EDEN SONG (AFRIKA WIEGELIED)

Reads: 3279  | Likes: 0  | Shelves: 0  | Comments: 2

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

More Details
Status: Finished  |  Genre: Religion and Spirituality  |  House: Booksie Classic

Chapter 9 (v.1)

Submitted: June 30, 2013

Reads: 242

A A A | A A A

Submitted: June 30, 2013

A A A

A A A

34

 

Ek kan nie glo ek is terug op Eden nie, Oupa!!”

Hy staan naby aan Niklaas wat oor die draad sy Afrikaner bul betrag. Sy oë skyn en sy vel is al klaar ligbruin. Hy staan in ñ kortbroek, T hemp en sandale, en geniet bewustelik die strale op sy ledemate.

  “So dit is nou Oupa se nuwe bul? Hy was seker baie duur?” “Ja, my seun, ñ arm en ñ been. Maar hy is van die beste. Jy weet as jy teel dan moet jy seker wees van die herkoms van jou diere. Daar is baie faktore om in ag te neem. Ek beplan dat ander boere sy saad ook sal gebruik. Ek wil eksperimenteer met Afrikaners in hierdie geweste, sal dalk later ñ paar Drakensbergers ook aanskaf. Die kudde kom mooi aan, wat dink jy?”

  “Lyk goed Oupa,” sê Igna, trots dat sy oupa sy opinie vra.

  “So Oupa, enige nuus oor Thabo?” “Niks my seun.” Die ou boer lyk deemoedig. “Die polisie het geen leidrade nie. Ek hoop hy is orraait.” “Ek het so gehoop om hom te sien. Ek het vir hom ñ lekker paar wit en swart check tekkies gebring, net sy styl. Ek sal dit maar solank vir Lena gee.”

  Frans kom aangestap en staan by hulle, vat vir Igna aan die skouer. Hy het hom by die lughawe gaan haal, aangesien Mika nie die winkel kon los nie. Igna het as kind dikwels aan huis gekom by Adri en Frans, en ken hom al sy lewe lank.

  “Ek het die karavaan huistoe gebring, Oom Niklaas. Dis ñ Sprite Splash. Die kook fasiliteit is aan die buitekant. Daar was ook ñ spesiale aanbieding op jerrie kanne, toe het ek sommer vir Oom ñ paar gekry.”

  Die mans bring vir Igna op datum met die gebeure in die land, en die sekuriteits vergaderings, en wat daar gesê is.

  Hulle stap oor na Frans se erfie, en inspekteer die karavaan. “Mooi aerodinamies. Jy kan hom onder die vry afdak parkeer as jy wil, dan kan ons ñ seil ophang om hom te beskerm.

 So van beskerm gepraat. Daar is nog van die hoenders weg. Ek dink ons moet wagstaan in die aande. Ek het snaakse spore gekry na die reën daar onder naby die mielielande. Jy weet ek het jou gesê daar is goed wat wegraak. Sal ons beurte maak? Igna, my Staatmaker, sal jy ñ bietjie slaap opgee?”

  “Verseker Oupa,” sê Igna met oë wat blink. Dit klink soos ñ avontuur! “Goed, dan kan ek weer ñ bietjie oefen. Ek kry nie ñ kans daarvoor in die UK nie, mense besit nie regtig wapens daar nie. Is daar nog ammunisie vir my .22?”

  “Ja, my seun, ek het nou die dag vir jou die houer volgemaak. Frans?” “Ja, oom Niklaas ek is reg.”

  Frans se oog en hand is in. Hy het in sy jeug gejag, en het steeds wonderlike herinneringe van kampvure en sterre nagte in die Bosveld, met sy oom en neefs. Vandat hy op die plaas is oefen hy gereeld met oom Niklaas se wapens in die bos. Daar is baie duiwe en muisvoëls, wat ñ pes is. Ook rotte, wat selfs van tyd tot tyd  ñ bietjie by Frans kom kuier in die huisie, en aan sy avokadopere en vrugte knaag.

  Frans het ñ ligte bewing in sy lyf. Hy voel om die beurt uitgelate, bewoë, bevrees. Sy huisie is sprankelskoon, sy beddegoed vars. Hy het sy kaste volgemaak, net ingeval hy dalk iets vir die tafel moet opdis. Kook is nie sy beste gawe nie, maar hy kan homself darem help. Hulle sal elke dag die hoofmaaltyd aan die geelhoutafel eet, tante Johanna het daarop aangedring. Hy het probeer onthou waarvan Bianca hou, en het besef dat hy geen idee het nie. Groot fases van haar ontwikkeling het by hom verbygegaan, die laaste jare. Wat hy wel het, is ñ perdry hoed, en ñ paar stewels. Hy het die rydrag uitgestal in sy huisie, en in sy verbeelding sien hy haar daarin. Hy mis sy dogter, en bid ernstig dat hulle weer verhouding kan bou.

