Watched a lovely young girl, just sitting there

Jy sit hier so voor my,

Onskuldigheid speel ‘n toneel op jou gesig.

Dan wonder ek hoekom is jy hier?

Wat het in jou lewe gebeur om jou hierheen te stuur?

 

Is jy so onskuldig soos jou sproet op jou wang?

Jy lyk verward, amper bang.

Wat moes op so jong ouderdom met jou gebeur?

Wat skuil in jou donker oë?

 

Met lang hare oor jou skouers sit jy daar,

is dit hoe jy jouself bewaar?

Deur jou hare oor jou skouer te sit,

Voel jy dan veilig in jou liggaam?

 

Jy het ‘n hele lewenspad voor jou,

Maar jy gaan al soveel deur so jonk,

Ek wonder of jy wel weet hoe om te glimlag?

Want sonder jou glimlag, sal jy niemand kan verraai nie.


Submitted: April 01, 2014

© Copyright 2022 Chandi. All rights reserved.

Add Your Comments:


Facebook Comments

More Mystery and Crime Poems

Boosted Content from Other Authors

Book / Thrillers

Short Story / Historical Fiction

Book / Fantasy

Short Story / Horror

Other Content by Chandi

You

by Chandi

Poem / Romance

Poem / Other

Poem / Mystery and Crime