is deurmekaar, en dit is iets wat net ek kan uitsorteer. Ek staan by ñ kruispad, en moet kies, maar eintlik wil ek nie..hoe weird is dit?”

 

Dit is Sondagaand, en Mika het haar hare gewas. Sy staan met die handdoek en vryf aan haar lokke, lyk vroulik in haar somerspajamas van pienk katoen. Sy lig haar kop, luister..'Ja, dit is die Skype ringtone.' Sy laat val die handdoek, hardloop kaalvoet na die rekenaar, en klik op die skerm. Plak haarself op die stoel neer, ñ wye glimlag op haar gesig. “Mark, halloo!! And how are you?? Het nie hierdie oproep verwag nie. Is Igna daar? O nie. Vertel my?” Hy is daar op die skerm voor haar, in lewende lywe. So aantreklik, met sy intelligente oë en blonde hare, ñ bietjie grys langs die slape. ñ Volwasse man nou. Die fokus van haar liefde en verlange vir so baie jare. Hoe het sy hom gemis toe sy Igna gedra het, hoeveel maal wou sy hom bel, of foto's stuur van die oulike seunjie wat hulle s'n is, die vervulling van hulle liefde en passie.

  Mark se stem is diep, rustig. “Hy is ñ wonderlike mens. Jy het hom goed grootgemaak, Mika, ek sê dankie. Hy is ñ krediet vir my, verstom my met sy kennis en wysheid. So goedgemanierd, en hulpvaardig, aangenaam.” “Wel,” sê Mika, “die appel val nie ver van die boom af nie, wat is die ou gesegde?”

  Heen en weer vlieg die kommentaar, met lang gemoedelike stiltes tussen in, skaam glimlagte. So baie om op te vang, se baie om te verstaan..ñ man en ñ vrou, nou amper twintig jaar later, wat mekaar verloor het, en weer gevind het..

 


Submitted: June 30, 2013

© Copyright 2020 Huldah. All rights reserved.

Chapters

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

Add Your Comments:

Other Content by Huldah

Book / Religion and Spirituality

Book / Religion and Spirituality