 

35

 

 Adri bestuur, maar sy sukkel om te fokus. Daar is baie verkeer, en dit is nodig dat sy elke sekonde haar oë op die pad hou. Vakansiegangers is oral, baie oppad see toe. Hier en daar is ñ voertuig wat tot op die dak toe vol gelaai is. Heelwat mense kon eers laat wegkom. Gelukkig is Heidelberg nie te ver nie, en hulle sal darem netnou daar wees. Die verkeer word minder hoe nader hulle aan die dorp kom.

  “Ah, daar is die groot dam aan die linkerkant, so dit is amper tyd vir afdraai.” Sy voel opgewonde. Die liefde wat sy vir so lank moes onderdruk vul haar bors, skyn in haar gesig.

  “Dink Ma die boots  sal reg pas? Ma weet ek groei vinnig.” Bianca sit langs haar ma, en Kobus sit agter.

  “Ek is seker my kind, ons het dan net laas week jou voete gemeet.” Sy glimlag en vat aan Bianca se hand. ”Pa het sy beste gedoen, ek is seker dit is reg.”

  By die plaas gekom, spring Kobus en Bianca om die beurt uit om die hekke oop en toe te maak. Hulle het ñ weddenskap aan om te sien wie dit in die kortste tyd kan doen. By die laaste hek besluit hulle om na die huis toe te stap. Adri ry alleen verder oor die brug en stop langs die trekker.

  Frans het die vordering van die stofwolke dopgehou, en stap haastig uit om onder die groot bloekom te wag. Toe Adri stop stap hy stadig nader. Hy voel hoe sy hande bewe, daar is ñ Afrika drom in sy borskas.

  Adri bly sit agter die stuurwiel, kyk na hom deur die venster. Sy wil huil, lag. Hy lyk só goed in sy khakiklere. Hy is bruin verbrand, en selfs meer manlik as voorheen.

  Sy klim uit, staan langs die motor in die half oop deur. Gee ñ tree in sy rigting, kyk in sy pleitende oë, en sien daar nederigheid, liefde, passie, verlange...

  Hy maak sy arms oop, en met ñ snik val sy in sy honger omhelsing. “Ek het jou gemis,” sê hulle tegelyk, en lag in mekaar se oë. Hy buig af en vind haar sagte lippe. 'My Vroutjie,' dink hy, 'myne!'

  “Pappie, Paaaps!” Bianca kom soos ñ springbokkie oor die beesmis blertse aan, hardloop in hulle omhelsing in, en staan tussen hulle met ñ arm om elk.... “ek het Pa sooo gemis!!”

?????????????????????

36

 

 Mika sit die pakkie versigtig in haar handsak, in die ritssakkie. Sluit die winkel goed toe, ruk aan die deur om seker te maak dit is gesluit. -Terug op die twede Januarie,- sê die nuwe teken op die deur.

  Sy gaan by die woonstel verby, waar Cindy se ma en die tieners in die kar wag. Laai al die tasse, swaai gou by die garage verby vir brandstof, en om die bande te pomp. Sy gee vir die joggie drie groot vyfrande, “Geseënde Kersfees, hoor, geniet dit.”

  Die verkeer stroom steeds uit Pretoria. Mika probeer geduldig bly, haar gedagtes is by die ontmoeting in die winkel vroeër, haar hart pyn.

  'Hy lyk so maer, ag en die ekstra silwer in sy hare. Ek wou hom eintlik vashou, met my liggaam genees.'

  Dit is teetyd toe Mika en Cindy en Michael oplaas by Eden aankom.

  Igna is dadelik by die kar, hardloop langs haar terwyl sy oor die bruggie kom, kan nie wag vir Mika om te stop nie. Hy vat sy ma in sy arms, druk haar hard, en hou haar lank daar. Die maande val weg, en hy dra met liefdevolle

gedienstigheid haar bagasie vir haar in.

  “Dankie my groot seun, ons moet praat, later, oukei,” sê Mika, en soen hom op sy neus.

  ñ Reunie vind ook plaas tussen die twee jong pare.

  “Kom kyk waar ons slaap!” “Het jy toe die slaapsak gebring? Cool, hier is myne.” “Oom Niklaas het gesê ons kan in die bos gaan kamp een aand, hoe cool is dit?”

  Igna gee vir Bianca ñ broederlike drukkie. “Jy het groot geword. Baie sexy, moet ek sê.” Kobus sit sy arm besitlik om haar. “Ja, sy is, en sy is myne!”

  Igna geniet die jongklomp om hom. Hy het offisiële grootmens status, maar kan nog goed identifiseer met die jonges en hulle dinge, en hy geniet dit om met jeug van sy eie kultuur tyd te spandeer.

  Hulle lag, en gaan in die kombuis in sodat die nuwelinge Tante Johanna kan ontmoet, wat vir hulle wag met ñ groot glimlag en ñ tafel vol lekkernye.

  Sy knipoog vir Igna. “Die enigste een wat ons mis is jou Jana. Volgende jaar, as die Here wil, nê my seun!”

  Mika is bly om haar Paps en Tante Johanna weer te sien. Sy gee vir Adri ñ lang drukkie, en verbly haar in die feit dat daar ñ gemoedelikheid tussen haar en Frans blyk te wees.

  Dit is vir haar ñ verligting om in haar kamer te gaan afpak. Sy tel ñ pop op, glimlag vir haar. Die blou glas oë klik klik toe sy haar neerlê. Sy los die tasse waar Igna dit neergesit het, kruip in onder die deken, en raak op die plek aan die slaap.

  Daardie aand na ete is almal doenig in die voorhuis en met die krismisboom. Tante Johanna en Igna het dit grootliks al versier, en Bianca het hulle versierings ook saamgebring.

  Daar is bakkies neute en sjokolade orals uitgesit, en glasies word vol gemmerbier gemaak. Die grootmense drink ñ Marula Cream. Tannie Johanna se soetkoekies en tertjies is vryelik beskikbaar, om nie te praat van die krismiskoek wat lekker ryp is nie.

  Frans vang Adri se oog waar sy by Mika sit en gesels.

  “Voel jy lus om ñ bietjie te gaan stap?” Sy lyk huiwerig, maar staan op. “Goed. Laat ek net vir my ñ warm dingetjie kry.”

  Sy is voorlopig in Mika se kamer op ñ spaar bed. Dit is vir haar minder van ñ bedreiging.

  Hulle gaan by die gaasdeur uit. Hy hou dit gallant vir haar oop, en vat haar hand toe hulle buite is. Dit is ñ mooi sterrenag, met net ñ paar wolke wat hier en daar die hemelruim versier. Hulle stap stadig, rustig. Dit voel goed vir Adri om hom langs haar te hê...sy is bewus van sy bekende reuk, die warmte van sy liggaam.

  Hulle sê nie veel nie. Frans lei haar in die bloekombos in, en stap na die gesplete boom waar hy sy ontmoeting met Christus gehad het. Hy draai haar na hom toe, vat haar hande, kyk met deernis en liefde na haar.

  “Adri,” sê hy, en sy stem breek, “ek wil vir jou om vergiffenis vra vir dit wat ek aan jou gedoen het. Jy, my Vrou, wat my so getrou bygestaan het al die jare. Jy wat vir my net liefde gegee het.” Trane loop teen sy wange af. “Ek het myself al ñ duisend keer verwyt. Ek verdien dit nie, ek weet, maar sal jy, kan jy dit in jou hart vind om my te vergewe?”

  Dit is of tyd stil staan. Sy kyk na hom, haar oë is wyd, donkerblou. Sy worstel met die laaste spoke en vrese in haar hart. Vee dan saggies oor sy wange met haar hande, en kyk hom teer aan. “Ja, Frans, my Man, ek vergewe jou.”

  Hulle staan lank in mekaar se omhelsing, stap hand om die lyf terug na die werf toe. Frans het die sleutel van die huisie in sy sak.

  “Wil jy sien waar ek bly?” “Ja,” sê Adri, “graag.”

  Haar hart klop vinnig, haar wange is warm, haar lippe rooi..sy het ñ gloed in haar onderlyf. Frans sluit die deur stadig oop, draai om, tel haar in sy arms op, en dra haar oor die drumpel.

Heelwat later lê die geskenke hoog onder die boom. Die magies is vol, en die ogies wil toe. Bianca en Cindy is in die spaarkamer, en Kobus en Michael in die nuwe karavaan.

  Bianca gee vir haar pa ñ skaam soentjie, ñ skewe drukkie.

  “Nite Pa, Nite Ma,” sê sy, “lekker slaap.....is Ma okei daar waar Ma slaap?”

Adri kyk na Frans met skynende oë soos ñ jong bruid.

  “Ja, ek voel meer as okei, my liefste Lam, baie meer as okei.”

 

 

 


© Copyright 2020 Huldah. All rights reserved.

Chapters

  • Facebook
  • Twitter
  • Reddit
  • Pinterest
  • Invite

Add Your Comments:

More Religion and Spirituality Books